Datering van die aarde en ander dinge deur ongelowiges

  • 5

Dit is interessant hoe sommige mense sommerso aanvaar dat die aarde, byvoorbeeld, ‘miljarde’ jare oud, is – sommige beweer dis so net meer as 4 miljard jaar. Trouens, die evolusioniste praat sommer van fossiele wat miljoene en biljoene jare oud is, asof dit gister se dieretuin besoek is, waarvan hulle praat – soos die ateïs en paleontoloog, Jurie van den Heever, op RSG se ‘hoe verklaar jy dit’, hoe hy praat van miljoene en biljoen en miljarde jare, asof dit sommer gister se natuur uitstappie is waarvan hy praat, by ál die ander goed wat hy ook daar kwytraak.

So asof hulle werklik weet hoe oud enigiets is. Dit is nie asof die aarde met ’n etiket aankom wat sê ‘ouderdom – 4,5 miljard jaar’, nie. Tewens, niks daarbuite kom só voor, nie. Daarom het die wetenskaplikes metodes probeer ontwikkel om met ’n ompad die ouderdomme te probeer bepaal.

Nou, dit is alles goed en wel, want dit is presies wat mens van wetenskaplikes sal verwag om te doen. Maar wat mens nié van hulle verwag nie, maar tóg deurgaans by die mees uitgesproke van hulle, sien, is dat hulle hul pogings as onfeilbaar, waarheid en feit, voorhou - as ‘onomkeerbare bewys’ – ’n gunsteling uitdrukking van die Jurie van den Heever’s en George Claassen’s, van hierdie ou wêreld. Hulle is ook feitlik sonder uitsondering agnostici.

Maar diegene van ons wat die moeite doen om ons oë oop te hou en uit te vind wat aangaan, vind dat hulle glad nie omgee om wanvoorstellings en onbewese en onbewysbare hipotese, as feite en waarheid en ‘onomstootlike bewyse’, uit te hou, nie. Eerlikheid om te erken dat hulle toetse onbetroubaar en feilbaar, is, sal, só meen hulle seker, hul reputasies en hul ‘eer’ as ‘wetenskaplikes’ of akademici, skaad. Waarom anders sal hulle soiets wou doen en steeds op die integriteit van wetenskaplikheid wou aanspraak maak?

Daar is natuurlik ook nog ’n baie belangrike bykomende rede waarom hulle dié wanvoorstellings as waarheid sal voorhou aan die publiek, die studente, radioluisteraars en wie ookal anders – daardie hipotese wat hulle voorhou en dit wat daarmee saamgaan, is geontwerp om hulle sekulêre religie, wat geontwerp is om God as Skepper te vervang met ’n God-lose ontstaansreligie van alle dinge, te ondersteun en die voertuig wat dít moet bewerkstellig, is die wetenskap – maar nié die bona fide wetenskappe, nie. Let gerus op – die darwinistiese evolusieleer én die kosmiese weergawe daarvan, die oerknal teorie, is spesifiek daarop bereken, via ’n baie komplekse sisteem van onbewysbare hipotese, om die Woord van God omtrent die skepping, te probeer weerlê. Dus, om ’n wanvoorstelling vir die waarheid voor te hou, is skynbaar vir hulle ’n baie geringe prys om te laat betaal – solank hulle religie en reputasies, seëvier.

Vir baie jare het oningeligte en onskuldige mense gemeen dat hulle werk werklik wetenskaplik en feitelik gefundeerd was – na alles, hulle sê dan hulle is wetenskaplikes en dat hulle bevindinge ‘onomstootlik’ bewys is in die wetenskaplike proses! Dáármee het hulle vir bykans ’n eeu mense mislei sodat daardie religieuse filosofieë gemeng met wetenskap, in bykans alle skole en universiteite, geleer word ‘wetenskap’.

Kom ons kyk vinnig na enkele van blykbaar baie sulke bekende voorbeelde – dié wanvoorstellings het eers aan die lig gekom toe ander wetenskaplikes agtergekom het wat die verskuilde sekulêre religieuse doel van dié soort van ‘wetenskapsbeoefening’, is en toe self begin ondersoek instel het.

