leer Mens so, digitaal, neo-dimensioneel, waarheid,
ontstaansg’skied’nis, infra-, struktuurgeweldsbeleid,
van Paradystyd, Mens Mens Self, Naaste, lat seerkry,
ken nie één Vryheid, maak demokrasie nie altyd vry
val onekonomies, uiters tragies, een ekonomie oppe slag,
sit vryheids-, kampvegters, dromers, vir beter dag ‘n wag,
Millennium Drie Orkestrasie, soort Zabalaza, ook in Afrika,
gat t’veel voorouers, vóór oudwordtyd, te vroeg weg, ja-a
rig Self Self op uitroei, uitwis, elimineer, van ‘Anner’, onvanpas,
soos graffiti, Skrif versus Muur, Besluit-tyd, eish, wa’ lê “Waar”,
s’l meerderheid, offisieel, eie agenda (as) amptelik k’n verklaar?
eie storie herskryf, opg’dateer, g’revisioniseer, g’-Wikipedifiseer,
superdigitale weergawe v’n Oplossing vir deeske Krisis, Mens s’n,
Mens, Doel-gerig, oor Mens Self, oor God, oor Naaste, info inwin
Jacobus

