Jy skryf:
“Die heiden sê jy lewe reg”. Jy maak ’n groot fout. Die oorgrote meerderheid heidene, (in jou raamwerk = non Christene, en ander Christene wat nie jou siening huldig nie) keur homoseksualiteit ewe af indien nie meerso als die Christene nie, selfs multi-afgodedienaars soos die Hindu’s. Homoseksualiteit is so onlangs as maar net 5 jr gelede in Indie gedekriminaliseerd. En wees verseker, die Indiërs het sodanige “hoe moraliteit” dat hulle gereeld “honour killings” pleeg, nieteenstaande dekrimalisering, waardeur ’n familielid die betrokke person vermoor wat sou oneer aan die familie gebring het. Die afgelope jaar in Istanbul Turkye, het ’n vader sy seun doodgeskiet (honour killing) omrede die homself as gay verklaar het. Dan het jy ook jou bekende Afrika-voorbeelde, veral met betrekking tot Lesbiërs wat hulle wil reinig deur middel van bende-verkragting, met die daaropvolgende gruwelike vagina-verminking en dood.”
“G_d sê jy lewe verkeerd”. Wie se God? Joune? Die Arabier s’n? Lord Krishna die hoofgod van die Hindu’s s’n? Elkeen mensgemaak met ’n eie gevolg wat reken hy is die enigste god, en dat sy volgelinge die ander moet uitmoor. Jood vs Islam in Palestina; Hindu vs Islam in Pakistan en Indie; tot redelik onlangs, Katoliek vs Protestant in Ierland; ens.
“Jy glo nie aan G_d nie”. Net soos gelowiges van die verskillende godsdienste redes het hoekom hulle in hulle betrokke god glo en nie in ’n ander s’n nie, so ook het ek my redes hoekom ek glad nie in enige god, engele, duiwel/s en geestes glo nie, welke redes ek by herhaling in vorige briewe genoem het, en wat ek hier nie wil herhaal nie. Net soos ek geen lewe gehad het sedert die aanvang van tyd voor ek gebore was nie, so ook sal ek geen bestaan na my dood ervaar tot in die nimmereindigende toekoms nie.
“So wat is jou probleem, maak soos jy lus kry en geniet jouself gate uit” Die probleem is nie myne nie, blykbaar is ek vir jou ’n probleem, en daarop sê ek “tough shit”. En ja, ek geniet my lewe gate uit. Alles wat ek doen vir my eie plesier doen ek wettig in terme van ons konstitusie, ek dwing myself nie op ander af nie. Alles geskied tussen “consenting” volwassenes. En wanneer ons twee eendag oud en afgeleef is, weet ek gaan ek met soete herinneringe aan my sekslewe terugdink met nostalgie. Ek twyfel sterk dat jy dieselfde vir jouself sal kan sê. So baie werklike potente mans is vandag impotent as gevolg van hulle godsdienswroeginge met hulle sekslewe.
“Of is daar iets iewers in jou agterkop wat nie meer so lekker sin maak nie”? Is dit in jou Christelike geaardheid om ongevraagd beledigend te wees? Met betrekking tot hierdie stelling van jou, laat ek dit aan jou eie gevolgtrekking oor, welke gevolgtrekking jou eie kwelling bly.
“Sê my. onder watter omstandighede sou jy aanvaar dat die Bybel die woord van G_d is??????
Die Bybel-se God sê hy is onfeilbaar, hy verander nie. Die realiteit! Hy weerspreek homself gereeld in die Bybel. Voorbeelde: Geen eunuchs in die Tempel nie, later is hulle nou skielik in die Tempel welkom (Jesajah). Kinders moet besny word. ’n “Mind change”, dis nie meer nodig nie. Veelwywery word aanvanklik toelaat. Nee dis ’n fout, een vrou vir een man. Sekere kosse mag nie geëet word nie. O’ nee, dit word herroep, alles mag nou geëet word. In die Ou Testament is hy die ene jaloerse wraaksugtige god; in die Nuwe Testament is hy die ene “liefde” Ens. Ens. Nou vra ek jou. Wie het nou eintlik ’n skroef los? So my ooglopende antwoord op jou vraag is dat onder geen omstandighede sal ek aanvaar dat die Bybel enige god se woord is nie. Dit bly ’n menslike versinsel.
Hoe sou jy wou hê G_d se woord moet die mens bereik? Kan jy aan 'n beter manier as deur Moshe en die profete dink”?
