Oester het onlangs van ‘n baadjie en ‘n agterstevoorom baadjie geskryf. Dit het my aan ander agterstevoorom klere laat dink. Vir Oester is dit seker ‘n ou storie (hy ken so baie!), maar dalk is daar ander LitNetters wat die lawwe verhaal geniet.
In die droë Noord-Kaap is daar die dorpie Pella wat hom onderskei met die feit dat die Rooms-Katolieke Kerk daar ‘n katedraal gebou het. Op ‘n goeie dag het een van die plaaslike boere die katedraal besoek en ‘n priester het hom vriendelik rondgewys. Die priester vestig toe die aandag op al die kinders wat om hom rondspeel en verklaar met trots: “Dit is almal my kinders.”
Die boer se reaksie was: “Ek sien jy trek jou boordjie verkeerom aan, maar moet jy dit nie liewer met jou broek doen nie!”
George


Kommentaar
;-)....