Weer probeer, regstelling

  • 5

Genugtig kêrels, wat wil julle of kan julle nie verstaan nie. Ek is nie 'n dame, of 'n knaap wat nog nie uit die kas geklim of val het nie. Ek is 'n lid van die manlike spesie. Is reeds bykans 27 jaar met dieselfde dolla getroud. Sy slaan my nie, en ek word nie vertrap of misbruik nie. Dieselfde geld vir haar. Sy is in elk  geval so lank al saam met my.

Ek is ook nie 'n onderbedeelde skadu homoseksueel wat wag om ontdek te word nie. Ek is ook nie deur my ma domineer en deur ooms en my ma se vriendinne misbruik nie.

Genugtig, ek seg nou niks meer verder nie.

My flippen hel wat nog.

Moet ek kiekies stuur?

Reusedwerg

  • 5

Kommentaar

  • Genugtig.

     

    Het jy dan nie die indruk geskep jy is lesbiër nie, of ly jy aan 'n gesplete persoonlikheid?

     

    Jaco Fourie

  • Daar is die ou grappie van Vannermerwe wat aanlê by 'n beeldskone dame en die dame sê toe vir hom dat hy sy tyd mors want sy is lesbies.  "Wat is dit?" vra Van.  "Sien jy daardie goedbedeelde meisie wat so pas by die kroeg ingestap het? Die feit dat ek lesbies is maak dat ek haar in die nek wil soen en haar borste streel."  Van kyk oopmond na die betrokke godin en antwoord, "weet jy wat, ek is ook lesbies."

    Dis miskien wat Reusedwerg bedoel het.

    Daar het ook iemand anders hier geskryf en gesê die vrou in hom is 'n lesbiër.  Hy't maar net bedoel hy's dubbelmal oor vrouens.

  • CorneliusHenn

    Hahaha Jan, ... die ding is net dat Reusedwerg nie juis 'n "Vannermerwe" (of te wel - "wean!") mentalitiet hier openbaar nie ...

  • Dwergreus (dit is wat jy is).

     

    Ek eet vanaand snoek wat vanoggend gevang is. Met soetpatat stadig in die oonde gebak. Die kors is hard en die vlesies soet.

     

    Met natuurlik die rooietjie.

     

    Groetnis

     

    Read-na- Gael

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top