Vrye keuse tot aborsie is maar een van die dodelike sekulêr-humanistiese uitvloeisels van ons tyd. Sekulêre humaniste kry dit reg om hul gewetes te verkrag (hét hul ooit nog gewetes?) en te sê dat die vrou die alleenreg het om te besluit of sy haar ongebore baba wil aborteer, of nie. As sy wil, dan is daar ’n swetterjoel klinieke en ander instansies waar sy kan gaan en dit móét gedoen word op haar versoek. In meeste gevalle, word dit boonop deur die staat gesubsidieer.
Ons weet dat daar dálk sekere uitsonderingsgevalle mag wees, waar aborsie ’n opsie sou wees, alhoewel ek my nie, soos ek hier sit, geredelik aan só ’n omstandigheid kan indink, nie. Selfs nie verkragting nie – ek het al gevallestudies gelees waar die verkragte moeders besluit het om die kindertjies te behou en die kinders het vir die moeders tot groot vreugde grootgeword. Die grootste probleem met verkragting gevalle, blyk nie die kindertjies te wees, nie, maar inderdaad die sielkundige stryd wat die moeder moet stry om haar met die ‘ongevraagde’, ‘geforseerde’ kindjie te vereenselwig op ’n liefdevolle, moederlike, vlak, nadat sy self op gruwelike wyse onteer, is. Hoewel mens se simpatie met die verkragte moeder is, is die logiese vraag wat die kindjie aanbetref – wat op aarde het die kindjie nou met die verkragting te make? Verkragting is mos nie oorerflik, nie? Aborsie in só ’n geval gaan dus hoegenaamd nie oor die kindjie se belange nie, maar gaan bykans uitsluitlik om die moeder se ‘welvaart’. Daar is ook die talle gevalle, waar die verkragte moeders laat aborteer, maar dat dit nié die sielkundige pyn van die verkragting stil, nie. ’n Aborsie bly blykbaar meestal die aborteerder moeder by, vir die res van haar lewe…
Die groot probleem kom egter by die derduisende nie-uitsonderingsgevalle. Vroue wat seksueel losbandig lewe en die vrug daarvan, die ongebore kind, aborteer asof dit vuilgoed is… vroue wat die genot van die liggaam wil smaak, maar nie die verantwoordelikheid daarmee saam wil aanvaar, nie - dié van swangerskap. En daarvoor dis hulle baie ongeldige redes, op - oorwegend finansieel. Sal liewer kindermoord pleeg, as om hulself seksueel aan bande te lê of die verantwoordelikheid te aanvaar vir hul optrede – humaniste wat in die openbaar kwansuis veg vir mensliewendheid en regte, waarvan geweld teen die medemens aan die bopunt van ‘afkeurenswaardigheid’ staan, maar dáárdie selfde hipokriete skroom nie om onskuldige bloed van ongeborenes te vergiet vir die plesiere en losbandigheid van die moeder, nie. Kyk, die praktyk van homoseksualisme is ’n gruwel in die oë van God, maar hiérdie heteroseksuele gruwel van aborsie ter wille van gerief, is iets verskriklik gruwelik.
Ateïste en meeste ander agnostici sal vir jou sê dat hulle niks verkeerd sien met aborsie nie – hulle is grotendeels aanhangers van die darwinistiese-tipe evolusieleer en sien die mens as net nóg ’n soogdier. Nou ja, daar is nié soiets soos moord op diere, nie en dit is dan seker ook maar die siek grondslag vir die sekulêre humanis en agnostikus se siening oor aborsie. Na alles, is die mens dan nie ook maar, volgens húlle, diere nie?
Maar nee. Mense is nié diere, nie en was dit nog nooit in die verlede nie. Selfs die geharde ateïs sal moet erken, dat moord op mense, tóg maar ten minste, immoreel, is. Daarom is die agnostikus se siening van die mens as soogdier, in sy napratery van die darwinistiese evolusieleer, ’n contradictio in terminis, ’n paradoks.
