Na Jan-Jan Joubert se aanval op Hermann Giliomee (my reaksie Politieke korrektheid en die joernalis, 9 Julie) het prof Anton van Niekerk ook tot die debat toegetree.
Klad van apartheid nie só weggepraat in die jongste Rapport). Van Niekerk het voorheen die koerante gehaal toe hy hom so kras teen sy eie mense uitgespreek het dat ’n man uit die noorde na die suide gery het om die prof se lessenaar op hom om te keer, sy bril te vernietig en sy ego te beskadig. Die aanvaller moes later ’n tweede keer die lang, duur reis na die Kaap aanpak om sy optrede teenoor ’n landdros te verduidelik en ’n boete te betaal.
In teenstelling met Jan-Jan kom Van Niekerk met argumente oor hoekom hy met Giliomee verskil. Hy sluit af met die stelling dat intellektuele nie vir mense moet probeer wysmaak dat apartheid nie so erg was nie. Dis ’n uiters krasse stelling wat ’n mens alleen kan beoordeel nadat jy Giliomee se nuwe boek bestudeer het. Wat ek waargeneem het is dat daar sedert ongeveer 1990 sterk pogings aangewend is om mense wat oor apartheid wil praat stil te hou. Mense wat groot offers gebring het, wil nie gereeld hoor dat die verlede net uit dwaashede bestaan het nie. Die saak het ’n ander kant en hoe moeilik dit ook mag wees, daar moet hard probeer word om objektief na die saak te kyk en moreel verantwoordelike antwoorde te verskaf. Afgesien van sy nuwe boek het Giliomee reeds ’n groot en internasionaal erkende bydrae in hierdie verband gelewer.
Suid-Afrika was en is die land in Afrika met by verre die meeste swart geleerdes. Eintlik moes hy die eerste “bevryde” land in Afrika gewees het. Dit het presies andersom gebeur tot voordeel van almal in die land, want daar is solank as moontlik uitgestel totdat die swart bevolking amper gereed was om die verantwoordelikheid te aanvaar. Dit het gebeur deur beperkings op mense se vryheid te plaas en selfs geweld te gebruik. Bevryding in die 1950’s of 1960’s sou tot absolute chaos gelei het.
As direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch behoort Van Niekerk vrede met sy eie mense te maak. Miskien kan ’n verklaring wat die volgende idees bevat as afspringplek dien: “Sorry boys, ek weet ek het julle ontstel met sterk taalgebruik maar intussen het ek geleer om meer diplomaties te wees en kan ons miskien begin onderhandel oor ’n byeenkoms rondom ’n ligte ronde tafel ... ”
George Bekker


Kommentaar
van niekerk ly aan die klassieke klein mannetjie sindroom. hy sukkel om oor die feit te kom dat hy destyds op die trein op pad stellenbosch toe goed gebliksem is deur 'n klein mannetjie wat hom vir eens en vir altyd goed tereg gewys het wat met afknouers gebeur.
nie almal lei aan kollektiewe geheueverlies nie, "prof" anton.
hy vir een behoort heel voor in die tou te staan en op sy kniee te gaan voor zuma en malema waar dit bevoorregting aan betref. of hoe, "prof" anton?