Jaco Fouché

Jaco Fouché is skrywer van die roman Die Ryk van die Rawe (1996) wat met die Eugène Marais-prys bekroon is en ’n finalis was vir die M-Net Literêre Toekenning, die kortverhaalbundel Paartie by Jake’s (1997), Die Avonture van Pieter Francken (2005), Twee Dae in Mei (Julie 2007) waarin hy ’n greep neem uit die lewe van ’n handjie vol lede van Alkoholiste Anoniem in Bellville – aangewese op mekaar in hulle daaglikse stryd om ’n waardige bestaan, en elk tog in laaste instansie op sy of haar eie. Sy meer onlangse boeke sluit in Skrywersblok (2009), Ed van Inligtingstelsels (2009), Die Gryslandverblyf (2010), Verstevlei (2013) en Siobhán van die sirkus (2014).

Foto: Christine Cronjé

Die geskiedenis van die wêreld | Wetenskapfiksiekompetisie

Jaco Fouché Fiksiekompetisies 2023-12-07

"Tot ek die ander tweeletterwoord raakloop. Jy. En steeds antwoord jy nie. Steeds doen ek my plig."

Die enigste noemenswaardige verhaal

Jaco Fouché Skryfwerk 2022-08-03

"Plotgedrewenheid kelder partykeer storieboeke."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Jaco Fouché se kortverhaal oor vriendskap

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skole 2021-10-29

"Sosiale interaksie is baie dikwels pynlik, veral vir eenkantkinders en -mense wat nie aan algemene verwagtinge voldoen nie, of dit nou op grond van voorkoms, fisieke swakheid, skugterheid is. Genadiglik word ’n mens groot en kry jy meer seggenskap oor jou bewegings. Miskien kan in die klas gepraat word oor gewildheid."

Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2021-09-28

"Ek hou van vervulde mense en ek het baie respek vir ambisie en prestasie. Maar aan die rand van die samelewing kom jy op ’n hart af wat jy nie in gegoede kringe aantref nie." 

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Books and writers 2021-04-22

"Why write? Because you (as a reader yourself) know all about the joy that a reader finds in a good book. You want to replicate that joy, be responsible for it. A book is a hand reaching out, sometimes to communicate, sometimes to offer comfort, sometimes to outrage."

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2021-03-17

"Skrywers reageer op hulle onmiddellike omgewing. In ons onmiddellikheid is daar ’n pandemie. Ons gaan daaroor skryf. Is daar nie ’n pandemie nie, maar ’n dreigende burgeroorlog, of kulturele droogte, skryf ons oor daardie stel omstandighede."

Katmens

Jaco Fouché Poësie 2021-02-17

"Dit kom by my op 
wanneer ek my bril neersit 
en my elfuurtee drink ..."

Aanspreeklikheid: ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2020-08-26

"Dit moenie nodig wees vir ’n skrywer om te sê: Ek is nie soos die karakter nie. En terselfdertyd is jy natuurlik inderdaad soos daardie maaksel van jou. Jy plaas jouself in die vel van iemand wat seker boos is. Jy lig jou eie boosheid na die lig en staar deur die dun porselein na die son."

Musiekonderhoud: Jaco Fouché in gesprek met Albert Frost

Jaco Fouché, Albert Frost Musiek 2020-06-15

"Ek werk elke dag in musiek en nie altyd aan musiek nie – dit is hoe die bedryf werk."

Magda

Jaco Fouché Fiksie 2020-06-08

"Sy kom tegelyk waaksaam en verwond voor. Haar boesem en heupe verleen iets vorstelik en byna onvanpas sensueel aan haar. Dis die soort gedagte wat ’n mens oor jou tannie kry en dadelik doodtrap."

Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”

Jaco Fouché, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-06-08

"Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs."

Die liefde

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"So staan jy onder die stomme kaart,
rekord van stasis en van vaart."

Satori in ’n hap soja-mince

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"Ruik die diep asem van die fabrieke
hoor die knars van die metaal in die oes
my kake wil my van die binnekant af
opvreet."

Middagete

Jaco Fouché Poësie 2020-05-25

"Dis Soetkloof se patat, julle ry verby die lande
op pad die berg in waar die seun hom daardie jaar doodgeval het."

Die middag toe die wyn gesteel is

Jaco Fouché Poësie 2020-05-19

"Die middag toe die wyn gesteel is
het die son ’n halfmaan deur ’n hoë venstertjie gepars"

Top