Dit val ook vreemd op dat juis die sekulêre humanisme pro-aborsioniste is - ook weer só ’n ondeurdagte en bespotlike contradictio in terminis, ’n paradoks. Na alles, beteken dié woord (humanisme) júís die strewe om ’n sogenaamde humane (mensliewende) sedeleer te beoefen, wat die menslike waardigheid, die vryheid en die waarde van die persoonlikheid vooropstel en Godsdiens van minder belang te ag. Is dit nie ironies, nie? Miskien lê die uitrafeling van dié klug in die laasgenoemde deel van hul credo – Godsdiens wat geminag word. Hulle is pro-aborsie, wat niks anders is as om menselewe te termineer, nie, tog probeer hulle die bogenoemde waardes van ‘menslike waardigheid’ promoveer? Wat ’n klug, ’n leuen.
Die enigste manier vir die humanis om by dié dilemma poog verby te kom, is om te ontken dat die fetus, mens, is.
Die ironie gaan dieper, tot in die kern. Toe die sekulêre humanisme sy kop uitsteek in die later Middeleeue, was dit juis die Christelike Godsdiens waar hulle hul mensliewende sedeleer, aan ontleen. Tereg ook so – sien die Tweede Gebod van die HERE Jesus Christus – maar tipies sekulêre humanisme, word die Eerste Gebod, waaraan die Tweede sy regverdiging en ontstaan ontleen, verwerp – sien gerus weer Mattheus 22:36-40.
Eer aan die Eerste Gebod, erken dat lewe heilig is en aan God behoort en op geen manier deur die mens misbruik mag word, nie.
Sommige van die pro-aborsioniste beweer dat die Woord nie teen aborsie is, nie. Dit is natuurlik onsinnig en net-net nóg ’n leuenagtige verdraaiing van die Goddelike Woord.
In die eerste plek, was kinders destyds, anders as vandag (tragies genoeg), as die toppunt van Goddelike guns en seën gesien (Deuteronomium 7:14). Soms, wanneer God mense gestraf of gedissiplineer, het, het HY dikwels die vroue tydelik onvrugbaar gemaak – dit is dus as onguns of straf bejeën, as ’n vrou nie kon kinders hê, nie (Genesis 20:17-18; 30:2,22), en wanneer God die vrou vrugbaar gemaak het, was daar groot blydskap (Genesis 29:31-32). Die relevansie hiervan, is dat mense van God se volk dus onder geen omstandighede daaraan sou dink om te aborteer, nie en derhalwe was ’n wet wat opsetlike aborsie by name verbied, geheel en al onnodig. Selfs onopsetlike aborsie is gestraf met die dood – sien Eksodus 21:22-23. Die verwysing na ‘vrug afgaan’ in vers 21 dui op ’n premature geboorte en ‘letsel’ in vers 22 dui op besering van óf die vrou óf die fetus wat sodanig is dat die dood sal volg.
Daar is boonop genóég aanduidings in die Woord dat die ongebore fetus, as mens - as kind - gesien, is – en daar word ook só na hulle verwys – sien gerus Genesis 25:21-22 – waar na die ongebore fetusse in Hebreeus na verwys word as banim, oftewel, seuns/kinders. Sien ook Lukas 1:41-45, waar dieselfde gebeur – die ongeborene word na verwys as “kindjie”, deur die gebruik van die Griekse woord brephos; Psalm 139:16 leer ons dat God die ongebore kind alreeds in die Boek van die Lewe aanbring; Een van die mees duidelike aanduidings hiervan, is waar God aan die profeet Jeremia die volgende sê in 1:5 – “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak”; Só ook met die profeet Jesaja (Jesaja 49:1, 5).
Daar is dus geen twyfel dat God en die Christelike Godsdiens, die ongebore fetus as mensie, as kindjie, sien nie.
Wetenskaplik is daar ook geen houdbare argument ten gunste van aborsie, nie.
Niemand kan ontken dat die fetus lewe en in lewe is, nie… tog probeer hulle ontken dat dit menselewe, is. Nou, as dit lewe is en dáármee stry geeneen by sy regte verstand, watse lewe is dit dan?
