Bietjie inligting vir Williams

  • 1

Jy reken die VSA en Europa is klaar, kapot. 

Mag so wees, maar hulle het nie nodig om toeriste in hulle gebiedswaters te kaap en lospryse te eis om aan die lewe te bly nie.  In Afrika, waar hulle nie genoeg aalmoese van die VSA en Europa kry nie, maak hulle ’n lewe deur lospryse te eis vir mense wat deur hulle gekaap word.

In Europa en die VSA word pos nog afgelewer en dienste werk nog.  In Afrika word pos (wat nie gesteel word nie) skaars afgelewer en dienste werk nie meer nie.  Selfs in SA wat een van die min Afrikastate is wat nog in ’n mate werk maak mense nie meer van die posdiens gebruik nie.  Hier in SA gaan skaars ’n dag verby wat daar nie bande gebrand word en klippe na karre gegooi word nie, sommer enige kar.

In Amerika en Europa sê politieke partye mekaar sleg voor ’n verkiesing.  In Afrika word politieke opponente se arms afgekap of roei hulle hul uit met halssnoermoorde.

In die VSA en Europa, arm soos hulle is, sit immigrasiebeamptes met hulle hande in die hare oor die toestroming van geel en swart drake (om nou jou woorde te gebruik) wat kom deel in die welvaart.  In Afrika sit immigrasiebeamptes NIE met die hande in die hare (by wyse van spreke nou) oor Europese en VSA-drake wat die land instroom nie.

In Europa en die VSA, arm soos hulle is, doen hulle navorsing, maak die strate skoon, vestig parke en rig beelde op.  In Afrika word daar nie navorsing gedoen nie, word strate en geboue beskadig en al hoe vuiler en beelde word afgebreek (die wat daar nog was) en parke se plante vrek.

Jy is bly oor die Sjinese belangstelling in Afrika.  Dink jy dit is uit hoofde van liefde vir die medemens?  As jy lief is vir die SwJ’s moet jy ophou om jou te verlustig in die probleme van Europa en die VSA want die Sjinese duld nie twak nie; hulle soek grondstowwe en voel verder niks.  Praat bietjie met die Tibetane.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • ek is ook bly dat williams se mannetjies hier inkom. hulle bring hul goedkoop nagemaakte gemors en my locals plunder hulle winkeltjies. die spul probeer vir jarre al en steeds sien die locals deur hulle. bring hulle in, en bring die voorraad: die locals het goedkoop mieliemeel en brood en nagemaakte goedkoop skoene nodig. niemand koop nie want almal kry dit verniet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top