Indien daar ’n god is, die eenvoudigste manier om die mensdom vandag te bereik is om homself vir die hele wêreld ten toon te stel. Hack into the human communications network especially TV, as simple as that. Wanneer Obama of die Koningin praat, sien die hele wêreld hulle op TV. Daar’s geen twyfel wie hulle is nie. Dit sou die eenvoudigste manier wees om die wêreld te oortuig vir watter god hulle moet aanbid. Maar dit lyk vir my hy ken net ou-tydse tegnologie soos toe hy Elia met ’n wa (chariot) hemel toe geneem het! Maar ja. Gerieflikswys gaan gesê word hy gaan homself ten toon stel met die wederkoms, en dan te laat om ongelowiges te oortuig.
Ek is nie eers oortuig dat jy, Kobus, en Cornelius, elkeen dieselfde god dien nie, want julle oortuigings blyk heel verskillend onderling te wees, en dan verwag jy van my ek moet ’n god dien. Ag, nee dankie!
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco, as jy iemand soek wat jou moet oortuig dat jy verkeerd lewe, hou verby, ek gee nie om hoe jy lewe nie. Jy het dieselfde reg as ek om keuses te maak en ons beide het ons keuses gemaak. Ek sien uit daarna om met myne te lewe. As jy 'n "gripe" het oor wie die Bybel geskryf het, hoeveel gode daar is, al daai jazz, wel dis jou probleem daai.
Ek het vrede en soos voorheen, gesprek hieroor tussen my en jou is doelloos.
Duitswester
Duiswester
Ek stem. Jy stel vrae aan my. Ek be-antwoord hulle. Jy hou nie van die antwoorde nie, dan onttrek jy met 'n gevoel van verontwaardigheid, en selfregverdiging.
Sodra jy geleer het om objektief te redeneer, en indien jy belangstel, kan ons weer gesels
Jaco Fourie
Jaco,
jy stel dat die Bybel net 'n bla bla bla is, weersprekings, al daai jazz. Terselfdertyd vertel jy dat jy 'n moerse Bybelkennis het.
Jaco, die dingetjies wat jy voorhou as weersprekings ens is kinderkransvlak. Ek sê aan jou dat jy omtrent niks weet nie, met bitter min moeite kon jy hope debatte en antwoorde op daai paar goedjies gekry het.
Jaco, jy is nie 'n homoseksualis en ateis omdat jy nie die Bybel verstaan nie. Jy is 'n homoseksualis en ateis omdat dit is wat jy wil wees, dit is wat jy gekies het om te wees.
Begryp dit, ek wil nie met jou oor die dinge praat nie. Ons kan skerts en oor ander dinge praat, maar hier het ons niks vir mekaar te sê nie.
Shalom
Duitswester
Jou arrogansie is so ingrypend, dat jy kompleet dom voorkom, Jaco. Die afleidings wat jy maak uit Duitswester se reaksie, is verbasend insigloos en aanmatigend. Jy veronderstel sommer dinge en omdat party mense dit as sinneloos sien om selfs net aan julle te probeer verduidelik waar jy die kluts kwyt is, dan neem jy aan hulle is 'verontwaardig'. Kyk, mense sien seker maar uit jou en ander se reaksies op my skryfwerk en verduidelikings dat dit sinneloos is om te verwag julle moet iets sinvol maak daarvan, en sny dan maar die 'gesprek' sommer net eenvoudig kort.
Ek doen nog die moeite om te verduidelik, want daar is straks iewers iemand wat lees wat wel werklik belangstel en begryp, en daarom is dit bruikbaar, wat my aanbetref, om tog maar op julle snert te reageer - al is dit net om die snert te identifiseer vir wat dit is.
Ek het lankal agtergekom - vir n agnostikus, veral in sy ateïstiese formaat, is dit belangrik om voor te gee dat hulle die Bybel 'goed ken' en hul almal maak daarop aanspraak, al is dit nie so nie en al verstaan hul duidelik niks daarvan nie, want anders sal daar dan mos gesê word dat hulle nie glo nie, omdat hulle nie 'ken', nie. Nou probeer julle daardie knaende probleem oplos deur te lieg ne te sê dat julle die Bybel ken en dit doen julle deur die publiek beskikbare eksemplare van die Bybel te raadpleeg vir verse en dit net so aan te haal en die mees verstommende snert daaraan te koppel en siedaar - die ateïs se Bybelkennis! Sommige gelowiges wat julle glibberigheid met die Bybel nie ken nie, is dan aanvanklik so vir n klein tydjie heel verras oor julle 'kennis' en 'weetgierigheid' en hoe jul 'probeer' - totdat hulle ook agterkom hoe glibberig en insigloos julle werklik omgaan met die Woord en met die gelowige ne veral met die God van die Woord.