Daar is metodes wat aangewend word in ’n poging om ouderdomme te bepaal en van die gewilde metodes is juis die verskeie radiometriese metodes. Vir hierdie metodes om te funksioneer, moet daar ten minste drie feite (gegewes) teenwoordig wees en word vir doeleindes van die toetse, daardie aannames gemaak :- a) die aanvanklike radioïsotoop getalle is bekend; b) die aftakelings tempo (decay rate) bly konstant; c) die monster wat ontleed word, was in ’n geslote sisteem (besoedelingsvry) vir duisende of miljoene jare, anders affekteer dit die eerste twee, sodat dit onbetroubaar, is.

Maar ál hierdie metodes is deurspek van anomalieë en teenstrydighede en onbetroubare resultate, omdat dit op onbewese veronderstellings berus – punt nommer c) hierbo vermeld is onmoontlik om aan te neem en báie onwaarskynlik om óóit waar te wees. En, later sal ons sien dat punt nommer b) hierbo, nou in alle opsigte bewys is, as onwaar en nie waar nie. Tog was dit nog die hele tyd verswyg.

Veral fossiele van uitgestorwe diere en plante, sal nooit kan voldoen aan punte b) en verál c), nie en dikwels is die aanvanklike radioïsotoop getal ook blote raaiwerk, bloot omdat uitgestorwe goed slegs in fossiel vorm beskikbaar is en die werklike oorspronklike elemente en hul kernmassa nie meer bekend is nie en bloot veronderstel word in die vorm van oernukleïede (primordial nuclides), by wyse van hipotese. Tog maak die evolusioniste aansprake asof hulle aansprake gospel, is.

Kom ons kyk na sommige resultate.

Hier op die tuisfront is diamante uitgehaal en die gemiddelde ouderdom is bepaal op ongeveer 55,000 jaar, omdat daar nog steeds geringe hoeveelhede koolstof daarin gevind, is, maar die rotslae waarin dit gevind is, word op hulle dateringstabelle ooreenkomstig die geologiese tydskaal aangegee as tussen 1 en 3 biljoen jaar oud te wees! Die onmoontlikheid daarvan, is ooglopend. Diamante kan ’n geslote sisteem wees, want weens die hardheid kan dit nie maklik deur besoedeling binnegedring word, nie. Daardie dateringstabelle ooreenkomstig die geologiese tydskaal ten aansien van die rotslae is dus heeltemal verkeerd.

Dan is daar rotsmonsters van die Mount St Helens vulkaan getoets. Die kalium-argon dateringsmetode gee ouderdomme van 350,000 jaar vir die rotsmonster. Amfiboliese minerale in die rotsmonster is uitgehaal en apart getoets en dié is toe aangegee as bykans 900,000 jaar! In dieselfde rotsmonster is pirokseen minerale gevind en dié toets toe uit na tussen 1,7 en 2,8 miljoen jaar! Die feit is dat alles uit dieselfde rots kom – dié rotse en minerale van die vulkaan kan onmoontlik so oud wees, omdat die vulkaan slegs 22 jaar gelde, in 1980, uitgebars het! Alles wat hulle daar getoets het, is dus in werklikheid in die toestand waarin dit daar voorkom, net tussen 10 en 22 jaar oud! Wat ’n skande.

Daar is die geval van die gefossileerde hout wat uit kalkrots lae uitgegrawe is naby Banbury by die Dorset kuslyn in die suide van Brittanje. Volgens hierdie evolusionistiese wetenskaplikes se ‘sorgvuldig uitgewerkte’ dateringstabelle ooreenkomstig die geologiese tydskaal, dateer dié kalklae uit die vroeë Jurassiese tydperk, ongeveer 132-189 miljoen jaar gelede. Dus, alle fossiele wat daarin gevind word, moet dus ten minste 132-189 miljoen jaar oud, wees, anders sou dit mos nie in daardie rotslae kon beland, nie, want dié is nou weer later geheel en al bedek met nuwer rotslae. Die rede waarom dié betrokke kalklaag as vroeë Jurassiese gedateer is, is omdat daar ’n spesifieke fossiel in gevind is, wat genoem word, ’n indeksfossiel. ’n Indeksfossiel is van ’n soort fossiele wat tevore wetenskaplike ‘bewys’ is, tot ’n sekere klas en tydperk behoort en wanneer só ’n fossiel dan gelewe en uitgesterf het, in ’n rotslaag gevind word, dan word die ouderdom aan dié rotslaag toegeken ooreenkomstig die indeksfossiel se klassifikasie.