Die fetus kán slegs menselewe, wees. Al lyk die vroeë fetusse vreemd, al is dit aanvanklik hóé klein, is hul steeds menslike lewetjies, want hulle het unieke menslike DNS en gene en géén ander kreatuur, se DNS of gene, nie. Die punt is, voorkoms beteken niks wesentlik, nie. Winkelpoppe lyk menslik en dikwels ‘lewendig’, en nog meer so, die virtuele ‘mense’ wat deesdae deur rekenaarprogrameerders geskep word en soos ’n druppel water op mense lyk - maar hulle sal nóóit lewe nie en nooit mense kán wees, nie. Interessant, dit is juis op hierdie lyk-na dwaalbegrip, waarop evolusioniste hul gehele dwaalleringe van die evolusieleer, bou! So lyk iemand met olifantsiekte of watter ander ernstige gebrek ookal, nie na ’n mens nie, maar na ’n monster, maar sal nóóit iets anders wees, as lewende mens, nie. Ek wonder wat sal hulle tipe ‘wetenskaplikes’ sê van die skedel van ’n mens met olifantsiekte… as watter dinosourus of oorgangsfossiel sal hulle hóm probeer klassifiseer?
Eg mens, is die fetus, dus, van konsepsie, af – eg lewend, want as dit dood was, sou dit nie kon ontwikkel, nie. Van die eerste seldeling af, is daar alreeds in die DNS ’n volledige ontwikkelingsplan en unieke identiteit - selfs die geslag, voorkoms, álles. Daarna ontwikkel alles presies volgens daardie unieke Goddelike DNS-plan – totaal en al in ooreenstemming met wat in Psalm 139:15-16, sê. Hierdie wonderlike proses is in daardie verse beskrywe in die idioom van die tyd – ongeveer 1400-400 v.C. toe daar nog geen bioloë was nie en die DNS nog net aan God bekend, was…
Om te sien hoe die fetus ontwikkel, kan na hierdie skakel gekyk word. Daar sal gesien word dat dit onmiskenbaar mensies, is.
Hierdie foto wys hoe ’n 21 weke oue babetjie, wat hulle Samuel noem, die chirurg se vinger vasgryp wyl hy besig is met ’n in-utero operasie…
By hierdie skakel kan ’n reeks foto’s gesien word van babatjies wat geaborteer is in verskillende stadiums… wees gewaarsku – hierdie is uiters ontstellend om te sien.
Hier is voorbeelde met notas van hoe die fetus lyk gedurende vroeë ontwikkelingstadium:

https://www.litnet.co.za/assets/images/briewe/kobus_de_klerk_aborsie.jpg
Om te sê dit is nie ’n mensie nie, is verregaande. Om te sê dit is nie moord om só ’n mensie om die lewe te bring, nie, is óók verregaande. Tewens – aborsies gedurende die tweede en derde trimesters word dikwels gedoen deur inspuiting van dodelike dosisse potassium chloried – dieselfde middel wat gebruik word in Amerika tydens teregstellings deur inspuitings. Potassium chloried laat die hart ophou klop en só word ’n kunsmatige hartaanval geïnduseer om die babatjie dood te maak sodat dit aborteer. Daar is natuurlik ook ander selfs méér gruwelike metodes wat aangewend, word.
Om te sê dat die ongebore babatjie deel is van die moeder liggaam, en nie selfstandig ontwikkel nie, is ook nie waar, nie. Afgesien van die liggaampie wat vinnig ontwikkel, reageer die mensie al van vroeg af selfstandig reageer.