Kyk nou net weer hoe jy tewerk gaan met Paulus en Jesus, en hoe jy die God en Sy apostel teen mekaar probeer verdag maak in jou agnostiese onnoselheid. Jy besef nie, omdat jy nie die insig het nie, dat Paulus juis Jesus se boodskap in besonderhede uitdra, nie. Die snert en lastering wat uit jou verdorwe Goddelose binneste uitkom, is elke keer net meer ne meer 'n openbaring aan gelowiges en soekendes om te sien hoe 'n mens verval en verword, wat homself van sy God vervreem, het.
Kobus de Klerk
Jaco, ek kyk so na die matelose inhoudlose en sinnelose snert wat jy hierbo vir Duitswester opdis en dan wonder ek hoe jy ernstig kan wees om te verwag dat iemand werklik met sulke snert sinvol sal wil deel?
Byvoorbeeld, as daar nou more op die TV daar in jou voorkamer 'n gesig verskyn wat sê 'ek is god' - sal jy dit glo?
Jy doen jouself en jou soort geen guns deur hoegenaamd jou verdorwe opinie uit te spreek oor dinge Gods nie. Al wat jy bereik is om vir al wat leef en beef en wat belangstel om te kyk, te wys hoe onnosel en leeg julle van binne is. Maar nou ja, dit is mos jou ateïstiese prerogatief en so dien jy jou doel, ook - as afskrikmiddel.
Goddank, daar is die massa mensdom wat genoeg begrip, insig en persepsie vermoë het om ten minste te weet dat God leef, al is daar talle groepe met miskonsepsies oor presies Wie HY is, en veral, weens hul tradisies, hoe HY gedien moet word en dan ook terselfdertyd te besef dat die TV en die internet die allerlaaste plek is waar God Homself sal kom probeer bekendstel. Feit is, almal, met uitsondering van 'n geringe klompie mense soos jy, weet ten minste God leef en HY moet gedoen, word, al maak hulle soms 'n gemors met laasgenoemde.
Jy het nie eens daardie basiese vernuf om dit te kan agterkom, nie... hoe dom het die ateïsme jou nie gemaak, nie - Is dan ok maar 'n geval van, as jy nie self vir jouself sê hoe 'slim' jy is nie, sal dit nêrens sigbaar wees, nie, of hoe?
Maar soos jy self gelees het, en ook vermeld - jy sal op die ou end voor God kom en dan kan jy maar probeer waarom HY Homself nie aan jou kom 'bewys' het nie, jou arme stommerik. Wie dink jy is jy dan, onnosel soos die ateisme jou maak, 'n nuttelose klein muggie, om te wil dink dat God Homself aan jou sal kom neerbuig sodat jy, nuttelose muggie, Hom as lewend kan verklaar?
Kobus de Klerk
Ag ou Kobus
Jy gee jou redeneerende bankrotskap weg met jou feitlose en onsinnige tirade op my, en gee vir almal te kenne dat jy nie meer weet hoe om jou walglike "brand" van Christelikheid teenoor my te kan verdedig selfs te regverdig nie, veral wanneer jy dieselfde vervelige ou deuntjie oor en oor heul.
Jou god, indien hy ooit sou bestaan, ly aan 'n onvermoe aan kommunikasiekunde, 'n wetenskap wat die mens, en nie 'n god vervolmaak het. Het hy enigiets daarvan geweet, en werklik in die mensdom belangestel het, sou hy 'n by verre beter manier gebruik het om tot die moderne mensdom te kommunikeer as eerder 'n chaotise en weersprekende Bybel, 'n boek waaronder duisende Christelike sektes nie eers onderling eensgesindheid kan bekom nie.
Try something more original man, then you might not come across so foolish.
Jaco Fourie
Duitswester
Op die 21 Jul se jy ons is klaar gepraaat. Die 23 Jul lewer jy nog godsdienstige kommentaar, dus sal jy my nie verkwalik dat ek verdere kommentaar ook lewer nie.
Behalwe vir die ooglopende belaglike weersprekings tussen Ou en Nuwe Testamente reeds genoem, het ons die inlywing van addisionele gode in die Nuwe Testament in teenstelling met die enkele god in die Ou Testament. In die Ou Testament het die gelowiges geen kennis van 'n God die Seun en God die Heilige Gees geken nie. Skielik is daar 'n nuwe goddelike bondgenootskap. Nie eers gelydelik ingelyf nie, is daar nou die misterieuse konsep van drie gode wat eintlike 'n enkele god is wat Christene vandag nog, nie bevredigend kan verduidelik nie. Tog is God die Vader die hoof god gesien (Lord Krishna; Jupiter; Zeus). Waar God die Seun en God die Heilige Gees in rangorde staan is onseker. En jy verwag ek moet is sodanige verwarring glo. Ag nee man! Asseblief nie!