Hier is ’n tipiese voorbeeld van só ’n evolusionistiese geologiese indeks of tydskaal:

Dit lyk inderdaad na ’n spelbord vir pre-primêre kindertjies en dit is inderdaad fabelagtig en verbeeldingryk genoeg om sulke kindertjies daarmee besig te hou vir ’n rukkie, maar, tragies genoeg, dít is ook waarmee evolusioniste wat by universiteite doseer, hulle mee besighou…

Dus, in Banbury se kalklaag is daar só ’n indeksfossiel gevind (die hoefvormige ammoniet dactylioceras tenuicostatum – ’n gesketste maatjie van hom is daar op die geologiese indeks hierbo net so regs, langs die woorde “cretaceous” en “jurassic”), maar ook gefossileerde hout. Onafhanklike wetenskaplikes wat na die houtfossiel monsters gekyk het, het bemerk dat dit glad nie soos hout lyk wat 132 - 189 miljoen jaar oud kan wees, nie.

Eksemplare van dié monsters is toe aan twee heeltemal verskillende laboratoriums in twee verskillende lande (Amerika en Australië) gestuur met die versoek om die ouderdom daarvan vas te stel, maar sonder om te sê hoe en waar dit gevind, is. By verstek het beide laboratoriums toe die C-14 metode gebruik deur aanwending van die AMS tegniek, wat toets vir die teenwoordigheid van koolstof in die fossiel. Koolstof, só was gesê, vergaan teen ’n konstante tempo met tyd, ongeveer 55,000 (vyftigduisend) jaar en sit algaande om in stikstof. Dus, afhangende van die hoeveelheid stikstof nog teenwoordig in die fossiel, indien enigsins, sal die ouderdom daarvan bereken kan word, MITS dit jonger as ongeveer 55,000 jaar is (daarna sal geen naspeurbare stikstof mos dan meer teenwoordig wees, nie).

Beide laboratoriums het hul resultate gelewer én ander fossiele is ook daar gevind en getoets, en daarvolgens is die ouderdom van die houtfossiele, saam met ander fossiel monsters wat saamgestuur is, tussen 20,700 en 28,800 jaar, weens die hoeveelheid koolstof teenwoordig in die fossiele.

MAAR, as die kalkrotslaag waarin dit gevind is, werklik 132-189 miljoen jaar oud sou wees, dan moes daar mos geen stikstof teenwoordig wees, nie! Volgens die toetsresultate, kán die kalkrotslaag nie ouer as ongeveer 28,800 jaar wees, nie, weens die duidelike teenwoordigheid van koolstof is die monsters. Meer nog, die sogenaamde indeksfossiel, die ammoniet, kán dus óók nie 132-189 miljoen jaar oud wees, nie, want hoe sou dit in dáárdie rotslaag beland, het?

Evolusioniste is blykbaar bekend daarvoor dat hulle toetsresultate manipuleer deur interpretasies te maak wat die hipotese pas, maar nie die hipotese sal verander of selfs aanpas, om by die feite te pas, nie. Soos in die geval onder bespreking - evolusioniste het dit probeer afmaak deur te beweer dat die koolstof daar is weens kontaminasie, maar sonder om ’n haalbare verduideliking en bewys te lewer van hoe dié kontaminasie in ’n rotslaag van na bewering 132-189 miljoen jaar ouderdom, binne die afgelope 29 duisend jaar, sou kon plaasvind, nie! Daar is redelike tydsverloop (bykans 189 miljoen jaar, volgens hulle) tussen die werklike getoetste ouderdom (28,800 jaar) en hulle indeks (189 miljoen jaar) en opbou van baie sediment en grond en rotslae wat mos intussen sou moes plaasgevind het en sou kompakteer het, wat toegang tog onmoontlik sou maak…

Feit is egter, dié rotse en die fossiele is nie so oud (132-189 miljoen jaar) soos wat beweer word, nie, want die evolusioniste se metodes is uiters verdag en onakkuraat – later meer hieroor.

