Die aarde is oorbevolk. Dit moet oorweeg word in die lig van sy vermoë om genoeg voedsel te produseer en op talle plekke sterf mense reeds van die honger. Die aarde se kapasiteit vir voedselproduksie word verder belemmer deur droogtes en vloede en besoedeling wat die bruikbare waterbronne en goeie landbougrond wegkalwe.
Die bybel sê die mens moet vermenigvuldig en die aarde vul en op talle plekke word persone "geseën" dat hulle baie nageslagte sal hê. Dit is kortsigtig en onverantwoordelik. Dit hou vandag 'n gevaar vir in vir die mensdom.
Nou wil ek glad nie ligsinnig wees oor so 'n ernstige saak nie ... nee, ek is doodernstig as ek sê dat die oplossing miskien daarin lê dat baie meer mense gay moet word, sodat minder kinders gebore word. Laat regerings en godsdienste hulle streng veroordeling van homoseksualiteit laat vaar in belang van die mensdom.
Maar die kortsigtigheid duur voort, kerke sal dalk nie verander nie, totdat dit te laat is.
Heiden

