Katmens
Dit kom by my op
wanneer ek my bril neersit
en my elfuurtee drink
dat wanneer die kat deur die venster glip
om sy geheimsinnige togte te onderneem
en die dier met die terugkom
’n voëlkarkassie aan my voete lê,
gaap en hom in die stoepson uitstrek
asof hy nooit êrens heen is nie –
niks anders oorbly as dankbaarheid nie dat daar midde-in
my tam, geloogde, beperkte, geordende lewe van 53 jaar
nog die belofte van ’n elementêre wildheid lê,
bruisend, fier en rats,
’n mag so natuurlik dat geen wet of regulasie
dit kan beheer nie.
Gedenk tog die voëls wat sterf
wanneer katte snags gaan swerf.
Kommentaar
Genugtig, dié lees dan eerder soos die vers van 'n voorste digter.
Uitstekend!
Applous. Vir kat en mens. Veral vir die katmens. Dankie.