By Fenton Hill in New Mexico, Amerika, is daar boorwerk gedoen met ’n superboor in ’n stratus wat, volgens die geologies tydskaal, in die pre-Kambriese are hoort, dit wil sê, so ongeveer 545 miljoen jaar oud. Onafhanklike wetenskaplikes het toe van die graniet rotsmonsters geneem en klein sirkonium silikaat kristalle daarin gevind en ontleed. Genoegsaam van die uraan in die sirkonium silikaat kristalle het ontbind en in lood omgeskakel om dit ’n radioïsotoop element van 1,5 biljoen jaar, te gee – dit is nou, volgens die gebruiklike tabelle. MAAR, die wetenskaplike Robert Gentry het toe ook gevind dat soveel as 58% van die helium wat deur die oorskakelingsproses vrygestel word, steeds in die sirkonium silikaat kristalle teenwoordig, was. Dit weerspreek die 1,5 biljoen jaar datering ooreenkomstig die evolusioniste se skale geheel en al, want, volgens die wetenskaplikes, versprei helium vinnig uit kristalle, uit.

Weereens is die kristalle na ’n onafhanklike ontleder toe gestuur deur die bemiddeling van ’n onafhanklike mynhuis en die resultate was verbysterend – die ontleding het getoon dat die monsters nie ouer as ongeveer 5,000 tot 8,000 (agtduisend) jaar oud kan wees, nie!

Daar is blykbaar nog báie sulke voorbeelde wat die onbetroubaarheid van hulle metodes en tegnieke uitwys.

Maar daar is nóg ’n baie belangrike aspek wat die betrokke wetenskaplikes se oneerlike wetenskapsbeoefening uitwys.

Navorsers by Stanford en Purdue universiteite het ’n baie opspraakwekkende ontdekking gedoen. Maar anders as met die vermeende Higgs boson wat na bewering sy verskyning gemaak het en met internasionale gejubel begroet is, is dié ingrypende navorsingsresultate van die wetenskaplikes omtrent onder die lakens gehou… waarom?

Hulle het bevind dat die afbrekingstempo (decay rate) van radioaktiwiteit wat vir radiometriese datering gebruik word, na alles, nié konstant is nie en dus is alle toetse onakkuraat gebruik is, omdat daar aangeneem is deur wetenskaplikes dat die afbrekingstempo ’n konstante, is. Daar word gemeen dat dit die effek is van die neutrinos wat deur die son vrygestel word en dié inderdaad na alles nié so neutraal is as wat gemeen is, nie, óf die son stel ’n ander partikel vry wat nog onbekend is, wat ’n invloed uitoefen –feit is, die uitwerking daarvan is dat die afbrekingstempo selfs met seisoene wissel en ook wanneer die sonkern sy 33 dae siklus voltooi - die wetenskap het dít wat vir wie weet hoe lank as ’n feit uitgegee het, naamlik die konstante afbrekingstempo, verbrou – want die nuwe inligting dui dit aan as verkeerd.

Die wetenskaplikes betrokke maak dit duidelik:

“It may all sound rather circumstantial, but these threads of evidence appear to lead to a common source of the radioactive decay rate variation. But there's a huge problem with speculation that solar neutrinos could impact decay rates on Earth:

neutrinos aren't supposed to work like that.

Neutrinos, born from the nuclear processes in the core of the sun, are ghostly particles. They can literally pass through the Earth unhindered as they so weakly interact. How could such a quantum welterweight have any measurable impact on radioactive samples in the lab?

In short, nobody knows.

If neutrinos are the culprits, it means we are falling terribly short of understanding the true nature of these subatomic particles. But if (and this is a big if) neutrinos aren't to blame, is the sun generating an as-yet-to-be- discovered particle?

If either case is true, we'll have to go back and re-write those textbooks.”

Daar word nou gemeen dat die anomalieë eintlik veel groter is as wat gemeen is, omdat dit nie net die son is wat neutrinos vrystel nie, maar daar ook neutrinos van galaktiese oorsprong is én vanuit die aardkern, genoem geoneutrinos. Daar word dan gemeen dat die kombinasie van al die neutrinos ’n onbekende groot gesamentlike invloed op die ontbindingstempo van radioaktiewe bestanddele het, wat die afgelope halfeeu se datering prosesse heeltemal onbetroubaar maak. En die saak vererger handomkeer as dit nie neutrinos is wat vir die anomalieë verantwoordelik nie, maar ’n tot nou toe nog onbekende partikel wat haas onbekende groot uitwerking het.

