Die middag toe die wyn gesteel is

  • 0

Fotobron: Canva

Die middag toe die wyn gesteel is
het die son ’n halfmaan deur ’n hoë venstertjie gepars

Hy was maer en treffend en ernstig
gloeiend in sy bruin klere en die laphoed
ek dink hy het sy volgende stap oorweeg
want dit was tog sy beste werker

Dit het gelyk of hy hard nadink,
hy was sekerlik teleurgesteld ─ sy kinders
speel met die werker s’n na skool
in die wingerd en by die kraal
agter die kelder waar die twee van hulle
snags by die kuipe en tenks werskaf

Toe het hy my opgemerk en gevra:
"Wat maak jy in my kelder, skrywer?"
Ek het gesê ek onthou ’n ou verhaal,
sommer iets nietig wat ek gelees het
en hy het by die dubbeldeure uitgeloop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top