Jaco,
Openbaring 13:18 vermeld die volgende:
“… Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.”
Die Griekse en Hebreeuse tale beskik nie oor ’n aparte numeriese stelsels nie en die letters van die alfabet van daardie tale het ook numeriese waardes daaraan gekoppel. Dus, elke letter van die alfabet stel ’n getal voor. Die Woord doen dan spesifiek ’n beroep op die mens om na aanleiding hiervan, die naam van die ‘dier’ (beast) vaste stel. Maar by die naamvasstelling na aankleding van die getal 666, waarsku die Woord dat daar ook insig nodig, is sodat dit vertolk kan word.
Wanneer mens die numeriese waarde in Grieks (die taal van die Nuwe Testament) bereken, is daar verskeie moontlikhede. Maar, nie sommer enige naam sal werk nie. Die naam moet simbolies wees van, dus vereenselwig kan word met, die optrede/aard van die dier, soos dit in die Woord voorkom.
Irenaeus (130 tot 202 nC) het die getal 666 vereenselwig met die Griekse naam “Lateinos” (“Latinus” of “Lavinius” in Latyn), as synde die beweerde (deur Virgilius in Aeneid) grondlegger van die Latyne, later bekend as die Romeine en die Romeinse ryk, die ryk wat op sewe heuwels gebou is (Openbaring 17:9). Selfs die naam van Caesar Nero se numeriese waarde in Hebreeus is ook 666, ’n Romeinse keiser van wat, ooreenkomstig die geskiedskrywer Tacitus, werklik met die vervolging van Christene begin het en hulle laat doodmaak het, soos die Woord in Openbaring voor die aanvangs daarvan, profeteer, as synde een van die gruwels van die dier (Openbaring 11:7), welke vervolgings van gelowiges vir bykans drie eeue daarna aangehou het.
Dus, hoewel beide Nero en die Romeinse ryk intussen daarmee heen is, was hulle maar net die manifestasies van die bose gees van die dier wat posgevat het, en is die bekendmaking van die 666 naam in Openbaring die aanduiding van die begin van die bose werke van die bose gees wat die HERE teenstaan en dié werke word vandag steeds voortgesit, soos die Woord in Openbaring te kenne gee.
Hoe ken ons dié bose gees, die werke, uit?
Die eerste aanduiding, kom van die HERE Jesus Self af, wanneer HY die volgende waarskuwing rig: Mattheus 6:24 “Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!”
Hier is dus die twee – die Een is die ware God, die HERE en die ander is die god van die karnale wêreld - mammon. Dus, die dier verwys na mammon. Mammon, die dier, is nie ’n mens nie, maar die dier is ’n heersende onreine gees (Openbaring 13:15) en word vereenselwig met die antichris (’n bose gees, wat die Evangelie en ook die Persoon van Jesus Christus die HERE probeer teenwerk met valse leringe en valse voorstellings van Christus die HERE - 1 Johannes 2:18, 22; 4:2 e.v.; 2 Johannes 7), die seun van die verderf (2 Tessalonisense 2:3-12 – hierdie verse sit die missie van die dier uiteen) tesame met ’n bose gees van dwaalleringe – die valse profeet (Openbaring 16:13; 19:20; 20:10) as verteenwoordigers van die satan self (die draak) en wat met die satan ’n onheilige gruwelike drie-skap vorm in nabootsing van die Goddelike Drie-eenheid.
Die Woord leer ons dat ons die aard van die heersende geeste aan hul vrugte sal leer ken – ’n boom word aan sy vrugte geken (Lukas 6:44). Daarom is dit maklik om die dier uit te ken as reeds besig met sy vernietigingswerk. Die dier is mammon. Mammon is die gees van gierigheid, waarby alle ongeregtigheid en sonde en afvalligheid uit voortspruit (1 Timoteus 6:10) en daaruit vloei hebsug, gierigheid vir mag, en selfverheffing van die eie ek.
Wanneer ons kyk na 2 Tessalonisense 2:3-12, sien ons wat die missie van die dier, is, asook die gevolg daarvan vir diegene wat die dier nie weerstaan, nie:
“3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,
4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid”
Verse 3 en 4 verduidelik die bose gees waaruit die agnostisisme en die ateïsme spruit as ergste lastering teenoor God (Openbaring 13:6). Wat dus by Nero begin het, word vandag steeds voortgesit. Die manifestasie daarvan word sorgvuldig in Romeine 1:18-32 bespreek en ons sien dit vandag steeds gebeur.
Dit is die gees van selfverheffing, hebsug, mag en geldgierigheid. Hoeveel keer sien en hoor mens nie ander wat sê, sonder geld kan mens nie lewe, nie. Die waarheid is dat die mens nie sonder God se genade kan lewe nie, want God beskik en voorsien, ook toegang tot geld. Hoeveel keer sien en hoor ons nie van afvallige mense wat hul ongebore kindertjies sal doodmaak, ter wille van geldelike oorwegings, nie. Hoeveel keer sien ons nie dat hulle mammon se instrument - geld - in pantserkarre vervoer om dit te beskerm, terwyl hulle dit vir geen mens sal doen, nie. Hoeveel keer sien ons nie dat mense mekaar se lewens verwoes en vernietig, ook tydens rooftogte, ter wille van geld en ander materiële goed, - mammon se instrumente - omdat die geld en goed vir hulle meer werd is as die medemens se lewe, nie... Maar mammon word die eer gegee om te kan lewe!
Tog sal die afvallige mens God misken en dié Goddelike werke toeëien wat lei tot selfverheffing van die afvallige en misleide mens in ’n poging om dit ten koste van die Goddelike heerlikheid te doen.
Die afvallige mens vergryp hom aan die wonders van God en misbruik dit deur sy sogenaamde agnostiese wetenskapsbeoefening om homself te verhef en maak asof dit sy eie ‘wonderwerke’ is (Openbaring 13:13-14 – wat die vuur wat uit die hemel neerdaal, aanbetref, dink maar aan die gruwelike kernbomme) terwyl hy niks daarvan kon vermag sonder dat God die middele in die eerste plek, geskep het, nie (maar vir ander, lewensonderhoudende doeleindes). Selfs vir die ontstaan van lewe en dinge word dit nie aan God toegegee nie, wat nog te sê, geëer – sien die gruwelike darwinistiese tipe evolusieleer.
