Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, Mens, nu, nie veel t’kies,
onkund’-ontkenning, Self-uitwissing, neem afgrys-proporsies aan,
“Duiwelspiekers”, deurie bank, vol-Sonlik-sub-humaan, inne waan,
sjy onedel’ sjatan, v’r Kreateur, sedert Uitloepdag Een, vieslikvies
traai hy, Heil’gheid uit t’skop, span, opperstrategies, verleidingstrik,
sjy massa-ideologie, grensloos, universeel gesaai, maai wyd-’n-ver,
Guantanamobaai-bandiete gekoggel, tot hul slagdierlik roggel-blêr,
struktuurgewelddadigheid, misdadig, Mens, begerig, prooi-toe mik
sonner mag, wapen, Mens, passief, Waarlik-Waardig, God S’n,
wil Skepper nie bloot as Weldaad, Amnestie, Skepping Herwin,
aysh, Sý Jena, hoeka, toeka, ’p deesk’ Planeet, Leefplek, Aarde
kanti, Self-destruksie, ultra-onvergeeflik, so ampers ongeneeslik,
vind Mens IKT-aansteeklikheid super-absoluut heel onlosmaaklik,
re waardigheid, onderskat Mens God, Sý Wil, Sý Skepper-Waarde
Jacobus Faasen