Die Nobelpryswenner bioloog Sir Peter Medawar het opgemerk dat die mens se immuunsisteem sodanig is dat dit nie vreemde selle aanvaar, nie, maar verwerp, maar dat ongebore fetusse dié sisteem teenwerk, met wat nou bekendstaan as die sogenaamde natuurlike ‘killer T-cell’ sisteem – ons sien dit met orgaanoorplanting en veloorplantings van een mens na ’n ander. Dieselfde gebeur terwyl die babatjie in die moederliggaam ontwikkel. Dit is die dikwels ook die oorsaak vir die voorkoms van miskrame, waar die moederliggaam die nuwe lewetjie aborteer. Daarom kom daar ’n verweer inwerking, waar die nuwe lewetjie ’n ensiem (die sogenaamde IDO) vrystel wat die immuunstelsel se meganisme neutraliseer. Waar dit nie gebeur nie, is daar miskraam. Hy het verklaar hoe die nuwe liggaampie binne die moederliggaam, egter, daardie immunologiese werking weerstaan.
Dit beteken dus dat die fetus al van meet af aan, ’n unieke genetiese samestelling besit en hierdie IDO produseer, om as ’n aparte individu van die moederliggaam, te oorleef en ontwikkel.
Die baba voed van meet af aan in die moederliggaam via die naelstring en daarna is dit net so afhanklik van die moeder om dit te (bors)voed, anders sterf die baba! Wat is werklik die verskil? Watter reg kan die moeder dan hê om dié nuwe, unieke lewe lukraak te beëindig op énige stadium? Dit is dieselfde as om ’n pasgebore babatjie weens blootstelling te laat sterf, want dié kan net so min vir homself sorg as wanneer die babatjie nog in die moederliggaam, is.
Babamoord is taboe! Binne óf buite die liggaam van die moeder.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus
Daar is min sake waarin ons twee eens is. Met betrekking tot aborsie is ek met jou heeltemal eens, nie vir enige godsdienstige redes nie, maar vir die reg op lewe vanaf konsepsie, ongeag die omstandighede waaronder sodanige konsepsie plaasgevind het. Die be-eindiging van enige lewe in die baarmoeder bly koelbloedige voorbedagte moord. Ek is van mening dat sodanige persone, asook die wat daarin instrumenteel is, hewig gestraf behoort te word.
Met betrekking tot verkragting, die volgende. Gedurende die Europese Donker Eeue was verkragting die mees algemeenste vorm van konsepsie, veral onder diegene wat die brutaliteit van die Vikings ondervind het. Die geslagte wat daaruit gebore is, is meerendeels ons eie voorvaders en moeders. Was hulle vernietig gewees met geboorte, is die kanse baie goed dat heelwat van ons nie vandag hier sou wees nie.
Die gewraakte ironie is dat die wat reg op lewe het (die ongebore baba), word dit nie gegun nie, waar in teenstelling, die wat nie reg op lewe het nie (moordenaars, verkragters, ens.), se reg op lewe word verskans teen vermorste koste vir die staat.
Ek bly anti-aborsie en pro-hals-teregstelling vir gruwelike misdade teenoor die medemens.
Jaco Fourie
Kobus,
Stem heeltamal saam Kobus.Gedurende 9/11 het Amerika getreur oor 3000 plus Amerikaners wat gesterf het in die terreur aanval van Osama Bin Laden op die Twin Towers, en dan praat ons nie eens van al die Amerikaanse Soldate wat gesterf het daarna nie, terwyl hulle geen fout find om 33150 babas (2008 statistiek) maandeliks in die VSA te vermoor via abortrasie nie. Suid-Afrika staan op ongeveer 6000 babas per maand (2008 Staistiek) en dit terwyl Suid-Afrika dit as 'n slagting beskou op ons paaie gedurende Paasnaweek. Dit is die gees van Sekulêre Humanistiese Gruwels.
Groete
Henry
Ek moet sê dat dit verrassend en verfrissend is om jou pro-lewe opinie oor aborsie as uitgesproke ateïs waar te neem, Jaco.
Die reg op lewe? Ja, ek stem saam, maar mense het nie net die reg op lewe nie, maar inderdaad ook die plig om ander te laat lewe - van konsepsie af, al.
