Kobus.
Hierdie brief is spesifiek aan jou gerig, en ek hoop jy sal my beantwoord, maar ander wat lus het, kan ook hulle menings lug.
Die verskeie sendbriewe van die Nuwe Testament noem ’n anti-Chris, maar dit is die apokaliptiese boek Openbaring van die Nuwe Testament wat daaraan gestalte gee. Daarin word beskrywe dat in die eindtyd sal ’n mens of organisasie die gestalte van ’n God wil aanneem en soos God wil praat, en die sal uitgeken word weens sy nommer 666, die merkteken van die dier van Openbaring. Hierdie dier sal ook in die eindtyd wêreldheerskappy voer en die Christene onderdruk en vervolg.
Weens die vaagheid van hierdie profesie, bestaan daar verskeie interpretasies.
Een van die oudste interpretasie is dat die skrywers van die Nuwe Testament geglo het dat die eindtyd nog gedurende hulle lewens sou plaasvind, en dat dit Rome gesimboliseer het, beskrywend as die skarlaken hoer wat op sewe heuwels sit waaroor Openbaring van praat. Op een of ander wyse (kan nie meer onthou hoe nie) het die syfer 666 op keiser Nero uitgewerk. Rome was destyds as die stad van sewe heuwels bekend en ook in die vroulike vorm aangespreek, en skarlaken was die keiserlike kleure. Rome wat destyds ’n wêreld ryk was, was ook die werklike onderdrukkers van die Christene.
’n Ander interpretasie, wat gedurende die hervorming posgevat het was dat die Roomse Pous deur die dier gesimboliseer word. Skarlaken is die kardinale kleur van die Roomse Kerk. In verskeie plekke in die Bybel word die rein vrou as God se kerk gesimboliseer, en die onrein vrou as ’n hoer. Die hervormers wat hierdie interpretasie gehuldig het, het tot die slotsom gekom dat die hoer wat op sewe heuwels sit, die Roomse Kerk met sy afvallige leerstellings simboliseer, en dat die Pous soos God praat en maak of hy God is deur middle van sy titel “Vicarius Fillii Dei” (God se verteenwoordiger op aarde = “Vicar of Christ”), en wanneer hy “Ex Cathedra” uitspreek, hy met God se onfeilbare gesag praat (doctrine of Papal Infallibility). Die Roomse syfers is in alfabetiese formaat. Bv. V = 5; X = 10; C = 100; ens. Blykbaar wanneer die woorde “Vicarius Filli Dei” se alphabet wat betekenisvolle syfers het en opgetel word, kom daar op 666 uit. Vandag is daar steeds ’n groot aanhang onder sekere kerklike genootskappe vir hierdie interpretasie.
In die laaste eeu was daar ander vertolkings soos bv. dat die dier Hitler verteenwoordig het; kommunisme, ens. Sedert elkeen se ondergaan is hierdie interpretasies gestaak. Vandag is daar diegene wat Islam as die dier uitbeeld; die New Age Movement; ens. Die hoofstroom Christelike Kerke is geneig om dit “low key” te speel, met amper geen melding daarvan nie, en hulle lidmate word in die duister oor enige interpretasie daaroor gehou.
Kobus. Daar het jy nou my karige kennis daaromtrent. Ek gaan nie in enige posisie wees om kommentaar te kan lewer nie, weens my ateïstiese oortuigings, maar ek moet bieg ek is nogal nuuskierig oor jou interpretasie van die merkteken van die dier, en sou graag ’n polemiek van ander Christene ook wil aanhoor. Ek belowe om nie enigsins negatief op te tree nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Jy verklaar jy is ateis? Lees ek jou brief toon dit dat jy feite oor onderwerp kan weergee. Dit beteken dus:
1. Of jy het jou feite vanaf iemand anders "oorgekryf", of
2. Jy wil Kobus weer opwerk, wat net weer sy perels vir die varke gaan gooi, deur jou te probeer antwoord.
3. Of jy het die e-mail gelees van Obama wat vandag rondgaan:
Subject: THE PROPHESY HAS COME TO PASS
US Senate has passed the 'Obama Health Care' bill into law & the implementation would commence on 23/03/2013.
This bill would require all Americans to be implanted with a Radio Frequency Identification (RFID) chip in order to access medical care.
The device will be implanted on the forehead or on the arm.
This is to fulfill the prophesy in the Book of Revelation 13:15-18 concerning the MARK OF THE BEAST!
OF
4. Jy wil met ons feite ploeg en 'n "eindtydse spotter" raak, wat in die laaste profesie ook as 'n "TEKEN" sal
staan.
5. As ateis stel jy regtig belang? Maar waarom sal jy dan in die Wederkoms van Jesus werklik belangstel?
Want die 666 merk is die voorloper van Sy wederkoms na die aarde.
Teen die tyd skryf Kobus seker aan jou terug dat die rook so trek, en wag ek eers vir sy kommentaar. Indien hy reageer - want hy ken jou (truuks) langer as ek - sal ek myself loslaat oor hierdie indiepte onderwerp ...
