Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Gerhard Venter2012-07-10"Moenie vergeet dat die Britse generaals gelieg en die Boere swartgesmeer het nie. Hulle het byvoorbeeld die Engelse publiek laat glo dat die Boere in modderhutte woon en nie aan beter as die kampe gewoond is nie (sien Hansard) terwyl een na die ander soldaat skryf hoe hulle die fyn porselein an klaviere (ja, klaviere) in die mooi huise gebreek het. Natuurlik was daar arm boere ook."
Kobus de Klerk2012-07-06Mens wonder wanneer die publiek vir hulself gaan begin dink. Toe sekulêre wetenskaplikes die natuurlike wetenskappe-podium geskaai, het, is eerlike wetenskap in daardie veld, daarmee by die venster uit. En tog melk hulle die dom publiek om hulle te befonds. A nee, a. Laat hulle vir hul eie geploeter betaal!? Maar, daar is nie genoeg van hulle, nie.
Francois Williams2012-07-05Die totale omvang van die korrupsie in die Westerse samelewing word dag vir dag dramaties blootgelê voor talle verstarde ogies.
Jan Rap2012-07-05Almal is lief vir 'n bewaarder, maak nie saak of hy blou skoenlappertjies, walvisse, haaie, aasvoëls, die reënwoud, jakkalse, fynbos of veteraanmotors is nie maar net nie Afrikaans nie. As jy aandui dat jy vir die bewaar van Afrikaans is word jy aangegluur en, eienaardig genoeg, deur mede-Afrikaners; dit is Nie Die Ding Om Te Doen Nie. Hoekom sou dit wees?
Jan Rap2012-07-05Eendag, lank lank gelede, maar ook nie só lank gelede nie, was daar 'n bus op pad met 'n klomp mense in. 'n Gedeelte van die passasiers murmureer en weeklaag dat die bus na die verkeerde bestemming op pad is en, soos dit duideliker word dat die bus nou naby sy eindbestemming is – kort gras en stywe heiningdrade langs die pad, goedversorgde padoppervlak, die soort van ding – vererger die gekerm van die passasiers wat reken hulle is op die verkeerde pad.