Vir die bevrydingsteoloog is politiek van oorheersende belang. Ek gaan hier na drie van hulle verwys. Toe Desmond Tutu die plaaslike Anglikaanse aartsbiskop geword het, het hy dit duidelik gestel "that his primary objective as archbishop, overriding all others, was the fight against apartheid ... he declared that for a long as he was archbishop, liberation would be the major priority on the church's agenda" (John Allen, Rabble-rouser for peace, London: Rider, 2006, p 281).
Russel Botman het in sy intreerede as rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) gesê hy wil hê dat sowel die universiteit as die dorp moet verswart. Ek het onlangs (SêNet, 29 Mei) en by ander geleenthede (bv SêNet, 29.11.2011) gewys op die onakademiese en selfs anti-akademiese aard van die Botman-bewind. Hy is egter sonder (noemenswaardige) teenstand vir 'n tweede termyn van vyf jaar as rektor aangestel. Akademies kan die US sekerlik nie 'n dekade van sodanige leiding bekostig nie.
Vir sowel Tutu as Botman gaan dit primêr om politieke oogmerke te bereik. Albei is bevrydingsteoloë wat die ANC se radikale ras- en geslagsideologie en Afrika-beheptheid onderskryf en hulle ampte gebruik om dit te bevorder. Politiek word verafgood pleks van die funksie van aartsbiskop of rektor te vervul.
Onlangs het Bunmi Makinwa,'n amptenaar van die Verenigde Nasies (VN) by die US besoek afgelê. Hy het die gebruiklike stekie teen apartheid ingekry en Botman se leierskap geloof. 'n Verslag oor die byeenkoms het nie die daaglikse koerante gehaal nie, maar wel die weeklikse Bolander (20 Junie, p 1, 3). Norman McFarlane het die berig geskryf. Die byeenkoms het oor swartes, vigs en Afrika gehandel. Die US het glo "164 formal links with individuals and organisations on the continent." Dit sal interessant wees om te weet hoeveel van hierdie bande met blanke indiwidue en Afrikaner-instansies is.
Botman was in sy element: "This is the university with the strongest engagement arm on the continent. We are happy we can look forward to this relationship. It is a high point for us, a culmination of a long process of development and internal transformation." McFarlane skryf soos volg oor wat Botman te sê gehad het: "Five themes ... inform the university's approach to learning and teaching, research and community interaction ... The themes are: eradicate poverty and related condition; contribute to human dignity and health; consolidate democracy and human rights; promote peace and security; and balance a sustainable environment with a competitive industry." Minstens die eerste vier temas is deurspek met ANC-politiek. Makinwa het die US geloof omdat hy bereid is om hom "into the obscure area of community outreach" te begewe.
Na die byeenkoms het McFarlane 'n onderhoud met Botman gevoer. Hy was toe nog meer uitgesproke: "Our point of departure is that if this country does not succeed in ensuring that the daughter of the farm worker has the same opportunity of the farmer, then we have missed the boat of the liberation. Liberation is based on turning that around. It is a race question - but it is also a gender question, and it is also a class question. And they belong together; if you dislodge anything from that, if any political part of the Alliance Partners dislodge their strategy from what's happening to the woman working on the farm, and her children (her daughter), we have not succeeded in taking the country to where it should be by 2015, which is the heart of the Millennium Development Goals: provide security to women and the future will be better."
Die bostaande aanhaling maak nie Botman se geliefkoosde stelling heeltemal duidelik nie: Die dogter van die plaaswerker moet dieselfde (in die praktyk: beter) kans as die seun van die boer aan die US hê (SêNet, 26.05.2009). Hierdie stelling is deur Botman se kollega en mede-bevrydingsteoloog, Nico Koopman, geloof. Die dogter wat Botman in gedagte het, is bruin (of in elk geval nie-wit). Die boer is sekerlik wit. Daarom bekommer Botman hom oor die plaaswerkers en hulle kinders en noem hy glad nie plaasmoorde nie. Soos tydens die "bevrydingstryd" van die UDF/ANC word vroue en kinders voorgestoot "om 'n verskil te maak". Botman verwys (soos Tutu hierbo) blatant na hierdie "bevryding" en hy sê uitdruklik dat dit vir hom 'n ras-, geslag- en klas/standkwessie is. Nie net dit nie: Hy is eksplisiet daaroor dat dit vir hom gaan om die ANC-alliansie (dus ook Cosatu en die minister van hoër onderwys se Kommunistiese Party) ter wille te wees. Die US word hiervoor as voertuig gebruik.
Koopman het pas geskryf: "Ekonomies nood word op 'n konstruktiewe wyse gepak as bekwame mense in alle poste aangestel word" (Die Burger, 27 Junie, p 13). Die stelling kan verkeerdelik die indruk wek dat Koopman die lig gesien het; dus dat hy akademies tot inkeer gekom het. Let daarop dat hy nie vra dat aanstellings op 'n nie-rassistiese en nie-seksistiese grondslag moet geskied nie. Koopman onderskryf steeds die US-beleid waarvolgens by aanstellings voorkeur aan lede van "die aangewese groepe" gegee word. Die bevoordeling van sommige en die benadeling van ander word geheilig. Dit is 'n voortsetting van werkreservering op 'n etniese grondslag, soortgelyk aan wat tydens apartheid gegeld het. Die verskil is dat onbekwamer mense deesdae aangestel word en dat dit "geregtigheid" genoem word.
In 'n vorige rubriek het Koopman by sy lesers daarop aangedring dat hulle dankbaar moet wees vir al die seeninge wat na hulle kant toe kom. Aan een groep sal Koopman blykbaar nooit openlik sy dank uitspreek nie, naamlik aan die blankes onder wie se leiding die land ontwikkel is en wat onder andere die US tot 'n eens respektabele akademiese inrigting uitgebou het.
Hoeveel keer is daar al deur bevrydingsteoloë verwytend en onversoenend verwys na onregte wat in die verlede deur wittes teen nie-wittes gepleeg is, al kan niks daaraan verander word nie? Hoeveel keer, daarenteen, laat hulle hulle uit oor onregte in die hede waaraan wel iets gedoen kan word, soos die grootskaalse daaglikse diefstal van bv suiker en meel deur huishulpe? Dit is 'n sprekende voorbeeld van selektiewe moraliteit.
As daar 'n begeerte by egte akademici is om die US na (minstens) 'n dekade van verpolitisering en afrikanisering te detransformeer en te herakademiseer, sal daar 'n Simson (verkieslik meer as een) moet opstaan wat voel hoe stewig die politieke pilare van die Botman-kaartehuis staan.
Johannes Comestor


Kommentaar
Dag Johannes,
'Liberation Theology" is so oud soos lieg self. Dit gaan nie ophou nie. Die Koopmans van die nuwe SA het geen keuse, of hulle wil of nie. As hulle nie saam met die swart eienaars sing nie is hulle geskiedenis.
Ek sien dit as deel van die jaagtog terug donker eeue toe en dit pla my geensins. Ek het Afrika verlaat omdat my land en leefwyse vernietig is, ek het 'n nuwe lewe elders aanmekaargesit.
Dit is 'n duidelike vaandel van veral swart Afrika en die Arabiere, alles is altyd iemand anders se skuld. Maak vrede daarmee, doen wat jy kan vir jouself en jou familie en te moer met die ander ou en sy familie.
Die dominee sal reken jy moet jou naaste liefhê soos jouself, jou naaste is die kennis en vreemdeling wat in nood is, nie die uitgevrete bliksem wat jou kom aanval nie.
Cheers
Duitswester