SêNet-briewe
Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.
Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za.
Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.
Send letters to webvoet@litnet.co.za.
voorgevoel
2012-07-19 Mens voel altyd, voor Mens uiteind’lik b’swyk,voor Mens Lewe Een met Twee om gat ruil,
Madiba-profeetskap onner loep
2012-07-18 sonner lat Mens gevra’t, daag hierie lang man op,vannie Eiland af, Mens is mos lekker nuuskierig,
persoon nommer een, in stryd teen verkramptes,
sedert sestigs oppie Rots, noord van Moederstad,
lat apartheidsapologete nie an sy woorde wil vat
Die merkteken van die dier – 666
2012-07-17 Ek gaan nie in enige posisie wees om kommentaar te kan lewer nie, weens my ateïstiese oortuigings, maar ek moet bieg ek is nogal nuuskierig oor jou interpretasie van die merkteken van die dier, en sou graag ’n polemiek van ander Christene ook wil aanhoor.Oom Apie
2012-07-17 "God is dood. Mammon regeer. Vir 3000 jaar al en niks of niemand kan dit verander nie. Ek vir een wil nie hê dit moet verander nie."Interessante aspekte van Jaco se draadwerk
2012-07-17 Jou kommentaar op Koos Smit se kommentaar op jou brief Wat was, was het betrekking.laaste sien, van kapitaalmasjien
2012-07-17 Parthenon se fut is uit, in duie, Spanje-bulle vol bloed,Italjaan-sokkerfanatici ly nou skielik honger en dors,
sorg mos vir byna kwart-eeu, vir kwart-plus van Libië,
allie eiland-lande, langsie Mirrelsee, val juistemint eerste
Somerset Maugham se soeke na helderheid
2012-07-17 Die gevierde skrywer, William Somerset Maugham (1874-1965), het erken dat al sy skryfwerk in meerdere of mindere mate outobiografies is.Die handboekfiasko
2012-07-17 Hoekom sou die nie-aflewering van nuwe handboeke in Limpopo dan so 'n groot krisis wees?droomsindroomtaal
2012-07-16 Self-destruktiewe, neo-gebruiker, utiliseerder,navorser, historikus, romanse-wetenskaplike,
by kubergemeenskap infowetenskap t’b’kom,
oor waar Afrikaans na bewering reëls oortree’t,
lat Sy so, illegitiem, “Boer se taal” moet wees
Jacobus Faasen
Theuns se paarrym
2012-07-16 Sy liriekskrywer is seker blyOor die appel en 'n ei
Wat hy moes kry
Vir die lirieke
Sonder brieke.
Loammi Wolf se verhandeling oor Bok se treffer: Enkele opmerkings
2012-07-16 "Hoe kan sy so 'n vergelyking tref as die werklikheid hier net mooi die omgekeerde is? Afrikaners het nie ongekende vryheid nie; hulle kan nie eers meer hulle eie taal praat nie."Oor Jaco se gesanik
2012-07-16 Ek wonder of hy in 1912 hierdie raad aan die stigters van die ANC sou gegee het? "Man, kêrels, Van Riebeeck het nou in 1652 aan wal gestap en die setlaars het in 1820 hier aangekom en daar is nou niks aan te doen nie; hulle is nou in beheer en aanvaar dit maar so."Homoseksualiteit
2012-07-16Ten spyte van wat enige godsdiens oor die saak te sê het, is die menslike realiteite besig om die oorhand te kry, en soos die mag van die kommunikasiewese besig om die wêreld vinnig te laat krimp, so vinnig is die wanpersepsies deur ‘n wye spektrum godsdienste aangeblaas, ewe vinnig besig om te blus, en dit ook vir ‘n beter wêreld in die vooruitsig.