Daar is ook op hiérdie stadium geen manier om nou datering wat gedoen is vóór die afgelope 50 jaar, se anomalieë te lokaliseer en te probeer regstel, nie.

Die feit is – dit gebeur én dit beteken dat wetenskaplikes werklik nog só min weet. Tog gaan hulle daagliks in die klaskamers, op radio en elders voort om hulle onakkurate bevindinge as ‘onomstootlike bewyse ’ voor te hou. Soveel vir die evolusioniste se ‘onomstootlike bewys’ – aansprake – dit is wanvoorstelling. Daar is só baie wat die evolusionistiese wetenskaplikes nog nie weet, ken of verstaan, nie. Waarom maak hulle dan asof hulle énigiets waarop hulle vir hul eienaardige aansprake werklik kan bewys? Die rede is soos ek aan die begin van hierdie artikel aangedui het – hulle het nie ’n saak met die wetenskap, nie – hulle is algar agnostici wat ’n teenvoeter sekulêre religie vir die Christelike Godsdiens op die neem bring en promoveer – hulle aansprake in die evolusieleer én die kosmologie met hulle oerknal teorie, weerspreek die Bybel en dáárom sal hulle eenvoudig álles doen om by hulle storie, nié die wetenskap rondom die storie, nie, te hou – verál die belaglike lang tye (miljoene en biljoene jare) wat hulle aan alle prosesse wil toeken. En die enigste manier hoe hulle dit tot dusvêr nog kon regkry, is om dié religie in die vals kleed van ‘wetenskap’ te beklee. Daarmee het hulle toegang gekry tot universiteite se leerstoele waar hulle hul sekulêre anti-Christelike religieuse filosofieë en leerstellings op studente afdwing onder die dekmantel van suiwer wetenskap. Óf die studente val in lyn, óf hulle sal eenvoudig nié graad kry, nie.

Waarom laat gelowiges dit toe?

Kobus de Klerk 

  • 5

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    NOTA:

    Die derde paragraaf na die geologiese tabel, bevat 'n fout waar ek my weerspreek het - het dit betyds probeer regstel, maar was toe na alles te laat.

    Aan die einde van daardie paragraaf, is daar 'n sin wat as volg lees:

    "Dus, afhangende van die hoeveelheid stikstof nog teenwoordig in die fossiel, indien enigsins, sal die ouderdom daarvan bereken kan word, MITS dit jonger as ongeveer 55,000 jaar is (daarna sal geen naspeurbare stikstof mos dan meer teenwoordig wees, nie)." Daardie woord, 'stikstof', moet vervang word met 'koolstof', sodat daardie sin lees "Dus, afhangende van die hoeveelheid koolstof nog teenwoordig in die fossiel, indien enigsins, sal die ouderdom daarvan bereken kan word, MITS dit jonger as ongeveer 55,000 jaar is (daarna sal geen naspeurbare stikstof mos dan meer teenwoordig wees, nie)."

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Siestog, die arme ou grote plagiaris  Kobus de Klerk ... ja, nog 'n vervelige en swak vertaalde "herbesoek" en oorneem sonder erkenning aan http://www.creation.com vir "stukke", "gedagtes", "redenerings", "ensovoorts" - so al asof dit die absolute werklikheid is - en borrelende in vuur en swael uit Kobus se berugte en bodemlose spirituele intelligensie ... ek "adverteer" die bron van Kobus se besetenheid en as goeie voorbeeld daarvan: ... http://creation.com/age-of-the-earth ... en o ja, die "Higgs boson" vermaak onlangs uit Kobus se helse spirituele intelligensie op die werf, kom waarskynlik ewe swak vertaald en vars uit: ... http://creation.com/higgs-boson-god-particle ... lekker lag!

    Dis 'n wonder om ons bestaan te kan ervaar; gelowiges belewe ons Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade in hul HART en kyk na die Skepping - van binne na buite - met ons veronderstelde begrip daarvan en meet nie soos die ou grote en sy huiskerkbende geloof aan hul verstand van "buite na binne" nie ...

    Mag Jesus Christus ons HERE, self geloof en vrede in ons harte bring.

