Boekedag 2012: Jaco Fouché kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Castle in Graham Greene se The Human Factor, wat in die sewentigs verskyn het. Castle werk vir Engeland se intelligensiediens, maar is ook ’n dubbelagent vir Rusland. Dit doen hy omdat die Russe hom gehelp het om sy swart vrou uit apartheid-Suid-Afrika te smokkel. In Engeland woon hy saam met haar en haar seun en probeer ’n goeie gesinsman wees, maar hy is iemand wat in ’n onmoontlike situasie vasgevang is en uiteindelik bly net defeksie na Rusland vir hom oor.

Mense skryf oor Greene se politieke bewustheid en teologiese oorwegings, maar waar dit kom by bloot iemand in ’n goor situasie beskryf, verbeter niemand op wat hy doen nie. Die leser kry nie juis leiding oor hoe om uit so ’n situasie te kom nie, maar die magteloosheid en kommer van die karakters lyk so bekend. Jy lees Greene en dink: dis presies hoe die lewe is. Wat presies die aantreklikheid dan is? Dis die bevestiging van wat jy self meen.

Jaco Fouché is ’n skrywer. Sy volgende boek, Verstevlei, verskyn in April 2013 by Human en Rousseau. Lees Bibi Slippers se onderhoud met Jaco oor die Groot Afrikaanse Romanwedstryd hier.

 

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top