Engels! Engels! Orals Engels!

  • 3

Ek en twee goeie vriende was vandag (Sondag) na die Johannesburg se dieretuin. Weer was koel maar ten minste sonnig.

By die bobbejaankompleks, was ons besig om na die bobbejane te kyk toe 'n groep swart tieners ook arriveer het. Onderling het hulle met mekaar in hulle eie taal gepraat, gelag en gegiggel oor die bobbejane se manewales. Toe hulle die se aandag wou trek, roep hulle na die bobbejane in Engels uit. "Hello monkey. Come here, monkey."

Ons drie lag so onderling. Want watse aap of bobbejaan gaan nou Engels verstaan? Hoekom nie in hulle eie taal roep nie, die resultaat sou dieselfde gewees het, nl 'n verveelde blik van die bobbejane ...

Ons besluit ons wag tot hulle weg was en vir 'n ander groep swartes inwag om te sien of hulle ook in Engels na die bobbejane sou roep, en sowaar toe gebeur dit met hulle ook.

Aai! Dis nie net ons Afrikaners wat met Engels opgeskeep moet sit nie, maar die arme bobbejane ook.

Jaco Fourie

  • 3

Kommentaar

  • Jan

    Bo is eintlik met tong in die kies geskryf.  Ek persoonlik het geen 'n pyn met Engels of die Engelse nie.

    Jaco Fourie

     

  • Da new soud africans speak a delaitfool Britiesh, maybe dey just wants to told da baboon a question.

    Viva

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top