Jaco Fouché

Jaco Fouché is skrywer van die roman Die Ryk van die Rawe (1996) wat met die Eugène Marais-prys bekroon is en ’n finalis was vir die M-Net Literêre Toekenning, die kortverhaalbundel Paartie by Jake’s (1997), Die Avonture van Pieter Francken (2005), Twee Dae in Mei (Julie 2007) waarin hy ’n greep neem uit die lewe van ’n handjie vol lede van Alkoholiste Anoniem in Bellville – aangewese op mekaar in hulle daaglikse stryd om ’n waardige bestaan, en elk tog in laaste instansie op sy of haar eie. Sy meer onlangse boeke sluit in Skrywersblok (2009), Ed van Inligtingstelsels (2009), Die Gryslandverblyf (2010), Verstevlei (2013) en Siobhán van die sirkus (2014).

Foto: Christine Cronjé

Die Skepping is ’n werk-in-wording, Kobus

Jaco Fouché 2012-06-13 ’n Psigiater het my verseker die okkulte bestaan.

Skisofrenie

Jaco Fouché 2012-06-08 Skisofrenie is waarskynlik nie wat Leon onder lede het nie.

Erika Terblanche se skrywersalbum

Jaco Fouché 2012-05-21 Erika Terblanche verdien toekennings vir haar werk aan die ATKV-skrywersalbum.

Picador blurb: Jaco Fouché

Jaco Fouché 2012-05-11

Boekedag 2012: Jaco Fouché kies 'n karakter

Jaco Fouché 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

’n Bietjie kranksinnigheid – Jaco Fouché gesels oor sy GAR-manuskrip

Jaco Fouché, Bibi Slippers 2012-03-20 Jaco Fouché vertel vir Bibi Slippers waarom Ingrid Winterbach kop en skouers bo ander skrywers uitstaan, en waarom hy reken daai Shakespeare ou gaan êrens kom in die lewe.

A man after God's own heart

Jaco Fouché 2012-03-05 Cowardly treachery as well as murder ...

LitNet Akademies-resensie-essay: Die boekspeurder as buitestander

Jaco Fouché 2012-02-16 Met die publikasie van die boek Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder (2011) het die joernalis Hanlie Retief ’n (werklike) figuur die (fiktiewe) wêreld van die lettere ingedra en so aan hom byna mitiese statuur verleen. Dit gee aan die belangstellende leser die geleentheid om hom met ander mitiese speurders te vergelyk.

Die Blues Broers – Uit die bloute

Jaco Fouché 2012-02-14 Só gebeur dit dat Maggie Nagel, wat met die bemarking van die Blues Broers gemoeid is, een middag op ’n stoep in die Boland ’n CD aan my vrou verkoop.

’n Geleentheid soos dié

Jaco Fouché 2012-02-06 Die yskas is wit en laer as Jan se kop. Eileen sê: “Ek sal lekker maklik bo-op kan bykom.” Dis ’n Wyness. Die naam is sigbaar op die winkelvensters wat op die supermark uitkyk.

Victor Matfield se reis ’n metafoor vir die lewe

Jaco Fouché 2012-02-01 Matfield vertel die hele verhaal, van hoe hy as kind deur sy pa gebrei is om sterk te raak vir sport, hoe hy op skool begin uitblink het, ook in krieket, maar gereeld uit die span of posisie gehou is waarvoor hy gewerk het, hoe die patroon hom in sy studentejare en jong volwasse lewe herhaal het.

’n Gevoel vir ’n man

Jaco Fouché 2011-12-13 Die werk is by die kerk. Sy is vier-en-vyftig. “Geen afhanklikes nie?” vra die pastoor. “Nee.” Sy sê nie sy het twee verhoudings beleef waarvan een byna tot ’n huwelik gelei het nie. Dis lank terug. “As jy die ergste las van my kan afhaal tot dit somer is, help dit.

A crucial connection

Jaco Fouché 2011-11-29 I was worried. Two months into my new job I had to admit I couldn’t do it. The job was selling water-related apparatus – high-pressure pumps, pH meters, conductivity meters, water filters, spraying nozzles, that sort of thing. Before that, I was in ...

Barend Vos se ’n Dorp soos Silwer Streams vat die platteland aan

Jaco Fouché 2011-11-29 Toe ek die resensiekopie ontvang en agterop lees die boek is ’n “literêre debuut”, wou ek vra vir wat ’n dominee-skrywer wat waarskynlik heel goed vaar met sy kontreivertellings en Bybelromans wil oorloop na die dark side. Dáár hou skribbelaars ...

Jaco Fouché oor David Kramer

Jaco Fouché 2011-11-23 Dis nou een mens wat met enigiemand sal gesels, by almal blykbaar ewe gemaklik is en ’n bydrae lewer wat tot ’n wye gehoor spreek.
Top