Vergun my die geleentheid om net gou 'n regstelling te maak. Ek is al baie goed in my lewe toegesnou maar nog nooit 'n moffie nie. Ek is 'n lesbier uit en uit selfs my vroulike hormone in my is lesbies, overgesied synde, ek is mal oor vroumense. Hulle is die pragtigste skepsels wat onder die son loop. Gelukkig Raed-na-Gael is ek toe nie 'n moffie nie en sal ek my ook nie deur een laat klap nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Beste Reusedwerg
Ek stem. 'n Lesbiër word tradisioneel nie "moffie" genoem nie. Dis ons manlike "gays" se voorreg. Ek persoonlik hou van die woord, want dis snoesig Afrikaans, en al dekades als sulks in gebruik. Ons noem onself onderling "moffies". Ek sien geen belediging daarin vir myself nie al is die motief daaragter deur "straights" as beledigend bedoel. Dis hulle kwelling wat ek nie sal toelaat om dit ook myne te maak nie. Ek weet wat ek is sonder enige spyt. So baie straights wat ek ken sukkel met hulle eie seksuele wroeginge wat hulle lewens en die van hulle maats s'n versuur, en dan wil hulle skeinheilig oor gays se seksualiteit baie te sê hê!
Jaco Fourie
Jaco Fourie
Reusedwerg,
Jy en ek het iets ingemeen. Ek is ook mal oor vroumense, soveel so dat ek dekades lank al met een getroud is en die lewe beleef. Sy is, soos jy sê, die pragtigste skepsel, soveel so dat die son verwelk waar sy is. Viva vroue, die egte (mans georiënteerde) vroue..... viva.
Jy wat 'n vrou is, is mal oor vroue, overgeset synde dus, 'n lesbiër, gay vrou, homo-vrou, moffie-vrou. Wat's die verskil?
Ek laat dit maar daar.
Raed-na-Gael
Hallo Reusedwerg ... ek het al gehoor van mans wat erg onder bedeeld of impotent is en steeds 'n diepe hunkering na vroue koester na hulself as lesbies verwys ... sou sulke mans nie dalk op 'n manier deur iemand soos Jaco as 'n medemoffie verwys kan word nie, of is daar dalk 'n ander eg Afrikaanse woord vir mans wat wil maar nie kan nie? (met alle respek)
Cornelius
Nog nooit van 'n Lesbiese man gehoor nie. Enige man in watter hoedanigheid ookal wat na vrouens hunker kan beslis nie as moffie ge-ettikeer word nie.
Onderbedeeld (micro-penis) en impotensie kry jy onder beide straights en gays. Gelukkig vir sodaniges, met vandag se modern mediese wetenskap tot ons beskikking, is albei gevalle redelik suksesvol herstelbaar.
Jaco Fourie
Dankie Jaco, ek glo Reusedwerg sal bly wees oor hierdie nuus ...