
Fotobron: Pixabay
Satori in ’n hap soja-mince
Ruik die diep asem van die fabrieke
hoor die knars van die metaal in die oes
my kake wil my van die binnekant af
opvreet.
Son teen so ’n hoek bo die horison ontplof
bloei oor die somber stadskap
maak my (Lord knows) mismoedig
ek weet.


Kommentaar
Pragtig om die mooi taal so te kan skryf, klank en die woorde hoor!