Dus, die merk van die dier is ’n spirituele merk, ’n geestelike merk, ’n merk waaraan mense uitgeken word deur die manifestasie daarvan in hul lewens deur hul optrede omdat hulle mammon eer vir die reg om te lewe en deur mammon se vrug na te jaag as die doel van die lewe en deur se getuig dat as hulle klaar gelewe het in najaging van die mammonsvrug, daar niks verder meer oorbly nie …
Sommige dien God met hul lippe, maar dien mammon met hul lewens. Hulle leef ook die leuen van mammon.
Dus, mammon is die dier, die dodelike god van die karnale wêreld en hy het tot sy wasdom gekom by die ontstaan van die ryk van Lateinos - die 666 - en die bose gees van mammon wat sedertdien oor die karnale wêreld heers, maar wat bestem is vir vernietiging tesame met almal wat sy gruwelike merk so graag dra en hom daarmee dien ...
Openbaring 19 & 20: “19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. 21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees ... 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.”
Kobus de Klerk


Kommentaar
Die groot vuur van Rome, wat met voorbedagte rade daartoe aanleiding gegee het dat Nero Caesar die Christene begin vervolg en doodmaak het, het gister (18 Julie 2012), presies 1948 jaar gelede, op 18-19 Julie 64, ontstaan en meeste geskiedskrywers skryf dit aan Nero se eie optrede toe.
Nero was inderdaad ook die Romein wat selfverheffing tot allernuwe hoogtes gevoer het – die colossus neronis en die Domus Aurea is die getuienis daarvan. Hierdie tamaaie standbeeld van homself van meer as 30 meter hoog, getiteld ‘colossus neronis’ en die nuwe luukse paleis, getiteld die Domus Aurea, is deur Nero vir homself opgerig ná die groot vuur van Rome op die gerieflike plek in die bedrywige handelsgebied van Rome, waar die verwoestende brand net lyke, puin, sak en as agtergelaat, het. So het Nero dan die ikoon geword van eiewaan, hebsug, gierigheid, magsug, wreedheid en selfverheerliking en is hy ook die Romeinse keiser wat uitgesonder word weens die homoseksuele konkubinaat ('n seun) wat hy aangehou het (sien weer Romeine 1:18-32) – algar die kenmerke van die gees van die dier - waarin weinig of geen latere heersers van Rome hom kon nadoen, nie.
Die Romeinse geskiedskrywers is dit eens dat Nero die brand gestig het, juis sodat hy nuwe gerieflike plek het vir sy nuwe paleis en ‘colossus neronis’ kon bewerkstellig. Nero was selfbehep en op die Christene se mensliewende gebruike afgunstig weens die aanvaarding wat hul daarmee by die gepeupel van die bevolking verkry het, soveel só dat Nero, soos Tacitus skryf, na die brand persoonlik deur die puin gesoek het vir oorlewendes en selfs spasie in sy ander paleis beskikbaar gestel het om heenkome te bied aan slagoffers en ook op eie koste kos aan hulle voorsien het in ’n poging om eer van die gepeupel op hom te vestig, wat wel geslaag het.
Tacitus (Suetonius and Cassius Dio verwys terloops daarna) berig dat Nero daarna ter wille van magsuitoefening en politieke maneuvrering die onskuldige Christene vir die vernietigende brand blameer het (Tacitus verwys ook so sydelings na die kruisiging van Christus deur Pilatus), sodat hy hulle kon vervolg vanweë hulle sogenaamde ‘abominabele’ gebruike – dit is hulle uitlewing van hul Christelike geloof waarvolgens hulle die keiser gehoorsaam, maar die HERE God aanbid en dien met diensbaarheid en goeie werke - en dit word geskrywe deur Tacitus dat Nero dikwels Christene laat vang het en hulle dan op die perseel van sy nuwe paleis, saans met teer besmeer het en aan die brand gesteek het om te dien as ligfakkels terwyl hy fees gehou het.
Die Christelike Godsdiens was onwettig verklaar van meet af aan in Rome, sedert na die kruisiging (totdat Konstantyn dit eeue later gewettig het) – duidelik te vereenselwig met die werke van die dier, soos in Openbaring geprofeteer. Voor dit, selfs, het die antichris gees van die dier, as vyand van Christus, óók gemanifesteer by die Romeine sodat die HERE Jesus Christus onskuldig deur die Romeine (Pilatus op aandrang van sommige Jode) gekruisig is – ’n eksekusiemetode wat vir die ergste van erge misdadigers uitgesonder was. So iets was in Rome ongehoord, dat iemand wat onskuldig bevind was, wel gedood word vir ’n wandaad wat nie gepleeg is nie. Die Romeinse reg had eenvoudig nie vir so iets voorsiening gemaak nie. Daarna is dit in die verskeie manifestasies daarvan opgemerk by baie ander en selfs die Roomse kerk het gedurende die donker Middeleeue mense gevang en gedood omdat hulle nie aan die Rooms-Katolieke kerk wou behoort, nie, skandelik en valslik in die Naam van Christus, maar lynreg teen SY leer in (Johannes 3:17; 12:47; Lukas 9:56) en só ook talle ander agnostiese heersers daarna.
Latinus, die stigter van die Romeine en Nero, die Romeinse keiser en die ander wreedaardige Romeinse keisers soos Diocletianus, Maximianus, Galerius en Constantius na hom, is/was nie in persoon die dier nie, maar die manifestasie van die bose gees van die dier by hom/hulle is duidelik, soos dit in Openbaring beskrywe word, en ook simbolies na al die vergrype en die identiteite verwys word (Openbaring 17:4-18). In vers 16 profeteer die val van die Romeinse ryk deur die sogenaamde 'barbari', en vers 14 profeteer die oorwinning van die Christendom wat eeue later by Konstantyn begin, het. Sien ook Openbaring 18 en 19 in hierdie verband en vir profesie oor die latere gebeure.