Hierdie is 'n reg-en-plig verhouding ver verhewe bo die realm van die mens se subjektiewe regte, en geen mens kan op enige stadium, die reg hê om sommer, sonder bedreiging van eie lewe, 'n ander se lewe te neem nie - selfs nie in die moederliggaam, nie. Dit is nie 'n reg-en-plig stelsel wat deur enige mense geskep is, nie, maar is een van die basiese universele Goddelike reëls. Dit is nie 'n reël wat uit enige evolusionêre proses kon ontstaan, nie. Dit is 'n reël wat nie in die plant- of diereryk bestaan nie, maar slegs onder mense, en dit bestaan al so van die eerste tye van menswees, af - vandaar die oog-vir-'n-oog reëling van oertyd af al - juis ingestel om die neem of beskadiging van lewe, te vergelde.
Kinders is of word nooit ooit die ouers se eiendom, nie, maar is van meet af aan mense in eie reg, wie mettertyd ooreenkomstig daardie reg hul koers in die lewe kry om die lewe is individue te lewe. Die ouer is bloot spesiale rentmeester vir 'n kort rukkie en die doel van ouerskap is om die kind vir die lewe vorentoe koers te gee - om die kind te vermoor is bepaald nie deel daarvan, nie. Geen mens, geen ouer, het die reg of selfs die bevoegdheid, om daardie kind die reg op lewe, te ontneem, nie. Mens het die reg om oor jou bates en oor jou eiendom te beskik na goeddunke, maar jou kinders sal nooit onder daardie kategorie tuishoort, nie.
Selfs in die antieke Romeinse Reg (waarop alle beskaafde regstelsels gebaseer is) was daar al regte (die sogenaamde Nasciturus pro iam nato habetur, quotiens de commodis eius agitur”, vry vertaal – “die ongeborene word geag gebore te wees in soverre dit sy eie belange aangaan”) aan die ongeborene toegeken en moes, onder meer, die ongeborene se erfdeel daarvolgens beskerm word, asof hy reeds gebore is en daardie regte het slegs verval indien die kind nie lewend gebore word, nie.
Daarom is daar eenvoudig geen reg tot aborsie nie, want dit is menselewe wat mee gewerk word asof dit wêreldsgoed, is.
Mense sal onskuldige babatjies doodmaak deur hulle in uterus te vermoor en dan te aborteer omdat dit hulle finansieel of geriefshalwe nie pas, nie, maar hulle sal nie hulle self of hulle metgeselle om die lewe mag bring wat hulle en ander met dodelike vigs besmet, die geld uitsuip of wegdobbel, nie - optrede wat nog veel meer onbekostigbaar is as kindertjies en boonop destruktief vir die hele gesin... en die sekulêre humanis sal gou-gou vir jou sê dat daar niks aan te doen is nie, want dit is hulle demokratiese reg... Tog, as dit by die onskuldige babatjie kom, het hulle die 'reg' om dit dood te maak vir enige rede?!
Hoe siek.
Mense het, tereg so, nie die reg of bevoegdheid om ander se lewe te neem omdat die ander vigs versprei, huisgeld uitdobbel of uitsuip, nie, maar en hulle het ook nie die reg om lukraak die lewe van 'n ongebore kindjie te neem, nie.
Hoe sielsiek het die mensdom geword omdat sy God nie meer sy Eerste Liefde is, nie....
Kobus de Klerk
Henry,
Die statistiek wat jy verskaf, wys juis die dubbele standaarde uit en ook die gemak waarmee babatjies gedood word vir allerlei redes wat nie opgaan, nie.
Dit is verskriklik...
Kobus de Klerk
Kobus, dis voorsien ... as jy rêrig omgegee het, dan sou jy dit nie in jou eentonige smag na sensasie uitgebuit het nie ... jy's gewetenloos ... hoeveel maal is hierdie onderwerp al gesaal op die werf? ... dis net dat jy jou lysie geesdodend in 'n smag na aandag sal af tiek ... dis al ...
Is dit al waartoe jy instaat is, Cornelius? Om my te probeer kritiseer, in stede van 'n sinvolle bydrae te maak? Maar, dit is mos dan ook jou kenmerkende probleem.
En dan sit jy, soos jy mos maar voor bekend, is, weer voor die spieël en praat met die mens daarin en probeer jou eie skete op my projekteer?
