wat’s U Score?

  • 0

Millennium Drie Mens, minner as min Lief, vir U Waarheid,
disse blote feit, sonner kernkrag, hazikho lig, elektrisiteit,
kool, soos Joost, raak ook soms skaars, byna hand-uit,
kanti, one cannot blame almost everything on apartheid

hardloop Mens weg, vir Verantwoordelikheid, Menslikheid,
wil Mens struktuurgeweld, geheimsinnig wegbêre, bewaar,
glattie in amp’tlik verklaring, aan meerderheid verklaar:
Millennium Drie’s post-bevrydingstrydgeregtigheidstyd

maak Mens, elkeen op www, globaal mos Geskiedenis,
eerste toets vir wêreldburgerskap, cum laude, geslaag,
lewe vir “Duiwelspiek”-dissipel ultra-masochisties fraai

nu, Mens nog glattie van oorgeërfd onkund’-ontkenning bewus,
gat onegaal speelveld mos sosio-kohesie wetenskaplik vertraag,
veranner ‘score’ mos drasties, spanpogingsgewys, ná ieder ‘try’

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top