Sedert die Romeinse ryk is daar nog talle ander manifestasies van die werke van die dier oor die eeue heen, want die HERE sal nog kom om die finale oorwinning te bevestig en ons verwag HOM.
Kobus de Klerk
Dankie Kobus.
Nog 'n vertolking van die Merkteken van die Dier wat ek nou oor wyser geword het. Net een vraag. Indien dit net 'n spirituele merk is soos jy sê, hoekom die moeite doen om op die nommer 666 uit te kom?
Soos ek dit wel lees, en wat tog daar staan wat jy self aangehaal het, wil dit tog vir my voorkom dat dit na 'n 'mens verwys wat hom in die hoedaniigheid van God voordoen'. 2 Thes. 2:4. die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is."
Indien daar enige ander leser is wat met Kobus se vertolking verskil, sal dit interessant wees om ook van sodanig vertolking te verneem.
Indien nie. Dankie Kobus dat jy aan my versoek voldoen het.
Jaco Fourie
Die "666 dier"-opskrif langs Kobus de Klerk se naam lyk heel gepas... maar so verbeel ek my ook kort-kort Daisy de Melker se gesig so naby aan die briewe-skakel is dalk Kobus se nuwe profielprentjie... Mammon... Geldgod... Mammon dien, geldgierig wees... ja, wat sou Adele Den Dulk van Kobus de Klerk se relaas in hierdie dink: "Dus, die merk van die dier is ’n spirituele merk, ’n geestelike merk, ’n merk waaraan mense uitgeken word deur die manifestasie daarvan in hul lewens deur hul optrede omdat hulle mammon eer vir die reg om te lewe en deur mammon se vrug na te jaag as die doel van die lewe en deur se getuig dat as hulle klaar gelewe het in najaging van die mammonsvrug, daar niks verder meer oorbly nie… Sommige dien God met hul lippe, maar dien mammon met hul lewens. Hulle leef ook die leuen van mammon. Dus, mammon is die dier, die dodelike god van die karnale wêreld en hy het tot sy wasdom gekom by die ontstaan van die ryk van Lateinos - die 666 - en die bose gees van mammon wat sedertdien oor die karnale wêreld heers, maar wat bestem is vir vernietiging tesame met almal wat sy gruwelike merk so graag dra en hom daarmee dien..." Dis ook net Kobus de Klerk wat in sy waan dink hy kan Mammon in die Geesteswêreld met kleinletters neerhaal ...
Jaco,
God openbaar nie noodwendig al Sy motiewe aan mense, nie, alhoewel God deur noue interaksie met Hom, wél dinge aan die betrokke mense openbaar maak wat andersins nie geweet kon word nie (Jeremia 33:3) – trouens, dit is presies hoe profesie werk, dit is die kernsaak van profesie – om as mense dinge te wete te kom deur Goddelike ingewing wat andersins nie te wete was nie.
Mense leer alles van God ken wat hulle nodig het om te weet van God en welke hulle in hul persoonlike verhouding met God, sal stimuleer en aanhelp, omdat dít die manier is waarop God Homself aan die mensdom openbaar sodat HY nie vir hulle ’n vreemdeling sal wees, nie – verál deur en sedert die HERE Jesus Christus (sien weer Johannes 14:6-7). God is God en dit is derhalwe logies dat die menslike insig en verstand gewoon net nie alles van God sal kán baasraak nie, maar daar sal wél later ’n tyd kom waar dié beperkinge nie meer sal geld nie (1 Korinthiërs 13:9-12 g.m. Openbaring 21:3-8).
Wat jou vraag aanbetref waar jy sê, soos jy dit lees, naamlik, dat daar na ’n mens verwys word wat hom in die hoedanigheid van God voordoen, kan ek vir jou uitwys dat die geeste juis die mense gebruik om deur hulle te manifesteer, want slegs op daardie manier het geeste toegang tot die fisiese menslike realm – sien gerus weer die HERE Jesus se verduideliking hiervan in Lukas 11:23-26 – en derhalwe werk ook die dier deur geselekteerde mense en hul gevolg (juis dáárom dat die HERE die getal van die dier AAN GELOWIGES gegee het sodat die menselyn waardeur die dier werk, geopenbaar kan word en die gelowiges daarop bedag kan wees), beginnende by Latinus en dié wat hom oor die eeue heen in daardie geselekteerde menselyn opvolg, tot vandag toe.
Hierdie manier en tendens van geeste om die fisiese mens te betrek, is wyd in baie religieë opgeteken en het die HERE Jesus juis gedurende Sy aardse bediening baie mense van sulke onreine geeste genees.
Dat dié gebruik ook deur die dier voortgesit word, naamlik om deur opvolgende mense te werk, word verder bevestig en verskans waar daar in 2 Tessalonisense 2:4 juis gewaarsku word dat die dier die tempel van God sal betrek en maak asof hy God, is. Nou weet ons mos uit die HERE Jesus Christus se lering dat dit nie meer, sedert SY (die HERE) koms na die aarde, ’n gebou is wat die tempel van God sal wees nie, maar die liggaam van die mens – sien hieroor gerus weer Johannes 2:19-22; 1 Korinthiërs 3:16–17; 2 Korinthiërs 6:16-19; Efesiërs 2:21–22; Hebreërs 3:6. Dus, dit is dus duidelik dat die Woord in 2 Tessalonisense 2:4 juis waarsku dat die bose gees van die dier mense sal probeer betrek (dit is mos veronderstel om die tempel van God te wees) en vanuit hulle sy vernietigingswerk sal wil doen en dat sommige mense juis daarvoor sal val – kyk om jou heen, en jy sal onder jou eie geledere sien tot watter mate mense vir hierdie dier se misleiding geval, het... hoe tragies.
