Middagete
2020-05-25"Dis Soetkloof se patat, julle ry verby die lande
op pad die berg in waar die seun hom daardie jaar doodgeval het."
Die middag toe die wyn gesteel is
2020-05-19"Die middag toe die wyn gesteel is
het die son ’n halfmaan deur ’n hoë venstertjie gepars"
Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Jaco Fouché
2020-01-29"My verhaal se verteller is ’n ontnugterde vrou. Dit gaan nie goed in haar huwelik nie en sy moet die nuus aanvaar dat haar man ’n affair het."
Somer deur Jaco Fouché: ’n onderhoud
2018-03-28"Dis ’n volwasse seisoen en terselfdertyd verkneukel jongmense hulle daarin – al die ure in die water; warm, laat aande met braai en die wyn wat hulle ontdek kort voor hulle moet gaan studeer of werk. Dis vir my ’n tyd wat hartseer voorafgaan."
Elegie vir ’n sterfling
2017-09-07"Stomme Yukio van die jonge masker,
Slinkse Mishima die selfdoodmasjien,
Bedryf ’n eg Japannese plot."
Rooi son
2017-08-22"Hy het na die restaurant om ons beduie, die kerse in die papierlanterns, die bamboesplantjies, die afdrukke van Japannese skilderye wat ek toe besef het moontlik nagemaak is. Teen ’n muur was die Japannese vlag met die rooi son daarop. Dit het meteens vreemd in Suid-Afrika gelyk."
Tora
2017-06-22"Tora is tier en tier is moed, vertel my man my. Ek skenk nie aandag nie. Ons is in Tokio. Dis al maande."
Herfsmiddag
2017-04-04"Wanneer honde blaf,/ kalmeer dit gemoedere:/ iets, iemand, is nog aan die waghou."
Soutrivierstasie (soos onthou uit 1997)
2017-04-04"Verdra my herfsherinnering,/ my teenwoordigheid daar op Soutrivierstasie,/ waar die son bottergeel verblind/ voor dit ondergaan asof vir oulaas."
Op ’n skemeraand so koel soos trane
2017-01-11“Haar gesig was goedhartig, ’n stoel by ’n vuur,
Haar lyf nou slank: chef de partie op dieet.”
Mens
2017-01-11“Wat is verkwisting as dit nie hierdie vrees om elfuur in die aand is nie?
Wat is vrees as dit nie oor verlies gaan nie?”
Op hierdie mense en dinge, dan
2016-11-28"Op die deurnaggeselser, die slow dancer met die jean wat afsak, die gapende kroegmeisie."
Vir ’n sterfling
2016-11-28"Nou aan die einde van ’n lewe
vol swoeg en sonde
moet jy die drumpel oorsteek ..."
Lees: ‘n Poort na die doel van die lewe
2016-10-18"Waarom beteken die boek nie heelwat vir sommige ander nie?"
Student, waardeer jou studie
2016-09-02"Nog ander besef dat die punt van opvoeding nie sosiale bevordering is nie, maar doeltreffender denke, die verbetering van die wêreld. Dit sal sekerlik doeltreffende denke verg om die kwessies van hierdie seminaar op te los, die wêreld te verbeter."

