Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Reusedwerg2012-07-04Ek hoor oor die draadloos dat daar weer een een van die dae aan die kom is. Is alles gaaf en wel, ek stem heelhartig met so idee saam, maar ek glo nie meer aan Krismisvader of Rooikappietjie nie. En net Smurfies is "nice".
Pieter van Niekerk2012-07-04Mag die Georgiane ook nie blasé raak oor hul kiekie-mooi rustige omgewing nie. Hier is so baie om die oë te verryk met inheemse- en ander fynbos, vleilande, sy dam, meer en see en veral die berg, dat jy nie anders kan as om ’n bietjie te stol of selfs in die "tuin" te hiberneer nie. Hier is in elk geval genoeg om jou asem te roof. Kom nou en raak "roestig"!
Jan Rap2012-07-03Op RSG, veral met Monitor en die nuus, vertel 'n verslaggewer of –geefster dat 'n amptenaar of 'n minister sus of so gesê het en dan volg die relaas, in Engels, van die einste minister of amptenaar waarvan die verslaggewer/-geefster reeds die opsomming gegee het.
Johannes Comestor2012-07-03Die ontwikkeling van riglyne vir Afrikaans, veral as joernalistieke taal, het ’n lang geskiedenis in die groep Media24; veral by Die Burger as die oudste Afrikaanse dagblad.
Naomi Meyer2012-07-03Vertel ons hier by LitNet van jou gunsteling stories, skryfwerk of skrywers. Jou eie skryfwerk kan ook wen. As jy die lekkerste brief skryf en iemand anders sê hulle hou die meeste van jou skrywe, kan jy en jou skrywe hand-aan-hand wegstap met die prys.