PH Nortjé se afsterwe

  • 0

Pierre-Henri, by tye soos met die afsterwe van 'n geliefde het ek nie woorde om my meegevoel mee te betuig nie. Ek is bevoorreg om in my lewe sy boeke te kon lees. Dit het half gevoel ek en jou broers was nefies gewees. Hy het baie boeke geskryf, ek ken nie al die titels nie, maar die wat ek gelees het, het by my 'n blywende indruk gemaak. Julle as kinders was bevoorreg om hom as pa te kon hê. Julle was ook bevoorreg dat hy so lank met julle was.

Hy sal gemis word. Mag sy herinneringe nog lank met julle wees. Hy was voorwaar 'n man tussen die manne.

Sterkte.

Chris Erasmus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top