    Cornelius

  • George Bekker

    Kobus jy kan baklei soos jy wil maar jy gaan met die skeppingsverhaal NOOIT naby 6 000 jaar uitkom as jy na die natuur of die wetenskap kyk nie. Daar is talle gelowiges wat vrede gemaak het met die feit dat die skeppingsverhaal nie letterlik opgeneem kan word nie. Só 'n benadering sal jou miskien ook rustiger maak.

    Dit lyk nogtans, met permissie gesê, of jy 'n hopelose geval is. Seker maar omdat jy 'n prokureur was. Dis immers 'n prokureur se taak om eensydig na feite te kyk en net dit wat hom pas onder die hof se aandag te bring, in 'n poging om sy kliënt los te kry. Nou goed, as die aanklaer ook sy werk doen word daar hopelik 'n balans geskep en behoort 'n skerp landdros of regter 'n regverdige uitspraak te lewer (tot ontsteltenis van die prokureur?). Dis jammer (of dalk was dit sekere sondaars se geluk?) dat jy nooit tot by regter gevorder het nie, want dan sou jy mettrertyd in 'n nuwe denkraamwerk gekom het, naamlik om altyd alle feite in ag te neem en selfs na feite te gaan soek waarvan jy nie hou nie. Die jarelange gewoonte om net die feite wat jou pas raak te sien het jou in 'n diep groef laat beland waaruit jy nooit gaan kom nie! Hoop ek ontstel jou nie te veel nie.

    Dis kras van jou om alle wetenskaplikes in sekere vakrigtings as "evoluniste" af te skryf. Ek verbeel my jy het al na Francis Collins en sy boek The language of God verwys. Op bladsy 4 meld hy van opnames wat onder wetenskaplikes gemaak is. In 1916 en weer in 1997 is met dieselfde vraelys bepaal dat ongeveer 40% van Amerikaanse wetenskaplikes gelowiges is. Heroorweeg 'n slag jou 100% verdoeming van "evolusioniste". Afgesien daarvan dat 40% van hulle gelowiges is sluit dit Francis Collins in.

    George

  • Kobus de Klerk

    George,

    Ongelukkig (vir jou, natuurlik) het jou aanval om my persoon absoluut geen effek op, of afbreuk gedoen aan dit wat ek geskrywe het, nie - op watter manier, het jy gedink, sal dit die feite wat ek noem, weerlê? Ek dink jy besef nou jy het geen vordering gemaak met jou tirade teenoor my as persoon, nie, want In jou ganse 313 woorde het jy nie 'n enkele feit genoem wat my weerlê, nie. Het jy dalk gedink jy sou in jóú hof daarmee wegkom? Ek hoop nie jy is só dom, nie en jy moet ook nie dink almal anders is so dom, om nie deur dié eenvoudige aspek te sien, nie. Dalk is dit ’n genade dat jý nie op die regbank sit, nie, of hoe?

    En, op geen plek in my artikel het ek gesê die ganse skeppingsverhaal is 6000 jaar oud, nie. Inteendeel, die Woord vermeld glad nie die ouderdom of tydperk, nie – veral nie voor die skepping van vierde skeppingsdag, nie. As jy werklik sou weet wat ek skrywe, ook elders, sou jy besef ek is nié ’n nuwe-aarde kreasionis, nie. Ek dra geen etiket nie en is bloot ’n gelowige en laat my deur Gods Woord en deur Gods Gees, lei in wat ek hier skrywe.