Wat die onderwerp aanbetref, noem jy my gewetenloos omdat ek dit aanroer te midde van omstandighede waar, ongeag hoeveel maal hiérdie aspek al aangeroer is, die kindermoord steeds daagliks plaasvind? Terwyl dit miljoene gelowiges elke dag hartseer maak en wroeg? Jy is gewetenloos, want jy wil my weer stilmaak! Wys ook waar jou eie prioriteite lê.
Hoe 'n jammerlike gereelde ervaring is die gadeslaan van jou sinnelose, inhoudlose reaksies ('kommentaar' kan dit nie genoem word, nie) nie. Jy, wat 'n regdenkende, waardige mens veronderstel is, om te wees. Jy oortref selfs die insiglose agnostici in jou irrelevansie. Selfs Jaco toon veel meer begrip as jy, en lewer 'n sinvolle bydrae, al hoef mens nie met alles saam te stem, nie.
Ek wonder of jy ooit sal leer uit jou eie flaters, keer op keer op keer. Daar is 'n ou gesegde wat lui dat selfs 'n donkie nie sy poot tweemaal teen dieselfde klip sal stamp, nie. Maar wat van jou, wat dit repeterend, doen? Het jy dan werklik nie eens die insig en selfrespek van 'n donkie, nie?
Kobus de Klerk
Ag tog ou Kobus; ek praat nie saam as die Duiwel iets aanroer nie ... maar wat noem 'n mens dit as 'n vuur en swael dweper soos jy sonder seremonie "neerdaal" omdat sy wankelrige kassie in duie stort, harte soos myne die rug daarop draai maar die ou slang in sy gekrenkte waansin plat op sy pens woedend als wil bliksem met die hel? ...
Jy meen, die duiwel waarsku teen aborsie, Cornelius?! Jy meen, dit is nie die Gees van God wat teen aborsie waarsku nie?!
Ek het dit al baie gesê, en baie ander mense het dit al vir jou gesê, maar jy weet werklik nie meer wat by jou uitborrel, nie.
Jy is waaragtig Godslasterlik, insigloos en so bitterlik irrelevant.
Kobus, maak nie saak hoe geslepe jy daarby probeer verby kom nie; jy is die Duiwel se gesant wat jare lank reeds al sissende ander se harte (braakland) probeer breek en in aanklag voor die Troon van God wil sleep ... jy is gewoon 'n ploeg in Satan se mag wat in skynheil "waarsku teen aborsie" ... my sogenaamde "laster" teen jou (die waarheid omtrent jou ander waarsku), is nie Godslasterlik nie ... net jou huiskerkbende glo jy's God omdat jy kamstig die Woord in pag met jou kinderagtige spirituele intelligensie aan hulle voorhou, en daarom my fluitjie in jul waansin Godslasterlik is ... ek vergewe jou nogmaals Kobus ... mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe ...
Jy het jouself weereens geopenbaar vir wat jy regtig is, Cornelius. Jou pogings om dit nou te probeer toesmeer, maak dit net erger vir jou.
Jou fluitjie is jou eie ondergang. Dan weer, is 'n fluitjie nuttig, want mens kan vir 'n rukkie lank kindertjies daarmee amuseer. Jou 'fluitjie' is egter nutteloos - selfs nie eens 'n irritasie, nie. Net skadelik vir jouself, omdat jy nie weet wat jy doen, nie. Jy is so deurmekaar soos 'n waansinnige mens... en dit laat mens dink...
Wat vergifnis aanbetref, moet jy eerder probeer uitvind wat dit werklik beteken en waarvoor dit aangewend, word - en veral by Wie dti te kry is, en waarvoor. - dit is duidelik dat jy nie eens daardie aspek van Spiritualiteit en Goddelikheid begryp nie, en jy mors net so met die wonderlike begrip van vergiffenis, as wat jy met die HERE se Naam mors - omdat jy vir nie Een daarvan, agting het, nie.
