Interessante aspekte van Jaco se draadwerk

  • 0

Dagsê Jaco

Jou kommentaar op Koos Smit se kommentaar op jou brief Wat was, was het betrekking.

'n Baie interessante verskynsel, ek haal 'n vraag aan wat jy aan Koos gestel het:
"Indien jy geweet het hoe om te lees, sou jy lankal agtergekom het my beswaar is nie teen die Afrikaner nie, maar wel met Afrikaners soos jouself wat gedurig sanik oor aspekte wat Afrikaners negatief raak, sonder om enige positiewe voorstelle ter tafel te lê nie."

Het dit jou dalk opgeval dat dit in wese ooreenstem met wat ek jou al gevra het?  Soos ek jou herhaaldelik al vertel het is ek nie beswaard oor alle Afrikaners nie maar slegs die wat gods water oor gods akker laat loop en, erger nog, meedoen aan die afkraak van Afrikaans.  Jy sanik oor Afrikaners wat voel daar is nou genoeg met hulle gemors maar kom met geen positiewe voorstelle vorendag nie.

Hierdie verskynsel manifesteer homself nog verder in hierdie stelling van jou:
"Dieselfde vrae wat ek op my beurt aan jou terugvra, was nog nie  eenkeer deur ander terugbeantwoord nie."

Jy antwoord glad nie my vrae nie, bied 'n absurde verskoning aan soos dat jy "nie met fanatici praat nie."  Dis kop-in-die-sand-druk, 'n cop out sal die Engelse dit noem.

Verder is, in jou geval, laasgenoemde stelling van jou nog 'n leuen ook; ek het elke vraag van jou nog geantwoord.  Indien daar vrae is wat ek misgekyk het sal ek bly wees as jy hulle kan aanstuur sodat ek hulle kan antwoord.  Ek herhaal, stuur jou vrae wat ek nie sou geantwoord het nie aan laat ek die saak regstel.

Jy sê vir Koos dat jy positief is " ... in teenstelling met die voortdurende swartgallige steriele benadering van  die gekkegrens."  Nou wil ek weet, op grond waarvan is, wat jy die gekkegrens noem, se benadering "swartgallig en steriel"?  Dit mag so wees, maar as jy nie redes kan verskaf nie dan lyk dit bloot asof jy wil hê die waarheid moet verdoesel word; mense mag nie aandag op die swak toedrag van sake vestig nie want dan is dit volgens jou swartgallig.  En hoekom "steriel"?  Dit lyk vir my jy het net woorde wat vir jou mooi klink, "knap" klink soos Duitswester jou komplimenteer het, om slaankrag aan 'n blote opinie te gee.

Ek sluit af deur jou slot aan te haal: "Nuuskierig om te sien waar jy staan, of is jy soos gewoonlik maar net 'n windlawaai, en ook of jy my vrae gaan be-antwoord."

Groetnis

Jan Rap

NS Ek het net 'Dan Roodt' in jou slot met 'gewoonlik' vervang.  Dan Roodt is alles behalwe 'n windlawaai; dink jy Leopold-hulle gaan hulle steur aan 'n windlawaai?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top