Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
MaanKind2012-06-11Hoor nou mooi, vergeet van almal wat vir jou gaan sê gooi hom in 'n stoompot, of kook hom met rooiwyn. Die wyn sskink jy vir jouself in 'n glas soos jy kook. Maak soos ek sê, en ek waarborg resultate.
Rika Vermeulen2012-06-11"Ek voel woedend en moedeloos en wil van Simonsberg met ’n moerse klanksisteem af skree: 'Waar was julle!!!' Op Stellenbosch, waar die intellektuele, kulturele en artistieke elite van Afrikaners by hul kaggels hul wyn en tamatiebredies liefderik verorber, gesels oor diepsinnige onderwerpe en grap oor die ’kommin’ Afrikaanse kulturele landskap, sal hulle nie die moeite doen om kwaliteit Afrikaanse musiekteater te ondersteun nie."
Mike van Graan2012-06-08"Whereas Afrikaans theatre-makers are blessed with a number of festivals that are the key producers of theatre in South Africa today, there is not a single theatre festival in Zulu, Xhosa, Tswana, etc that promotes, celebrates and projects professional, mainstream theatre in those – or other indigenous African – languages today." Mike van Graan responds to Albert Maritz.
Sershan Naidoo2012-06-08"In the 2011 arts sector call for applications we received over 1 300 applications requesting R16 billion." Sershan Naidoo responds to Albert Maritz.
Varkspek2012-06-08Ek het twintig jaar by die destydse Department van Gesondheid gewerk en was nou betrokke by die streeksaptekers (hulle doen inspeksies by apteke en klinieke). Ek het gereeld insae gehad in hul farmakopee, navorsingstukke en die MIMS ...
Enjee2012-06-08Ek het die afgelope naweek die groot partytjie in Engeland op TV gevolg en ek het finaal tot die slotsom gekom dat die gedagte aan ’n reënboognasie in die RSA ’n pypdroom is.
Heiden2012-06-07 Daar was ’n klomp diere waarvan die mens nie mog eet nie – sien Levitikus Hoofstuk 11. Hieronder is die vark (vers 7), volstruise (vers 16) en wat waterbewoners betref, mag geen skulpdiere soos oesters en mossels geëet word nie, natuurlik ook nie kreef nie (verse 9 tot 12).
Kobus de Klerk2012-06-07"As Varkspek geweet het waaroor die medikasie vir skisofrenie en soortgelyke psigoses gaan, selfs die tweede generasie atipiese antipsigotiese kalmeermiddels, sou hy hopelik nie sulke misleidende snert kwytraak, nie."
Jan Rap2012-06-07“Op RSG nou die dag, miskien op ander stasies ook, was daar weer die ou storie, soos die afgelope N-1994 jaar (waar N = huidige jaartal), naamlik ‘wat doen JY om versoening te bewerkstellig.’”
Jan Rap2012-06-07“Ek gaan wandel toe nou die dag daar op die blogs rond nadat ek die twee of drie nuwe SêNet-briewe gelees het en wat ’n frustrasie. Die menings en kommentare daarop is interessant maar dit verg hewige navigasie.”
Johannes Comestor2012-06-07“Amerika, of't wel die VSA, is ’n enorme land met baie kenmerke. Die groot invloed wat die rolprentbedryf en televisie het, is een van daardie kenmerke. As ’n mens daar woon, val dit gou op dat Amerikaners geneig is om sosiaal op te tree asof hulle op televisie is. ”
Enjee2012-06-07“As man wat in ’n huis groot geword het waar pa buite met die boerdery besig was terwyl ma agter die kospotte is, vind ek dit vreemd en irriterend waar meer en meer mans in die kombuis doenig is en die vrou maak die swembad skoon. Om die vleisbraaivuur praat mans nie meer oor sport, politiek of manssake nie, hulle ruil so waaragtig nou reseppies uit. Kan jy nou meer!”