Feit soos ’n koei: Veroordeel rassediskriminasie of jy is self skuldig

  • 1

Algemene kommentaar en ook Johannes Comestor: hierdie is wat ek op die hart het ...

Vir ’n hele aantal jare is ek reeds ’n leser van LitNet - eintlik ’n walsitter wat slegs enkele bydraes gemaak het.

Daar is maar altyd ’n klomp klaers maar ’n mens kan heeltemal met die nuwe formaat saamleef as jy elke keer “Argief” druk om ’n lang lys van bydraes te kry (wat die jongste insluit) en daarna te lees wat jou pas. As daar by hierdie lys elke keer na “LitNet-briewe/letters” die getal kommentare vermeld kan word is alle besware uitgeskakel. Dit hinder net dat so min kommentaar op bydraes gelewer word. Meer kommentaar kan help om LitNet ’n lewendige werf te maak.

Hier is my saaklike mening van Johannes Comestor se ontleding van Henry Jeffreys se “’n Gekoer oor die koningshuis”. Jeffreys se poging om ’n insiggewende artikel oor die Britse koningshuis te skryf word behoorlik ontleed.

Net een aanhaling uit Johannes se skrywe: “Tans word daar weer hard deur bruines geskreeu dat hulle in dieselfde mate as swartes in die nuwe Suid-Afrika bevoordeel moet word. Daar mag eintlik nie ’n onderskeid tussen bruin en swart gemaak word nie, want dit herinner glo aan apartheid. Dieselfde bruines wat tydens apartheid daarop aangedring het dat alle rassediskriminasie afgeskaf moet word, is nou ten gunste van rassediskriminasie, mits hulle in dieselfde mate as swartes daarby baat. Ek wag steeds op bruines wat hulle openlik teen die huidige diskriminasie teen wittes uitspreek omdat hulle werklik die einde van alle rassediskriminasie begeer.”

Mens sou graag Jeffreys en andere se reaksie hierop wil hoor. Dis ’n waarheid soos ’n koei (hoe de joos het ek dit misgekyk?) - of jy veroordeel alle rassediskriminasie of jy is self skuldig aan die GROOT, onvergeeflike sonde. 

George

  • 1

Kommentaar

  • George,

    Lyk my jy kom nou eers by.

    Welkom.

    Sover my ondervinding strek, beskou geen bruinmens hulself as swart nie.

    Ek herinner my dat ek jare gelede tydens die apartheidsera,  'n staaltjie gehoor het dat 'n hoogsaangeskrewe regsman sou gesê het, "maar trou hulle wit !

    Die insiggewendste hiervan is, is dat  geeneen in die gemengde gehoor teenkanting uit gespreek het nie. 

    Groetnis.

    Raed-na-Gael

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top