Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Pieter van Niekerk2012-06-21"'F#* die hond, wat van my!', skreeu-sê die antie, nadat ek oor haar hond kla, wat een meter vasgetou, sonder kos of water, aan ’n paal krom staan. Die fliek Disgrace het my weer aan die insident herinner; dit het die ding oor honde weer by my aangewakker."
Hennie Fritz2012-06-21"Ons elkeen het so ‘n pak vakansiefoto’s êrens. Party se pakke is voller as ander en die albums beter saamgestel, maar op die een of ander manier is dit daar."
Cornelius Henn2012-06-20Jou bydrae oor "Konings, stamhoofde, kapteins", het my wel in 'n mate tot die besef gebring rakende hoe min "Westerlinge" werklik iets van ons Afrikakultuur weet.
Pieter van Niekerk2012-06-19"Die Christendom het nooit ’n territoriale sentrum gehad nie (die kerk wel). Die sentrum is Jesus Christus, waar Hy ook al bekend word is daar ’n potensiële sentrum van geloof en getuienis aanwesig."
Jan Rap2012-06-18"Met ’n bevolking van ordes groter as die Afrikaanssprekende word dieselfde probleem as joune ondervind in Amerika, Europa, Suid-Amerika en heelwaarskynlik Sjina en Japan. Nie dat hierdie feit jou frustrasie gaan verlig nie maar weet darem dat jy nie alleen is nie."
Johannes Comestor2012-06-18Rika Vermeulen (SêNet, 11 deser) het dit tereg teen die gehalte van die meeste Afrikaanse musiek, terwyl dit een van die terreine is wat dikwels uitgesonder word as bewys van hoeveel lewe daar (nog) in Afrikaans is. Ek het nie genoeg deskundige kennis om my oor die komposisies uit te spreek nie, maar die lirieke is meesal pateties-herhalende rymelary. Om die rym te laat "slaag" word Engelse woorde, soos in die res van die liriek, dikwels gewetenloos bygehaal.