Trienie
Trienie
Jy is geregtig op jou menings, feite is hulle beslis nie. Maar 'n paar antwoorde. Ek weet nie hoelank jy my briewe lees nie, maar ek verseker jou dat my Bybel-kennis redelik op par indien nie beter als die van die gemiddelde gelowige is nie. Ek het beslis nie my inligting tweedehands bekom nie. Tweedens - Ja. Kobus ken my seker teen die tyd, en ek glo hy is mans genoeg om vir homself te praat sonder jou toedoen. Derdens. Ek het uitdruklik gesê ek gaan geen persoonlike menings uiter of negatief optree nie. Weet jy nie hoe om te lees nie? Jy haal verniet die bobbejaan agter die berg uit in vrees ek gaan Kobus in 'n strik lei. En laastens ek weet nie waar jou Obama-storie uit die bus val nie.
Jy hoef nie 'n gelowige te wees om die onderwerp interessant te vind nie, en ek vind dit wel interessant. Kobus staan onder geen verpliging om my te antwoord nie. Ek dink ek het sekere tradisionele vertolkings objektief weergee sonder persoonlike menings daaroor te lug. Ek sou graag wil weet of daar wel ander interpretasies is. Het jy enige aan te bied? Indien wel laat hoor, en hoe jy by 666 uitkom om die dier te identifiseer.
Jaco Fouirie
Beste Trienie ... wat 'n lieflike vooruitsig ... ek sien saam met jou uit na die Wederkoms van onse Koning en Heer, Jesus Christus onse Almagtige Lewende God ... mag Hy ons almal vergewe en die hele wêreld in Sy liefde en genade seën ...
Jaco,
Dis interresant dat jy n' onderwerp hier aanroer waarin jy glad nie glo nie, en dit net om gelowiges se opinie daaroor te toets. Wat sou dit dan enigsins vir jou saakmaak? Miskien glo jy tog en sien jy die tekens van die tye raak ten opsige van die eindtyd. Wel jy weet al klaar dat die Nuwe Wêreld Orde gereed staan om geopenbaar te word!! Iewers begin daar vir jou 'n klokkie lei. Miskien sal dit goed wees as jy 'n studie maak oor Bybelse Eindtyd profesieë, want dit is van uiterste belang vir die mensdom en staan ons gereed om jou meer daaroor in te lig.
Groete
Henry
Henry.
Jy skryf: "Miskien sal dit goed wees as jy 'n studie maak oor Bybelse Eindtyd profesieë, want dit is van uiterste belang vir die mensdom, EN STAAN ONS GEREED OM JOU MEER DAAROOR IN TE LIG. "
Ek wag in spanning
Jaco Fourie
Dit is nie ’n probleem vir my om Jaco te antwoord nie, Trienie, ongeag sy verskuilde motiewe. Die Woord wat ek bring, oorheers enige pogings van hom af. Ten minste kan hy, wanneer hy op die Dag van die HERE tot verantwoording geroep word, darem dan nie sê dat hy nie geweet het, nie.
Jy hoef jouself ook nie te muilband nie, Jaco. Jy maak jou kommentaar en jy maak dit mos op eie risiko dat jy jouself blootstel daardeur as jy net twisgierig is. Soos jy self sê, wat weet jy nou eintlik van die Woord en dinge Gods? Jy is dan ’n ateïs. Jammer jy onthou dit nie van brief na brief wat jy skrywe, nie… As jy kon begryp wat aangaan, was jy beslis nié ’n ateïs, nie en kon jy wél sinvol saampraat.
Kobus de Klerk
Kobus
Nou toe nou. Jy het jou gebruiklike "Christeliker" tirade agter die rug. Gaan ons van jou kan aanhoor rakende die Merkteken van die Dier" of nie?
Jaco Fourie
Jaco,
Maar my vraag was:"Wat sou dit dan enigsins vir jou saakmaak?"
Henry
Bedwing jouself, Jaco. Moenie so maklik oorreageer nie. Miskien moet jy die woordeboek raadpleeg oor die betekenis van die woord 'tirade'.
Sê vir ons, waar is ek verkeerd omtrent jou? Hoe sal jy die Geestelike Woord kan begryp as jy die Geestelike as fenomeen vir jou as ateïs 'n enigma bly? Dalk is dit daarom jy, en nie ek nie, wat wil-wil neig na 'n tirade?
My ervaring van jou in die verlede is juis dat jy nie begryp wat ek skrywe oor die Woord nie, en my dan soos 'n dwaas wil teegaan oor die betekenis van die Woord - dit terwyl jy nie eens in staat is om die God van die Woord as realiteit vir jouself te identifiseer nie. Belaglik, nè? Tog, dit is wat jy doen.
Kobus de Klerk
Jaco,
Ek is jammer! Vra ook verskoning namens myself en ander hierbo.
Dalk is dit juis nodig dat 'n "Stirrer" soos jy moet opstaan om ons sogenaamde christene se gesindhede te toets. En ja - ons sin STINK!
Jou leergierige gees wys my dat jy dalk met meer bybelkennis as die gemiddelde christen, bybel onder die arm, sit. Diesulkes word genoem "Witgepleisterde grafte"
Ons almal het soms verskuilde motiewe, en as dit die manier is wat ons jou antwoord op 'n interessante onderwerp wat jy probeer oopmaak, skaam ek my morsdood. Gelukkig is daar 'n groot verskil tussen 'n christen en 'n gelowige. Die een hang dogma aan en die ander probeer vrug kweek.
Ek het alreeds Kobus se brief gelees oor sy weergawe van die 666 merk - uiters interessant. Myne volg binnekort en mag ons almal tot die VOLLE WAARHEID oor hiedie onderwerp kom ...
Trienie