Só neem die dier sommige mense oor en maak asof hy ’n god is wat hulle lei – kyk gerus na Cornelius se kommentaar hierbo, om ’n resente voorbeeld geval te noem – hy mors met sy lippe God se Naam maar dien met sy hart en met sy liggaam die dier se saak, waaroor só baie gelowiges hom al tereggewys het. Kyk ook na jouself, wat jouself só bo God probeer verhef dat jy selfs die bestaan van die ware God misken, maar jouself as eerder as ’n eie persoonlike godheid van ’n aard, te sien - enige mens wat reken hy kan vermag wat met God vereenselwig word, misken daardeur God en verhef homself in die plek van God! Dit is dan wat baie mense doen wat sê dat mens nie kan lewe of aan die lewe kan bly sonder geld nie. So verhef hulle mammon in die plek van die ware God, terwyl die waarheid is dat die die seën en genade van God is, en God alleen, wie mense aan die lewe kan hou en hulle kan versorg en voorspoedig maak (Genesis 24:35; 26:12; Deuteronomium 8:18; Psalm 37:22; Spreuke 8:21; 10:22 - maar veral Mattheus 6:24-34). En dit doen die liefdevolle God vir almal waaroor Hy die son laat opkom - gelowige sowel as ongelowige - soos jy self ook behoort te kan getuig.
Kobus de Klerk
Jaco?!
Jy weet BAIE meer oor hierdie onderwerp as wat jy voorgee. Jou stelling "dit wil vir my voorkom dat dit na 'n mens verwys" saam met korrekte skrifverwysing, is heel IN DIE KOL.
Maak jou gereed vir baie verskille en sieninge oor onderwerp - elke groep dra sy eie vertolking van hierdie laaste profesie wat nou ontvou. Die bybelboek Openbaring (of Apokalips) se openbaring is "progressief" en verskil my eie siening jaar na jaar. Die bybel praat van die "kennis wat in die laaste dae sal vermeerder"...
Dit wys my dat ek vandag baie meer weet oor eindtydse dinge as my eie pa wat hierdie dinge verkondig het, en vandag in sy graf is. Ek weet julle manne hou van FEITE op die tafel, maar wanneer feit en oortuiging van die hart SAAMKOM, weet jy dat jy weet, dat jy weet...
My grootste vraag is nie: "WAARUIT kom die 666 merk" - nie, maar veel eerder: "LEEF die Antichris, die toekomstige wêreldheerser en valse diktator, wat EKONOMIE, GODSDIENS en MILITÊRE dinge globalies gaan verander, al vandag?"
Wat ek wel weet, is dat sy mense al opgelei en in plek is. Maar so ook die Here se eindtydse werkers. Ons leef in die mees opwindendste tyd van alle eeue!!!
Jaco,
As dit kom by die merk van die dier is Kobus reg en stem ek saam en is dit 'n bose geestelike realm wat op die wêreld inwerk met een uitsluitlike doel: naamlik om beheer oor God se skepping te verkry. "Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk” 2 Thess 2-7. En gaan hierdie bose geestelike realm wie Satan is, homself manifesteer in 'n menslike liggaam wie dan uit Christelike oogpunt bekend staan as die Seun van verderf, asook die Antichris.Hierdie persoon gaan beheer hê oor die hele wêreld naamlik: Ekonomie, politiek , een wêreld-godsdiens ens.en gaan die reeds verblinde mensdom agter die dier aanloop en hom selfs aanbid. Hierdie mens gaan kom as 'n vals vredevors of messias en homself voordoen as die Engel van Lig. In die boek Daniël 9:27 verklaar Daniël: En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. Jesus het ook hierna verwys met Sy Profetiese Rede nl: Mat 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet – Paulus verklaar ook: 2 Th 2:4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Jaco ja, hierdie Dier gaan dan Lewend saam met die Valse Profeet in die vuurpoel gegooi word met die Koms van Jesus Christus die Ware Messias.
Henry
Ag tog ou Kobus (jou woernaal hierbo verwys) ... ek probeer my nie as heilig voorhou nie ... maar jou eentonige en vervelige gedweep hierbo sou wees soos Jaco wat ander homoseksuele hel toe te vervloek jeens hul (rond)stekeligheid ... is jy dan nie juis jeens jou geldgierigheid (versuiping aan Mammon se spene) oneervol van die rol vir eerbare prokureurs geskraap nie? ... ja, hoe kan jy met 'n balk in jou oog die splinter in 'n ander se oog raaksien? ... nee, jy vloek en oordeel blindelings vir jare reeds in jou eiewaan oor ander se sonde op die werf rond ...besin liefs ... jou amigo in Adam ... Ekke
Trienie
Die woorde van Jesus is universieel, maw selfs ateïste kan baat daarby vind. Dit bevat geen dogma nie. Hy skets hoe menslike verhoudinge onderling behoort te geskied, veral empatie en liefde (agape). Onder andere het hy gesê: Indien jy ‘n geskil met jou medemens het, los jou offerande vereers by die altar, gaan maak die saak met hom reg, dan alleenlik sal jou offerande welgevallig wees (my vrye weergawe van Sy woorde).
Jou verskoning aan my in ‘n vorige brief vir onChristelike optrede, is die eerste van sy soort wat ek van enige Christen hier op die Net ervaar het. Beslis vir my verrassend, en ‘n briese vars lug. Ek sê dankie.
Waar Jesus tot die hele mensdom gespreek het, het Paulus, in teenstelling, tot die Kerk alleenlik gespreek. Paulus het Christelike dogma opgestel wat nodig was vir die Kerk om in ‘n vyandig gesinde wêreld te kan oorlewe. Paulus het die Kerk sy wapenrusting voorsien. Was dit nie vir Paulus, is dit onwaarskynlik dat die Christendom so ‘n groot deel van die wêreld beslaan het. Vir die ateïs, het Paulus dus min of geen persoonlike waarde nie.
Met betrekking tot die Merkteken van die Dier, soos reeds gesê, wil ek geen persoonlike mening daaroor uitlig nie. Ek is werklik nuuskierig om enige nuwe of ander weergawes daarvan te wil verneem. Net soos Dan Brown se fiksie rakende ander apokaliptiese documente vir ‘n wye leserskring boeiend is, ongeag godsdienstige oortuiginge, is die boek Openbaring vir my wel baie interessant, selfs boeiend, en dankie ook vir jou interpretasie rakende die Merkteken van die Dier.
