Skisofrenie

  • 1

Skisofrenie is waarskynlik nie wat Leon onder lede het nie. Skisofrenie het niks te doen met veelvuldige persoonlikhede nie. Ek hoop dit kan binnekort met hom beter gaan en ek dink dis ’n belangrike stap dat hy sy verhaal hier deel.

Dis waarskynlik prysenswaardig dat Kobus de Klerk so vasstaan in sy geloof en ek het al gesien hy loop goed deur op hierdie werf, wat simpatie vir die ou by ’n mens wek. Maar hy is hierdie slag verkeerd. Gebed gaan nie help vir psigiatriese siektes nie. Dis so goed jy bid vir iemand met ’n afbeen. Wat wel help, is die moderne wetenskap wat die persoon met ’n afbeen van ’n kunsbeen kan voorsien en ook die psigiatriese pasiënt van psigotropiese medikasie.

Ja, die goed het newe-effekte, soos Kobus noem. Maar dis al wat beskikbaar is om lydendes uit haglike omstandighede en algemene ellende te hou. Weet jy hoe lyk iemand met onbehandelde skisofrenie? Kyk ’n bietjie mooi na van die mense wat op straat leef. Dis heel moontlik juis daardie persoon wat by jou groot weersin wek en vir wie jy lugtig is, die een wat die vuilste en deurmekaarste is, wat die siekste is. Daardie stuk gemors van ’n mens wat jy daar sien – DIS wat skisofrenie met ’n mens maak en DIS hoekom jy behandeling moet kry.

Demone? Nee wat. In psigose – dis daar waar jy demone en engele beleef. Kry jy behandeling, is die verskynsels weg en dankie tog vir ’n redelik normale lewe.

VIVA WETENSKAP ...

Jaco Fouché

  • 1

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Miskien moet jy bietjie meer oplees oor 'MPD' - waarna jy verwys. Ons het met verskeie sulke gevalle te make gekry terwyl ons berading gedoen het onder mense wat van satanisme wil loskom.

    Die verskil tussen MPD gevalle en die skisofreen is dat die MPD 'identiteit' geheel en al die persoon van die lyer oorneem, en so is dieselfde persoon in sy MPD ervaringsspektrum, eintlik veelvuldige verskillende persone - selfs hulle mannerismes en spraak verander. en dit gaan gepaard met geheueverlies  ten aansien van die optrede van die verskillende 'persone' - dit is juis die verklikker. By die skisofreen kom dit nie so voor, nie. Die skisofreen sal staan en praat met sy ander 'persoonlikheid' maar nie oorgaan in daardie 'persoon', soos die MPD lyer, nie.

    Ons het ook met gevalle te doen gekry waar die MPD lyer se een identiteit - ook skisofreniese persoonlikhede het, wat met daardie persoonlikheid van haar, ingemeng, het. Sy was vir bykans 20 jaar intensief betrokke by satanisme. Een van haar 'persone' was juis 'n heks, met naam an al. Dan manifesteer 'n ander een van die 'persone' by haar wat dan weer nie eens bewus is van die heks, nie... jy het geen idee hoe swaar sulke mense kry, nie - en hoe verskillend dit van skisofrenie, is, nie.

    By die skisofreen, is dit dieselfde persoon wat sy identiteit behou, maar hy 'word bewus' van meerdere ander 'persoonlikhede' wat met hom interaksie het, nie oorneem nie, maar interaksie het - hy 'verander ' dus nie in die ander 'persoon' soos in die geval van MPD, nie.

    En, die enigste effektiewe manier hoe die mense bevry word daarvan, veral MPD, is by wyse van intersessiewe gebed. MPD is 'n besonder ernstige toestand en die lyers daarvan kry bitter swaar. - dit kom baie dikwels by mense voor wat baie ver gevorder het met satanisme.

    En natuurlik sal jy nie van die krag van gebed kan getuig nie - jy weet dan daar niks van nie - jy is dan 'n ateïs! En so praat jy net vir jouself en ander soos jy, wanneer jy jou opinie daaroor weergee.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top