
Fotobron: Canva
Stoof tussen my by die tafel en die onderdeur
Hittewalm bo plaat verwring my uitsig
oor dofgroen wingerd in die vaal son en
(veraf)
die koel wit vere van die besproeiing teen die donker kop
Eet skaapvleis, gemengde groente, soetpatat
bedaarde kommentaar van Ma af:
"Dis Soetkloof se patat, julle ry verby die lande
op pad die berg in waar die seun hom daardie jaar doodgeval het."
Die nuus ontstig my.
Ek is bang die Voorsienigheid het ’n groter sin vir humor as ek...
Langs my sit my vrou. "Is jy oukei?" vra sy onderlangs.
Hoe anders is die lewe wanneer ’n mens getroud is.