Jaco Fourie
Ek dink Trienie se verskoning aan jou is maar op die ingewing van die oomblik, Jaco, so, geniet dit maar solank dit vars is… wat Trienie nog nie van jou weet nie, is dat jy, wat die Woord aanbetref, alles behalwe leergierig is, maar wel twisgierig. Só is dit jou manier om tussen gelowiges en ander wat maak asof hulle gelowiges is, rond te vis om dan hier of elders daarmee te gaan en te probeer om gelowiges met jou eie interpretasie (dié waarvan ek self weet van jou, sonder uitsondering irrelevant en verkeerd en bevooroordeeld) van wat jy by gelowiges of ander verneem het om te kyk of jy nie tweespalt kan saai tussen hulle nie, sodat jy elders kan gaan spog (soos wat jy wel in jou arrogansie doen) hoe jy hulle die loef afsteek.
Trienie moet maar net haar oë oopmaak en kyk hoe jou ware kleure wys wanneer jy elders kommentaar lewer.
Dus, jou kamstige belangstelling in die Woord is soos dié van ’n basilisk in sy prooi…
Kyk, jy is ’n ateïs. Jy het absoluut géén agting of liefde vir die God van die Woord waarmee jy so ploeg, nie. Dit is gewoon logies. As jy God se Woord ag, is dit onmoontlik om die God ván die Woord, nie ook te ag, nie. Maar jy ag nie die Een nie en derhalwe ook nie die ander (SY Woord), nie. Dus, só het jy ook geen agting vir die Woord nie en lieg jy wanneer jy dit sê.
Jy verstaan ook nie wat die Woord beteken nie en heg ’n karnale interpretasie daaraan om jouself te pas. So is nóg ’n voorbeeld daarvan die gedeelte oor die offerande wat jy hierbo aanhaal om Trienie mee te boul – die welgevalligheid van die offerande waarvan in die Woord gepraat word, verwys nie na die welgevalligheid van die tenagekome mens nie, maar dié van God, want, die offerande waarna verwys word, is nie aan die mens nie, maar aan God. Dus, wat dit eintlik beteken, is dat ’n haatdraende mens nie teenoor God offerandes vir sy eie vergifnis moet bring, sodat God hom kan vergewe, terwyl hy self nie bereid is om sy medemens te vergewe, nie – sien ook ’n baie duidelike en onomwonde disposisie hiervan in Mattheus 6:12-15.
Jý veral, sal niks doen met die doel om God te behaag nie en daarom is jou omgang met God se Woord en SY gelowiges verdag, voorbedag en listig om jou eie twisgierigheid mee te voed – ek ken jou lank genoeg om dit van jou ook te weet – want daarin is jy ook nie anders as die ander ateïste waarmee ek al jare lank aankom, nie. So, om te maak asof die Woord gedeelte vir jou enige waarde inhou, is vals en leuenagtig, want jy glo nie eens in die bestaan van God nie, daarom sal niks vir jou waarde hê wat die Woord van God ’n mens aansê om te doen om God daarmee te behaag, nie.
Só mislei julle agnostici maar van tyd tot tyd welmenende en goedgelowige Christene, want julle gebruik die Naam van God kwistig om daardeur maklik toegang tot die gelowige Christene te verkry, maar self minag julle die God van die Christen, asook die Woord van die God van die Christen en uiteraard ook die gelowige Christen self (terwyl jul anders voorgee). Dus, nie te lank nie, en die gelowiges sien deur julle bedrogspul.
Ten spyte van al jou omswerwinge met Christene en ten spyte van jou absurde aansprake op kennis omtrent die Woord en die Christendom, het jy nie eens die basiese insig óf benul van wat ’n gelowige of ’n Christen is, nie. Byvoorbeeld – jy verwys elders na Duitswester as Christen – hy sal die pieperelliekoors daaroor kry, want hy maak dit duidelik dat hy nié ’n Christen is, nie en as jy die dinge wat hy dikwels kwytraak, kon in verband sien, sou jy dit dadelik opmerk dat hy nié ’n Christen is, nie – sommige van die goed wat hy sê, stem soms ooreen, maar daar is báie wat hy hier kwytraak, want hom van die Christendom onderskei - maar jou insig is te beperk om dit in te sien.
En dan Cornelius, wat jy ook ’n gelowige of ’n Christen noem - Jy maak met die Woord net soos Cornelius met enigiets wat waarheid is, maak – ingeslote die Woord van God – hy verdraai dit en is inderdaad geen gelowige, nie. Sy religieuse ikone is bykans algar agnostici en merendeels ateïste en hy maak daar geen geheim van, nie. Hy haat ook ware gelowiges en sal hulle met alles waartoe hy in staat is, probeer diskrediteer met leuens en verdraaiings – soos hy gedurig met my probeer maak.
Cornelius maak net so met die Woord. Só het Henry hom onlangs betrap waar hy sommer die woorde van die Bybel, nie net by wyse van sy eie bevooroordeelde interpretasie verdraai nie, maar sommer boonop ook verander én verdraai en kamstig aanhaal, asof dit daar só staan – hy is gewetenloos leuenagtig. Hy het nie genoeg insig om te besef mens gaan eenvoudig kyk en sien hoe hy lieg, nie.
Só maak jy ook met die Woord, net op ’n ander manier. Jy verdraai die betekenisse om een of ander van jou eie twislopies mee te probeer bolster – soos JvNk vir jou onlangs ook moes uitwys. Dus, julle motiewe in julle omgang met die Woord is vir algar om te sien – vals en listig - omdat julle die Bron van die Woord, die God van die Woord, só ernstig minag dat julle selfs SY bestaan ontken, dít, terwyl HY elke dag in genade na julle omsien en julle bewaar en van geleenthede voorsien.
Ek kry die gelowiges wat deur julle valse vroomheid mislei word, baie jammer, want hulle ontnugtering in julle sál kom en dit is ’n bitter pil om te sluk. Maar as mens jou Spirituele oë oophou, sien mens weldra deur jul valsheid. Julle bedoel dit glad nie goed met God nie, daarom ook nie met Sy Woord en Sy gelowiges, nie.
