Die totale omvang van die korrupsie in die Westerse samelewing word dag vir dag dramaties blootgelê voor talle verstarde ogies.
Die korrupsie sny deur tallose heilige koeie soos 'n warm lem deur warm botter, niemand weet of daar ooit 'n einde in sig is van die onophoudelike vlaag van onderduimshede nie.
Die VK en VSA is die twee perfekte voorbeelde, altwee landjies wat hoog opgee, en voorgee vir 'n vale, albei probeer mos myl-hoog sit op die morele perdjie!
Helaas die perdjie het pote van botter, en leg kaplaks op sy rug, pap wiel in die lug, terwyl die messe geslyp word en die vure gestook word ... Die VSA se probleme het begin by daai nar Ronald Reagan, sigaretverkoopsman extraordinaire en die prez met die vrot kankerbrein en die morele moed van 'n hond op 'n Persiese tapyt.
Die banke en Big Biz van die VSA het daar beheer gekry oor die regering en nooit weer laat los nie.
Op die huidige stadium is die VSA die mees bankrotste land in die geskiedenis van die mensdom, sy skulde is basies onberekenbaar, dit laat Zim bv lyk na 'n vulletjie!
Dan kom ons by die wannabe skootbrakkie van Uncle Sam, die VK!
Wat om te seg, tsk, tsk ... die VK was nog altoos een van die meest korrupte samelewings op aarde, maar die pas het geweldig versnel, en vandag is dit so 'n katnes van korrupsie dat niemand kan kop of stert uitmaak meer nie!
Die media het die beheer oorgeneem oor die regering, en deesdae die banke ook.
Die hele sisteem is verrot van bo tot onder uit.
Die simbool van hierdie verrotte samelewing was hoe derduisende jong jeugdiges laasjaar besluit het, genoeg is genoeg, hulle het die strate en winkels ingevaar en eenvoudig gevat wat hulle wou, die res is afgebrand.
Die polisie het met gevoude hande bygestaan, hoe kan jy van die korrupte staat enige daadwerklikheid verwag, een dief sal altyd 'n ander herken selfs teen middernag.
Elke dag is daar nuwe onthullings, die kollusie tussen die vrot politikuste en bankiers en media skok mense skaars meer, dis die nuwe norm, die hoi polloi is vuisvoos.
Oor die kanaal gaan dit geensins beter nie, die EU steier soos 'n vuisvoos bokser van een krisis na die volgende, die laaste domino is Duitsland, maar die wankel reeds gevaarlik.
Onthou ook asb dat OZ sit opgesaal met die grootste huisprysborrel in die geskiedenis!
Daar is geen sweempie oor meer van die Blanke-Westerse uber-moraliteit en grootheidswaan nie ... want die Geel Draak van China en die Swart
Draak van Afrika sal dit eenvouig nie duld nie ... Welkom tot die Nuwe Wêreldorde ...
Francois Williams


Kommentaar
Die einde van die weste is egter geen verlies vir Blankes nie, ook nie vir Blankes in Suid-Afrika nie. Die VSA is immers die bron van die al die perverse ideologieë wat ons heersers so naarstiglik aangang: demokrasie, gelykheid, regstellende aksie, e.d.m. China mag baat by die ondergang van die weste, maar heel moontlik het hulle reeds die toppunt van hul ontwikkeling bereik. Afrika sal opeindig as ‘n kolonie van China.
Die groot wenner van ‘n geopolitieke herrangskikking sal egter nie China wees nie, maar eerder die sterkste Blanke land in die wêreld: Rusland. Na die ondergang van die weste sal Europa geen ander alternatief hê as toenadering tot Rusland nie, want Europa is te onbenullig om alleen te ooorleef. ‘n Nuwe federasie tussen Europa en Rusland sal die grootste, magtigste land wees wat die wêreld nog ooit aanskou het. G’n wonder die korrupte leiers van die Europese Unie skarrel op die oomblik so rond om die sinkende skip (en hul nekke) te red nie!
Hallo Francois, ... gaaf om jou sin weer hier te belees ... ja, die Ingelse en Amerika se gierigheid sal gouer as wat menige Protestant dink 'n druppel bloed iewers in die oseaan wees wat menige honger haai laat aanval ...