    As mens die Woord met insig lees (afhanklik van God daarvoor), dan sien mens dat daar heeltemal ander verklarings is vir die fossiele en ander getuienis wat gevind word en dat dit eerder die Woord ondersteun, as wat die darwinistiese evolusieleer daaroor probeer saamflans. God vernuwe die aarde van tyd tot tyd… en ons leef tans in die mees onlangse vernuwing en die proses dáárvan, is in Genesis 1 vanaf vers twee en verder, báie krities beskrywe. Die Woord dui ook daarop dat daar weer 'n vernuwing sal kom. Daar is dus wél dele van die skepping op aarde wat 6000-10,000+ jare oud kan wees, wat die mens, soos die Woord hom in Genesis 1 en 2 beskrywe, sou insluit, hoewel die Woord ook nie uitdruklik dáároor is nie (deur die genealogieë te bestudeer kan mens so ’n afleiding maak – mits dit met sekerheid vasgestel kan word wat die duur van ’n ‘jaar’ in daardie antieke terme, was - hoeveel dae in hoeveel maande in 'n jaar, ens… vergeleke met wat ons vandag as ’n ‘jaar’ sou beskrywe en dit weet ons, nie), maar dit is sovêr dit gaan. Daar is natuurlik ook argeologiese fondse wat sulke aanduidings gee in verhouding tot vandag te tydstandaard, wat duidelik aandui dat evolusioniste se aansprake verregaande, is en die gelowiges se veel korter tydperke en ouderdomme, baie nader aan die kol, is – dit is die feite. Maar dit is nie waaroor geloof gaan - om vaste stel hoe en wanneer die aarde en die lewe daarop, tot stand gekom het, nie. Die kruks van geloof is om te weet God het dit alles gemaak, en om te probeer uitvind hoe en wanneer God dit gedoen het, is ons wetenskaplike voorreg. 

    Maar my artikel het ook nie oor die skeppingsverhaal in die Woord gegaan, nie, maar oor die evolusioniste se wanvoorstellings wat as feite opgedis, word. Om nou die aandag te probeer afwentel van die werklike issues, naamlik die evolusioniste se onhoudbare aansprake as ‘onomstootlike bewyse’, gaan ook nie werk nie, ook nie in jou saamgeflanste hof, nie.

    Om my dus te wys op n boek vol name wat algar mislei word deur die darwinistiese evolusioniste se waninligting, weerspreek ook nie die feite wat weergee word, nie. Hulle word egter al mindere en minder, want hulle maak hul oë oop en begin sien wat aangaan!

    Natuurlik is daar gelowige wetenskaplikes, hoewel die getalle jou nie help, nie. Jou insinuasie dat gelowige wetenskaplikes ondersteuners van die darwinistiese tipe evolusieleer is, is nié waar, nie. Dit is ’n versinsel. Ook nie die Amerikaners, nie. Baie van die gegewens wat ek verskaf, is juis van sulke gelowige wetenskaplikes afkomstig. Geen gelowige sal, soos daar in die darwinistiese tipe evolusieleer op aangedring word, God se Hand in die skepping, op welke wyse ookal, ontken, nie.

    Ek kan my nie herinner dat ek my al ooit op Francis Collins verlaat het, nie, hoewel ek al kommentaar gelewer het op agnostici wat hom graag voorhou. Collins was eers ’n ateïs gewees en gaan nog op sy geloofspad gebuk onder swaar las en bagasie van ateïsme waar hy die darwinistiese evolusieleer met die Christendom probeer versoen – dit is sinneloos, want die darwinistiese evolusieleer is juis vir anti-Goddelike betrokkenheid geontwerp. Wat my aanbetref, het Collins en ander soos hy, nog ’n pad om te stap en is hy waarskynlik op die regte pad, Goddank, maar sal nog bagasie moet afskud voor hy arriveer. Hy het op sy geloofspad al ten minste die klug van ateïsme afgelê – hy is dus op pad, maar as mens werklik ’n gelowige is, sal jy God’s Woord glo en dáár moet hy nog uitkom. Gee maar kans.

    Die manier hoe wetenskap vandag bedrywe word, is die teelaarde vir agnostisisme – enige bekeerde wetenskaplike het dus swaar agnostiese bagasie wat by hom ingedril is, wat hy algaande moet afskud – deel van daardie bagasie is sommige van hulle se evolusionêre kreasionisme siening – daar is die ou gesegde wat lui ‘old habits die hard’. Daar is natuurlik ander soos hy, ook en dan is daar al dié wat reeds gearriveer het deur die bagasie af te skud, soos John Sanford en Robert Carter (van die universiteit van Miami).