Intussen dien julle wel 'n doel - julle is daar om as voorbeeld vir ander te dien van wat van mens word wanneer jy van jou God, jou Skepper, afvallig raak. Daarvoor is julle nuttig. En wie weet, dalk, net dalk, sien een of meer van julle mettertyd die Lig uit dit wat die gelowiges meebring in reaksie op julle gruwels - en dit alleen maak dit die moeite werd om te reageer op julle pogings.
Kobus de Klerk
Kobus.
Jy flous net jouself gedurig. Hierbo wil jy voorgee jy weet wat in Trienie se gemoed aangaan! As dit nie beide arrogansie en dom astrantheid van jou kant is nie, dan weet ek nie. Jy wil voorgee jy ken my, allermins, jou veronderstellings oor my is alles behalwe feite of selfs feitlik. Maar ons almal hier op die Net ken jou als sulks. Elke persoon wat van jou verskil, breedweg gese, kan en mag die Bybel nie lees en sy eie interpretasies daarvan maak nie. Jy maak nie eers interpretasies nie.
WANT
Onder die dekmantel van Spirituele Intellegensie is jy gedurig betrap waar jy tussen die Bybelse lyne lees wat werklik nie eers in die Bybel staan nie. 'n Voorbeeld in jou rubriek hierbo waar jy skryf: "die merk van die dier is ’n SPIRITUELE MERK, ’n geestelike merk, ’n merk waaraan mense uitgeken word deur die manifestasie daarvan in hul lewens deur hul optrede omdat hulle mammon eer vir die reg om te lewe en deur mammon se vrug na te jaag as die doel van die lewe en deur se getuig dat as hulle klaar gelewe het in najaging van die mmmonsvrug daar niks verder meer oorbly nie: " Nerens staan hierdie bewering van jou in die Bybel nie. Die Bybel is eksplisiet dat dit 'n PERSOON (enkelvoud) wat in 'n godsdienstige hoedanigheid homselfs 'n voorwerp van aanbidding maak in die Tempel van God. Die volgende staan wel in die Bybel: "die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is." Nou waar kom jy aan jou snert? Weereens jou "Spirituele Intellegensie!!!!) Verder word die dier uitgeken met 'n nommer, nl. 666.
Ek ag waarde aan Jesus DIE MAN se woorde, nie aan die sogenaamde Jesus die God nie. Als ateis is hierdie man se woorde vir my waardevol weens beide sy voorbeeldige lewe asook die wysheid in sy woorde wat universieel logies en sin maak in hoe menslike verhoudinge onderling behoort te wees.
Indien ek 'n gelowige was, sou ek jou eerder as 'n valse profeet uitgeken het.
Jaco Fourie
Wanneer dit by die interpretasie van die werke van ateïste kom, is ongeïnisieerde gelowiges aanvanklik aangenaam verras om te sien dat die ateïs hoegenaamd iets van die Bybel af weet - min wetende dat die ateïste soos jy 'n absolute obsessie met God en Sy opgetekende Woord, soos dit in die Bybel voorkom, het, en met die listigste van bedoelings die Bybel verslind en bestudeer (ek weet van ateïste wat die Bybel in gedeeltes daarvan verbatim kan voordra soos 'n resitasie) - en eers later kom die mense agter die ateïs die woorde ken soos die letters dit vorm, maar het nie die geringste begrip vir die werklike betekenis en inslag en konsekwensie daarvan, in samehang met die sentrale Woord, nie.
Hierbo gee jy nou vir ons 'n perfekte voorbeeld van jou agnostiese insigloosheid en absolute onvermoë om met die Woord om te gaan.
Om mee weg te spring. is dit kwansuis die HERE Jesus as Mens wat jou beïndruk en nie as God, nie. Maar as jy nie gelieg het oor jou siening van Hom nie, sou jy alles aanvaar het wat Hy sê, wat insluit - dat HY die Seun van God is, en dat almal aan God gehoorsaam moet wees en dat alles wat Hy sê en doen, juis komende is van God - Sy Hemelse Vader! En daar is nog baie ander dinge. So, waar kom jy daaraan om kieskeurig te wees omtrent wat jy aanneem en wat jy verwerp? Dit is omdat jy niks van die HERE Jesus Christus aanvaar, nie. Dalk sal jy iemand met jou leuens flous, maar nie vir lank nie en beslis nie vir my, nie.
Jy, weens jou spirituele doodsheid, sal eenvoudig nie kan begryp wat ek oor die Woord sê. nie. Die opgetekende Woord is n geheel en dinamies, lewend, sprekend, verduidelikend en insiggewend - alles vanweë die Gees van God Wie die Woord ondersteun. Daarom sal ware gelowiges geen probleem hê om ten minste te verstaan waarvan ek praat, nie. Hulle is nie Spiritueel dood nie - jy is wel.
Dus, weens jou selfopgelegde onvermoë tot enigiets Spiritueel en sinvol, is die Gees jou vyand en die gelowiges met die Gees, iemand wat jy dink jy kan daaroor slegsê. Hoe onnosel.
Kyk, dit is 'n gegewe dat daar 'n verskil tussen my as gelowige en jou as ongelowige moet wees, wanneer ons beide met die Woord deel - dit kan nie anders, nie, want dit moet ons duidelik onderskei. En jou hantering daarvan is vir ons die absolute toonbeeld daarvan. Ek, as gelowige met die begrip en insig wat die Gees van God daartoe gee, sal vir jou die Woord uitlê op 'n manier wat jou karige begrip keer op keer te bowe gaan, en dit gebeur natuurlik ook so - ons sien dit mos. Jy, daarenteen, hanteer die Woord as dooie beperkte betekenislose letters in die eng sin, daarvan - omdat jy eenvoudig te bot is om die dinamika van Gods Woord enigsins te begryp.
Dus, daar is 'n hemelsbreë, letterlik en figuurlik gesproke, verskil tussen my hantering daarvan as gelowige en joue as bot en insiglose ateïs. Goddank vir daardie verskil!