En dan is daar steeds ook die aspek dat jou opinie van geen nut of waarde is, nie. Die enigste rede waarom mens hoegenaamd vir jou daaroor aanspreek, is vir jou eie beswil, want jy is nie relevant tot enigeen se saligheid, nie, verwronge soos wat jy is, nie.
Gaan verby.
Indien enige ander belangstellende ooit hier sou lees en wonder wat my standpunt oor iets so pynlik soos aborsie sou wees, deel ek graag die volgende skakel:
http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=64885&cause_id=1270
Wat ek wel bid is dat die leser op die datum daarvan sal let en dan kan begryp hoe geesdodend Kobus de Klerk se eentonige verdagmakery van ander se harte wat hom nie eer nie vir jare reeds woed.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal teen die bose beskerm.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,
Cornelius
Dit sou vir jou beter gewees het om nie jou skakel te plaas, nie, Cornelius, want nou sien mense hoe jy meer agting het vir Carl Sagan die ateïs as vir Jesus Christus die HERE, eienaar van alle lewe.
Daarom is jou maatstaf nie kosbare lewe wat aan God behoort en derhalwe nie gedood mag word nie, maar die arrogante aanspraak van 'n ateïs op intelligensie wat die verskil beteken tussen lewe en dood, tussen moord en weggooi van onnodige fetale vullis! Want wat vullis is en lewenswaardig is, word vir jou en jou Goddelose maters alleenlik bepaal deur die vlak van intelligensie - wat hoeka 'n geskenk van God, is.
En so openbaar jy jouself, as een wat nie lewe en lewendes liefhet oor die liefde van Christus Jesus die HERE in jou hart is, nie, maar eerder 'n kil sekularistiese 'liefde' (eintlik meer 'n toleransie) wat slegs die medemens duld omdat dit 'intelligent' sou wees.
Hoe verskriklik is dit nie vir een wat die Naam van die HERE so ydellik gebruik, nie - jy leer, op jou eie getuienis, nie by daardie HERE oor die waarde van lewe nie, al het die HERE Sy Eie Lewe opgeoffer as hoogste en mees waardevolle Offer omdat ons lewens vir Hom so waardevol is, maar eerder by die Goddelose ateïs, wat nie die lewe liefhet as sulks nie, maar die nut, die status wat die intelligensie aan 'n mens sou gee - mens of alien. Jy se dit reguit - die fetus - 'wese' soos jy neerhalend daarna verwys, se blote potensiële intelligensie en bewustheid, dit wat hom in staat sou stel om tot 'ons' vlak te kon ontwikkel, maak die wese menswaardig genoeg om die vernietiging daarvan as moord te definieer . Menslike fetusse kwalifiseer ten volle in hul potensiaal om mens te word. Mens te word?! Wat is hulle dan voor hulle kwansuis mens word? Wat van die verstandelik vertraagde wat nie 'tot ons vlak' kan ontwikkel, nie? Wat van die down se sindroom kindertjies wat nie 'op ons vlak' is nie en talle ander voorbeelde? Is hulle uitskot en vuilgoed wat nooit mensstatus bereik nie, weens die intelligensie wat nie op die ateïs se kwalifiserende vlak is, nie?
Jy is in jou hart ne siek 'n Godsveragtende ateïs - met die verskil dat die ander ateïste darem openlik is en nie probeer om met God se Naam te ploeg nie - maar jy! Jy is slegte nuus...
Of jy besef nie wat jy sê nie, of jy is spiritueel meer vieslik as wat mense maklik besef. Ek dink dis laasgenoemde.
Ek het jou destyds gewaarsku dat jou fasade verby is, en dat jy voortaan jouself sal uitwys as die leuenaar en spirituele kwaksalwer en gruwel wat jy is... en sedertdien is dit presies wat gebeur. Jou skromelose walglikheid en bandeloosheid is vir almal om te sien.