Jaco Fourie
Jy is die feit omtrent jouself, Jaco - jy manifesteer hier op die forum, vir algar om te sien. En ten spyte van jou warboel woorde, het jy steeds niks gesê wat enigiets kan weerlê wat ek jou voorhou, nie. Die dinge wat jy my probeer toedig, is die dinge wat jy die ou voor jou in die spieël behoort toe te snou - hy is die stommerik. Hy is die ou sonder spirituele vermoë en integriteit - hy is die Spirituele analfabeet.
Wat die herhaling aanbetref, is dit omdat julle as agnostici so eentonig dieselfde manifesteer in julle half onmenslike eenvoudigheid en voorspelbare insigloosheid - vandaar die feit dat die probleem by julle gedurig dieselfde is - en derhalwe elke keer uitgelig moet word. Wat dit eintlik uitwys en die klem op laat val, is die feit dat dit telkens nodig is om so te herhaal - weens julle onvermoë om te ontwikkel, om te groei, want julle doodse eenvoudigheid en insigloosheid bly manifesteer.
Maar soos mens met diere, veral ape, soms sukses het - repetisie doen dikwels uiteindelik die ding al verstaan hul steeds nie - insig ontbreek nes by julle - hul doen dan later die regte ding al verstaan hul nie waarom nie. Dus, wees maar geduldig met jouself - ek het.
Straks leer jy iets wanneer dit deurbreek.
Kobus de Klerk
Beste Jaco,
Ek verwys na jou stelling: Die rangorde van God. Die God wat ek ken, bestaan uit 3 Persone wat goddelike Wesens is. En saam is hul MY God. M.a.w. God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. En het elkeen sy eie werk? Verseker. As ek nie saam hul gewerk het nie, ou ek dit nooit kon insien nie.
God die Vader is die Skepper van alle dinge. Hy Skep. Dit is Hy wat jou, Jaco, gevorm het in jou moederskoot, en jou GEKEN het, nog voor Hy jou gemaak het. Dan is daar Jesus, Sy Seun: Jesus sit aan die Regterhand van God en is besig om vir ons hemelse plekke voor te berei sodat wanneer Hy (Jesus, Die Bruidegom) ons (Die Bruid) kom haal, sal ons vir ewig saam Hom wees. Wat 'n vooruitsig!
Dan die Heilige Gees is die Persoon wat SAAM met my hier op aarde werk. My Bystand, my Helper, my Raadgewer. Hierdie 3 Saam word genoem GOD. En dit is my GOD.
Ek erken die Heilige Gees, IN my en OM my - want Hy bewoon my. Was dit nie vir Hom nie, sou ek nooit tydens ons maandelikse Vrouekampe die Openbaringskennis kon ontvang van hulle wat met gebuigde hoofde op 'n Vrydagaand aangestrompel kom na ons nie. Emosioneel verslaan! Sielsiek en in wanhoop. Noem dit op: Verwoeste huwelike, Aborsies, Selfmoordgedagtes, verwerping, depressie, verkeerde liefde ens. ens. Ek is die een wat sien hoe hul uitgehardloop kom vorentoe, hoe hul Jesus aanneem as hul Verlosser en Saligmaker, en hoe hy hul oor 'n naweek genees! Iets wat die kerk nie vandag eens meer regkry nie. En glo my, ek het my kerk. Ek werk hard daar.
Maar dit is wanneer ek sien hoe mense soos jy genesing ontvang, 'n VOLLE VREDE in hul lewe begin uitleef, ontdek dat Jesus hul so onvoorwaardelike LIEFHET, dat ek weet. MY KONING LEEF!! My God, die God wat ek KEN - spesialiseer in WONDERWERKE!!
Jaco, los al die stryery. Kobus ingesluit, Hy is 'n regte PEtrus - die een wat oor wil afkap. Ek admireer dat hy bereid is om vir sy God so te veg! Diesulkes moet ook daar wees. Hy gaan egter NIKS met jou regkry nie. Want sien, hy kan nie jou enigsins oortuig nie. Dit is net God se Gees wat jou kan oortuig.
My voorstel aan Jaco is. Gaan soek die Jesus wat jou so lief het dat Hy bereid was om vir jou, Jaco - aan 'n kruishout te gesterf het. Dan gaan soek jy na die woordjie "Wedergeboorte" in die bybel, sodat God jou sluimerende gees binne in jou, die werklike Jaco kan aanraak, en jy dit uiteindelik kan vind waarna jy werklik opsoek is hier op aarde ...
DIE VOLLE VREDE VAN 'N LEWENDIGE GOD!!
Trienie Mahne