Daarom is jou, die insiglose, spiritueel bot en dooie ateïs, se valse beskuldiging dat ek 'n sogenaamde 'valse profeet' is, vir my 'n riem onder die hart! Stel jou voor dat ek so spiritueel impotent en bot was soos jy, sodat jy as Goddelose niksbetekenende ateïs met my kon saamstem oor dinge Gods en veral SY Woord! Dit sou vir my 'n geweldige terugslag wees. Maar nou verskil jy met my. hemelsbreed, soos ek sê, en dit is die bemoediging en die aansporing - ons is van twee verskillende wêrelde en die Woord sê ook dat dit so sal wees en is.
Jou listige ateïstiese glibberigheid word aanvanklik deur onbedagte of onoplettende gelowiges verkeerdelik aangesien as iets positiefs, totdat hulle deur jou sien vir waarmee jy werklik besig, is.
Kobus de Klerk
Kobus,
As mede ware gelowige in Christus waardeer ek jou skrywe en kennis (ons weet mos wáár daardie insig en kennis vandaan kom) van, in hierdie geval, die merk van die dier. Dit is ook insiggewend dat jy jou skrywe dan ook kan staaf deur deurentyd na die Woord van God (die Waarheid) te verwys. Jaco het jou spesifiek die vraag gevra en jy het dit dan ook só geantwoord. Verder weet ek ook hoekom jy Jaco – ‘n selferkende ateïs - met jou opvolgende skrywes so belis “in die bek ruk” t.o.v. sy redes hoekom hy so kamstig in die Woord (alhoewel selektief) belangstel.
Jaco weet nie en besef ook nie, in sy geestelike armoede en onkunde, dat alles oor God gaan en ook dat God se Woord in sy geheel die Waarheid is en ook as sulks deur ware gelowige christene aanvaar word. Die Woord van God gaan veel dieper en verder as slegs die woorde wat daar staan. Jaco probeer selektief wees in wat vir hom aanvaarbaar is en wat nie. Hy gebruik dan ook sy ateïstiese dwaasheid om ‘n opinie te vorm oor die Woord (of dan die gedeeltes wat vir hom aanvaarbaar is) en argumenteer dan daaroor op hierdie forum. Hy erken nie Jesus Christus as verlosser en Here nie en dus het Christus se Kruisdood en Opstanding vir hom geen betekenis nie – daarom is dit onverstaanbaar dat hy “waarde” heg aan van Jesus se woorde daarin – hy erken dan nie die Woord van God as die Waarheid nie – hy mis die punt heeltemaal!
Maar, daarinteen, kan dit dalk wees dat hy (Jaco) juis weet dat die Woord van God die Waarheid is, maar dat hy nie van sy wandade wil afsien nie en daarom ‘n ateïs geword het sodat hy God se Woord nie as die Waarheid dan hoef te erken nie en terselfdertyd sy wandade dan só ook kan regverdig?
Dit is ongelukkig so dat sommige christene maklik mislei kan word deur sulke “Jesus praatjies” en dan sulke ateïste in ‘n “beter” lig sien. Maar waar ongelowige mense die fout maak is dat ware gelowige christene aan God behoort en dat hulle ín Christus is – daarom kom hulle (ware christene) vinnig agter wat die ware motief van sulke ateïste is en sien dan ook deur hulle – ons weet die Gees beskerm ons as ware gelowige christene en niks en niemand kan ons uit Sy hand ruk nie! Maar daar is nog steeds ware redding, vrede en vryheid in Christus vir Jaco – hy hoef net te vra – Jesus se verlossings is ook vir hom!
Wat ou Cornelius se onnosele aanmerkings betref, het ek nie veel te sê nie (dit verdien nie eintlik enige kommentaar nie), behalwe dat hy net keer-op-keer duidelik bevestig dat hy ‘n persoonlike vendetta teen jou het (hy kry in elk geval elke keer pak slae – tot sy frustasie só) en dat hy as “Amigo” vergeet van het van vergiffenis. Hy “vergewe” jou skynbaar elke keer, net om dit waaroor hy jou "vergewe" het weer-en-weer (tot vervelens toe) op te bring in sy sinlose skrywes.
Vrede vir jou
Jou broer in Christus
Dolf
Kobus
Na vele woorde het jy eintlik niks gese nie. Nadat ek deur jou lang relaas geploetter het, kom ek agter hoe min Christelikheid in jou wese werklik is, net haat en nydigheid word deur jou uitgespoeg. Die feit dat jy so min Christelike insig in wese en kennis het is vir enige objektiewe Christen ooglopend. Jou deuntjie is tot vervelens dieselfde.
Kobus jy kwyl die volgende: "is dit kwansuis die HERE Jesus as Mens wat jou beïndruk en nie as God, nie. Maar as jy nie gelieg het oor jou siening van Hom nie, sou jy alles aanvaar het wat Hy sê, wat insluit - dat HY die Seun van God is." Werklik! wat 'n kinderagtige redenasie. Volgens jou redenasie indien ek iemand hoog ag, as gevolg oor wat hy se, moet ek ALLES waarvoor hy staan ook aanvaar.
Op die einde van die dag is dit die lesers wat ons twee se briewe lees wat hulle eie gevolgtrekking omtrent die inhoud van elkeen s'n moet maak.
Ek aanvaar dat die meeste, indien nie almal van die Christene gaan nie met my saamstem nie, maar ek weet ook jou benadering tot die onderwerp is vir hulle 'n groot verleentheid, want jy plaas Christelikheid in 'n baie swak lig. Die meeste Christene wat ek ken, is Jesus ge-orienteerde manne en vroue. Jy toon die ene dogmatiese dwepery. In Christelike terme, 'n false profeet.
Jaco Fourie
Baie dankie, Dolf. Weereens kan ek niks byvoeg by wat jy en Henry hierbo geskrywe het nie, en is dit vir my 'n belewenis en seëning om elke keer die onbevange getrouheid aan, en geloof en insig in die Woord vanaf medegelowiges in die HERE Jesus Christus gade te slaan. Daarom weet ek dat die Heilige Gees Sy kinders daarin lei.
Dankie ook dat jy vir jou insig met betrekking tot my hantering van die valsheid van die ateïs so openlik betuig. Trienie wys elders vir Jaco daarop dat ons HERE ook vir hom liefhet, en dit is so waar, nes jy ook uitwys, dat die genade van God die verstand te bowe gaan.