Ek stem saam Francois, behalwe met wie die kitaar gaan slaan in die "Nuwe Wêreldorde"
DIE WESTE IS VER VAN SY EIENDE:
Wat my eintlik dronkslaan is Afrikaners soos Gramsci wat wens die Weste sal tot niet gaan en wens dat 'n volksvreemde moontheid hulle plek sal inneem (Franscois se missie verstaan ek, die dat ek nie daarop ag slaan nie). Watter voordeel ekstrapoleer Gramsci daarin dat die Afrikaner voordeel daarin gaan baat indien, soos hy voorspel, en blyk te hoop, dat Rusland die sterkste moontheid sal word.
Die toets is die ergste senario vir die Afrikaner waar Afrikaner lojaliteit behoort te le. Indien hy ooit genoodsaak word om van hierdie land te vlug, gaan hy Sjina kies, of Rusland? Nee ons weet goed dat dit een van die Engelssprekende lande sal wees wat sy voorkeur sal geniet, en Nederland tweede (indien laasgenoemde nog plek het om hom te kan akkomodeer).
Die feit is die Weste is huidiglik in 'n ressessie, en sodanige ressessie begin ook op Sjina afmetings te neem. Dis maklik om aanvalle te doen en profeties te probeer optree wanneer jou "vyand" homself in 'n ressessie bevind. Dit is nie die eerste en ook nie die laaste ressessie wat die Wester sal ervaar nie. Die kapitalisitese bestel ondervind boom; ressessie; depressie; herstel; boom; en herhaling weer daarna. Kyk na jou geskiedenis van die kapitalistiese lande vir die afgelope 200 jaar om dit te bevestig. Almal ervaar dit nie noodwendig gelyk ook nie.
Verdere feit. Die hele Suid Amerika is kapitalisties Westers. Meksiko; die VSA en Kanda ook. Die Europese Unie 'n magtige ekonomiese blok (die Pacific Rim asook die Afrika-Unie probeer hulle na-aap, sonder veel sukses). Die toets word nie gemeet op huidige omstandighede nie. maar waar die werklike ekonomiese besluite van die wereld plaasvind, en die mag daarin bly in die VSA en Europa se hande (ongeag indiwiduele korrupsie onderling). Die wereldbank se besluite bly in kapitalistiese Westerse hande. Olie bronne, wel in Arabiere en Wes Afrika besit, maar die besluite agter die skerms, bly Westers, met Westerse dreigemente en druk. En ek juig daaroor, want in ander hande sal die wereld in choas sink met die totale verbrokkeling van enige wet en orde. Italie word geregeer van die een regerings-krisis op die ander sedert WOII, nieteenstaande het die land nie ten gronde gegaan nie, als soveel al geprofeteer moes al gebeur het.
Sjina is tans in Afrika bedrywig vir uitsluitlik eie selfsugtige gewin. Die land stimuleer geen plaaslike werkskepping nie, inteendeel, voer eerder sy eie burgers in om vir hulle te werk om sodoende Afrika te melk asook om te koloniseer. Die lande wat dit toelaat gaan vorentoe nog bitter spyt wees.
Gramsci. Jou kennis van Rusland toon absoluut karig te wees. Rusland was sterk toe dit nog die Sowjet Unie was. Sederdien het dit in Europese terme 'n derderangse moontheid geword, wat vandag geen benoemenswaardige dreigement vir Europa bied soos die geval in die verlede was nie. Ek wil profeties optree deur te se dat ek voorsien dat Rusland binne die volgende 15jaar deel van die Europese Unie gaan word, asook 'n NAVO lidland wat die Weste nog verder sal versterk.
Sjina is nie 'n wereld moontheid nie. Die VSA, Britanje en Frankryk beklee steeds daardie eer. Sjina het geen bassise buite sy eie grondgebied nie. Sjina beskou eerder piepklein Japan as sy grootste vyand eerder as die Weste. Dieselfde kan van Rusland gese word. In teenstelling het die VSA, Britanje en Frankryk vlootbassis wat die hele wereld dek. Hulle, veral die VSA, se sataliet stelsel is so vervolmaak (Reagan se Starwars konsep), dat enige pogings deur enige ander moontheid om te probeer kompeteer (soos Sjina onlangs gese hy wil doen), sal hulle sorg om eie veiligheid te besorg, dit te laat platval met soortgelyke optredes soos teenoor lande wat die kernbom arena probeer binnetree (Iran en N. Korea as voorbeelde).
Ten spyte van alle ander tekortkominge sal ek steeds voorts die Westerse lande, die VSA en Britanje op die internasionale terrein bankvas ondersteun.
Jaco Fourie