sonner lat Mens gevra’t, daag hierie lang man op,
vannie Eiland af, Mens is mos lekker nuuskierig,
persoon nommer een, in stryd teen verkramptes,
sedert sestigs oppie Rots, noord van Moederstad,
lat apartheidsapologete nie an sy woorde wil vat
as profeet mos glattie in sy eie Suiderland geëer,
dink meeste vannie meerderheid, die ou’s ma’ so,
net nogge Madiba, nesse Brenda Fassie, straight,
iemand wat jou vertel wat presies waar aangaan,
iemand wat jou mooitjes, polities sal lat verstaan,
spesifiek met betrekking tot herkouing, oordenking,
van idee, lat hy sy als vir ons g’gee’t, opgeoffer’t,
ons t’vertel, t’informeer, wys t’maak, sosio-literêr,
nog soveel meer versoenend, oor grense, skanse,
heen, dié soort vryheid kan niemand nêrens leen
dikwels word profeet mos geminag, dalk afgelag,
verneder, deur kapitaliste, meelopers, gekruisig,
gedehumaniseer, ontmenslikend, sub-humaan,
nie alles gewys, leuens gevoer, glattie verstaan,
al maak struktuurgeweld moeder-, vaderland,
geboort’grond, ‘fracking’-, tjôtjômbie-landskap,
nie meer naelstringlik-vas, soos aan voorouers
val te veel voor VIGS-virus, voor abominasie,
van struktuur, van geweld waarop’t eg berus,
een hulpbron na die anner, myne vol minerale,
banke vol fondse, reserwes, bestem vir armes,
selfsugtiglik uitgebuit, gebruik, geëksploiteer
staan volks- en landsliefhebbers saam, eervol,
nes troue “Duiwelspiek”-slawe, heel patrioties,
ja-’n-amen, aan’t saamsing oppie Madiba-dag,
kanti, ook nessie Volkslied, sy verjaardaglied,
Mandela s’n, sy bydrae, stembandelik verkrag,
Afrikane(rs) rêrig nie meer wil terug, wil buya,
t’onkundig, t’oningelig, re rol van Rohlihlahla,
oor sy nalatenskap, stryd versus kleur-afkeer
Jacobus Faasen


Kommentaar
Dit is VREESLIK moeilik en onplesierig om jou briewe te lees. DIt verkrag die taal waarvoor ek lief is en hoort nie gepubliseer te word nie.