Kobus de Klerk
In die skakel wat Cornelius hierbo voorsien, waarin hy sy gruwelike aborsie-credo uitspel, is ook een van talle bewyse waarom hy so minagtend en Godslasterlik met Gods Naam omgaan – daar sê hy
“Nooit het ek aan Carl (Sagan) gedink as iemand wat die evangelie van Jesus Christus ons God sou verhinder het nie. Inteendeel, Carl Sagan was altyd vir my diensbaar in die hand van God met sy onbevange, eerlike en pragtige manier waarmee hy ons bestaan verduidelik het. Dit het 'n relatiwiteit geskep wat die mite van God soveel groter laat lyk het - soos in groots, wonderlik, fantasties en asemrowend mooi!”
'Eerlike en pragtige manier' waarop hy (Sagan), ons bestaan verduidelik het? Sagan, die ateïs wat God se bestaan ontken? Direk in konflik met die Woord van God, die Skepper, en dit is vir Cornelius eerlik en pragtig!?
Carl Sagan, die oorlede astrofisikus en kosmoloog, die deurdagte ateïs, een van dié wat deur dít wat hy kwytgeraak het, deur ander agnostici gereeld gebruik word in hul kampanje teen God en alles Gods. Sagan, die Godloënaar ateïs, nie die HERE Jesus Christus nie, is Cornelius se rolmodel, en in sy waansin, sien hy Sagan as ’n dissipel van die van die “jesus” wat hy wat Cornelius is, vir homself saamgeflans het, daardie onwerklike ‘jesus’, daardie mite, soos wat hy God inderdaad reguit noem.
Sagan met sy anti God uitsprake, is ’n dissipel van Cornelius se ‘jesus’. By Sagan, die ateïs, wat enige betrokkenheid van God by die ontstaan van die mens ontken, leer Cornelius eerder van die 'waarde' van menswees, as by die ware HERE Jesus Christus. Dit is omdat God nie vir Cornelius werklikheid is, nie God is vir hom ’n mite en hy sê ook sommer so. Daarom is Cornelius deur en deur ’n agnostikus by keuse – ander agnostici sê mos ook dat God net ’n verbeeldingsvlug is, ’n mite. God is vir Cornelius 'n relatiwiteit, nie die werklikheid, nie - n mite en hy sê dit reguit.
Vandaar dat Cornelius so graag ware gelowiges as satanskinders probeer uitmaak – almal wat hom teengaan in sy gruwels word as boos aangestip - gaan Cornelius teë en jy is kamstig 'boos' - hy weet nie eens wat satan is, nie – hy kan nie onderskei tussen die satan en die Gees van God, nie.
Vir Cornelius is God ’n mite, wat deur die vertellings van die ateïs groter ‘lyk’ (lees hierbo wat sê hy) – vir Cornelius is God nié werklik Groot, asemrowend, fantasties en wonderlik nie, nie, nee, God ‘lyk’ net vir hom só want hy sien God as ’n mite. ’n Mite is mos geen werklikheid, nie. ’n Mite is juis mos onwerklik – ’n leuen wat opgedis word in ’n verfraaide kleed. En ons het algar al gesien hoe lief is Cornelius vir die wanvoorstelling, die leuen, die verdraaiing van waarheid. Dit is wat die ‘god’ is, wat Cornelius verkondig – sy eie versinsels.
Die nuwelinge wat dalk mislei word deur Cornelius se misbruik van die allergrootste Naam van alle name, die Naam van God, word weereens herinner aan die besoedelde warboel wat in Cornelius se binnenste woed. Een van die uitgesproke en deurdagte ateïste op hierdie forum het op ’n keer vir Cornelius gesê, iets in dier voege, dat hy wat Cornelius is, eintlik maar ’n ateïs met religieuse bagasie, is. Hoe tragies, maar korrek.
En diegene van ons, die ware gelowiges, wie Cornelius uitwys en teregwys, word op siedende wyse persoonlik aangeval deur hom, met alle venyn en argwaan en wanvoorstellings en leuens waartoe hy instaat is, omdat ons sy sluier oplig sodat die gruwels daaragter, uitkom. Soos daar in die Woord geskrywe staan - daar is niks verborge, wat nie geopenbaar sal word, nie.
Kobus de Klerk