Nasiebou-/versoenings-/vingers-vleg-dag-dag

  • 0

Ek hoor oor die draadloos dat daar weer een een van die dae aan die kom is. Is alles gaaf en wel, ek stem heelhartig met so idee saam, maar ek glo nie meer aan Krismisvader of Rooikappietjie nie. En net Smurfies is "nice".

Ek luister ook nou die dag na Ian Wessels se Lippeklap of Loslip op die draadloos waar die onderwerp aangeraak word. Daar was ’n slim man van die PU vir CHU wat ’n baie slim en interessante bydrae gemaak het. Ek as leek en lid van die breë publiek wil graag my mening en ondervinding oor die aangeleentheid lug.

Ek ervaar by die deursnee persoon, voetsoolvlak, ’n mate van verdraagsaamheid, wedersydse respek en aanvaarding. Ek het anderskleurige kollegas, swartes wat ek as medeburgers in die land aanvaar. Ek ag hom as ’n integrale deel van ons onderneming en lewer hy ’n groot bydrae tot ons sukses. Jy kry nie respek nie, jy verdien dit. Ek praat sy taal en verstaan sy kultuur. Ek respekteer hom daarvoor. Ek wil nie my kultuur of gewoontes op hom afdwing nie. Ek verwag dieselfde van hom.

Ek wil dit net noem, ek wil nie gedwing word om te integreer nie. Ek wil nie sy leefwyse, kultuur of gewoontes aanleer nie. Al wat ek verlang is om as ’n burger in die land geag te word.

Ek plaas die blaam op die media en die politici wat die saak in ’n rasse geskil wil aanhits.

As daar ’n probleem is, is dit apartheid se skuld. Die voorheen massa agtergeblewenes se omstandighede het nie verbeter nie. Wat maak Jakob Spies? Hy seg dat die land se ekonomie nog in die hande van die blanke man is. Rêrig, hy kan nie ernstig wees nie. Ek glo ook wragtig nie dat hy sulke snert kan uitdink nie. As hy net bietjie die tor terug op die prop sit en onthou wat in 1994 gebeur het. Die blanke man is ontman. Finansieel, emosioneel en amper seg ek seksueel. Hy het nie op sy stert gaan sit en poot uitgehou vir aalmoes nie. Hy het nie gaan klip gooi of geboue met bomme beskadig nie. Die witman se kind leer by die skool alhoewel hy baie parmantig is en bokbek trek, maar hy is daar. Daar is strukture en georganiseerde prosedures wat gevolg word. Om dit blatant te stel, en verskoon die Ingels, PANDA (Previously advantaged now disadvantaged) ken van werk en laat dinge werk.

Ek hoop die mense wat net verskoning soek vir ’n partytjie, kry ander redes om een te hou.

Hoekom dit in ’n geleentheid laat gebeur. Ek sal elke dag as versoeningsdag met my aanvallige buurvrou wil deurbring, solank my buurman my nie vang nie.

Die regime moet rêrig nou groot word en die realiteite in die land raak sien. So kan dit nie aangaan nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top