Die liefde

  • 0

Fotobron: Canva

Die liefde

Hier pryk jy in my heldinnesaal,
jou hart vol troos maar jou letsels kaal.
So staan jy onder die stomme kaart,
rekord van stasis en van vaart.
Daar het jy saam met my gewaad,
deur water en deur vuur,
Ons, vir die liefde en die stryd gedoop,
moes die wapenrustings in ’n pennielose uur
verkoop.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top