    Dan is dit ook so dat die feite vir sigself spreek – selfs mos gelowige wetenskaplikes wat op onbetroubare toetsmetodes staatmaak, sal daardeur mislei, word vir solank hulle daarop staatmaak. Maar hulle sal geredelik erken dat dit onbetroubaar is -  terwyl ek het nog net agnostiese wetenskaplikes publiek hoor aanspraak maak op daardie gewraakte ‘onomstootlike bewyse' wat reeds neergetuimel, het – vir al die redes wat ek in die artikels genoem, het, en nog veel meer.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ek is nie 'n 'nuwe aarde' kreasionis nie (die artikel waarna Cornelius verwys gaan juis daaroor), en ek stem nie saam met die skrywer van die Higgs Boson artikel, oor die aanvaarde bestaan van die partikel, nie, Hy aanvaar die toetse, maar sê dit is van God - my punt is juis dat daar geen bewys is dat daar soiets in die buitenste ruim kan bestaan nie, en dat daar ook geen manier is om dit vas te stel, nie en ook dat, al is daar iets soortgelyk, is daar geen manier om te bewys dat dit vir die TOEVALLIGE (wat God se betrokkenheid uitsluit) ontstaan van alle materie en planete en lewe, ens in al die kompleksiteit daarvan, en wat nog meer als, verantwoordelik kan wees, nie - omdat dit nie bewys of gekontroleer kan word nie, en omdat pogings daartoe op aarde vergeefs is, omdat aardse omstandighede en atmosfeer en alles wat daarmee verband hou en waarop dit inwerk - die presiese omstandighede en atmosfeer waarbinne die eksperiment gedoen is - duidelik verskil van die res van die kosmos, die buitenste ruim, waarvan ons bewus, is.

    Waarmee ek wel saamstem met daardie artikel skrywers, is dat alles van God af kom, wat dit ookal mag wees. Die nuwe aarde kreasioniste se werk is ook nuttig, maar behoort in 'n ander konteks as dit waarin hulle dit wil aanwend. Hulle getuienis weerlê baie dikwels die evolusioniste se aansprake met feite, en dit is baie handig en insiggewend. As hulle interpretasie oor die skepping se tydsverloop reg sou wees, is hulle ook reg in hul aannames.  Maar, ek is van mening dat, aangesien die Woord swyg oor die uitdruklike aanduiding van die tydsverloop en ouderdomme in alle opsigte,  hulle nie met sekerheid aan die hand van genealogieë tydperke akkuraat kan bereken nie, vir verskeie redes wat ek al elders genoem, het.

    My oortuiging is dat, waar die Woord nie duidelikheid gee nie, moet daar na God se natuurlike skepping - God se handewerk sal Hom nie weerspreek nie - gekyk word vir die antwoorde in versoening met en tot byvulling van die Woord SONDER die wilde aannames en hipotese en teorieë wat saamgeflans word en dan sal ons by die korrekte antwoorde uitkom. Kortom - die wetenskap moet dus SONDER BYMOTIEWE werklik objektief en bona fide bestudeer en aangewend word tot eer van God as Sy handewerk en as sulks objektief ondersoek word om te sien wat die natuur alles vir ons vertel - en dit sal noodwendig aansluit by God se Woord. Dit is ware wetenskapsbeoefening. Daarom is daar getuienis van 'jonger' skepping sowel as 'ouer' skepping (baie uitgestorwe dinge en diere, wat hominiede insluit, wat waarskynlik in vorige skeppingseras tuishoort). Juis hierdie aspek verongeluk die evolusieteorie as model om die lewe op aarde, te verklaar. Dit behoort enige wetenskaplike met vooropgestelde idees  en voorkeure (verhinder objektiwiteit uit), hand in eie boesem behoort te laat steek - en dit speek direk die evolusioniste met hulle massas onbewese en onbewysbare hipotese om hul religie te ondersteun, aan.

    Ek het dus glad nie die twee artikels wat Cornelius noem, gebruik nie, of daarop gesteun, nie,  maar wel 'n magdom ander inligting. Maar dit verbaas my nie dat hy dit nie kon agterkom nie want jy beskik nie oor insig nie. Hy kan lees, maar hy kan nie werklik begryp of verstaan wat hy lees, nie, en dit het ons nou al te dikwels by hom gesien. Dus, die enigste nut van sy skakels is dat mense net nog redes kan sien vir die standpunt dat die evolusioniste se aansprake verregaande is, welke standpunte oorwegend bykomend is tot wat ek in my artikel hierbo, behandel. Cornelius se 'opinie' oor die artikels, is waaragtig van geen konsekwensie, nut of waarde hoegenaamd, nie, en dien slegs as verleentheid vir hom. Dit weet ons mos ook teen hierdie tyd, al.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top