Trienie verstaan egter nie mooi waarmee ek besig is, nie en vergelyk my met Petrus wat die oor wil afkap, terwyl my hantering van die gees van die ateïs die is van 'n vyand (Efesiërs 6:10-17) - want dit is die gees van die antichris wat by Jaco en ander soos hy so manifesteer . Die probleem met sulke ateïstiese mense is dat hulle nie meer kan insien waar hulle verkeerd gaan of dwaal, nie - vir hulle is ons, die gelowiges, die verdwaaldes!
Maar Trienie besef dit nog nie en tref nog nie die onderskeid tussen die mens Jaco, en die gees van die antichris wat hom (Jaco) lei, nie. Die HERE het vir Jaco as mens ongetwyfeld lief, maar nie die werke van Jaco wat Jaco onder leiding van die gees van die dier, van die antichris, doen nie - daardie bose gees het weens bose insigloosheid gemeen hy kon ons HERE Jesus Christus aan die kruis op Golgota doodmaak, maar uiteraard nie geslaag nie en is daardeur het ons HERE hom en sy werke oorwin, maar nou probeer daardie bose gees die skepsels waarvoor ons HERE so lief is, na hul ewige dood te lei. deur hulle te mislei en dan bot en dom te maak vir Goddelike Spiritualiteit en vir God, ons HERE. Die kosbare mens moet dus geskei word van die spiritueel dodelike onreine gees wat hom na sy ewige dood lei.
Daarom, deur deurentyd vir die mens, Jaco, en ander soos hy, te wys op die werke van die onreine gees wat hulle so mislei en die invloed wat dit op hulle as persone het, sal dit mettertyd deurdring - nie as gevolg van my as mens per se nie, maar as gevolg van die werk van die Heilige Gees en Sy Swaard, die Woord (Efesiërs 6:17) soos Trienie en jy tereg, opmerk - want Trienie en jy en Henry en ek en andere soos ons, word juis vir daardie doel as instrumente gebruik (1 Korinthiërs 3:6-8).
Die punt is dat die ateïs eers voor die aard, wese en oorsprong van sy dwaling, sy spieël, staangemaak moet word, in die hoop en gebed dat hy onraad sal merk en dan mettertyd bereid sal wees om iets daaraan te wil doen - en om bloot vir hom te sê die HERE het hom lief, sonder om hom in die besef te bring van juis dit wat hom van die Liefdevolle HERE vervreem, is halwe werk en werk nie - trouens, rou ateïste beskou daardie mededeling van Christene aan hulle as lagwekkend omdat meeste van hulle selfs die bestaan van Jesus misken en almal van hulle, SY Godskap as Woord van God en Verlosser, misken. Maar, as die ateïs mettertyd (selfs deur repetisie sover dit nodig is) begin besef dat hy die kluts kwyt is en mislei is, dan sal dit vir hom eers begin sin, maak. Saad wat geplant word deur bediening, en deur God bewaak word, kan nie deur die satan en sy kohorte, die gees van die dier, ongedaan gemaak word nie, en God sal mettertyd, op die regte tyd, daarmee deel en dit laat groei soos dit moet groei.
Kosbare mense soos Trienie moet daarom ook miskien begryp dat die HERE vir ons algar 'n unieke bediening gee, soms, om die swaard van die Woord in te lê en andersins weer, om te vertroos - maar elk het sy regte tyd en plek, want daar is bepaald 'n tyd en 'n plek vir alles (Prediker 3:1-8). Nou is duidelik primêr die tyd vir Spirituele oorlog en dit is duidelik uit die Woord, beginnende by 2 Tessalonisense 2:3 gelees met 1 Petrus 5:8-9 en Efesiërs 6:10-17 en die tekens van die tyd waarin ons leef - sien Lukas 12:54-57 en die opdrag aan ons in vers 57 dat ons, ons oë moet oopmaak en doen en nie net terugsit in hierdie tye, nie - miskien het hierdie belangrike aspek net vir Trienie tydelik ontglip.
Gelukkig het Trienie op haar manier baie mooi vir Jaco uiteengesit hoe dit met God werk en veral die wonderbaarlike ervaring van mense wie tot bekering kom na ons HERE - mense wat by die plek in hul lewens gekom het na 'n lang pad van dwaling en bearbeiding deur ander onder leiding van God se Gees - werk waarmee ons hier besig is - tot waar hulle waar hulle besef dat hulle die HERE nodig het - daardie dop van weerstand, van anargisme teenoor God , die wanpersepsies oor hulself en oor God, afgebreek tot op die punt waar hulle aanmeld vir redding- werk waarmee Trienie hulle besig is - en ek is dankbaar vir haar en julle kragtige getuienis daarvoor.
Groete, sterkte en Liefde van die HERE vir jul algar
Kobus de Klerk
Alternatiewelik Jaco... tot eer in vrees dien Dolf en Henry hul bose huiskerk sekte hoëpriester - die ou grote Kobus de Klerk - deur sy geskubde spirituele drogma met skaarste verwerking in hul woernale te spoeg en plak en siedaar; die poorte na Kobus se sinistere hol(e) val oop (soos in ware gatkruip)!
Dit wat uit jou beleërde siel uitborrel, Cornelius, is werklik walglik om te aanskou. Maar hoe anders? As mens, soos jy, die Heilige en almagtige Naam van die HERE misbruik vir eie doeleindes, soos jy, dan is dit te wagte dat jy nie daarmee sal wegkom, nie.
Laat jy en dit wat uit jou siel uitpeul, vir ander 'n les, wees.
Kobus de Klerk
Kobus. Ek gaan geen diskussie voer nie. Ek het Bybelstudie gedoen oor 2 Thes 2 en op hierdie diskussie afgekom. Ek gaan ook geen diskussie voer nie, maar wil wel hierdie 2 Bybelverse aanhaal: - I SAMUEL 24:13 (AFR53)
Die Here sal oordeel tussen my en u, en die Here sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.
HEBREËRS 10:30 (AFR53)
Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.