Dagsê Varkspek
Dit lyk my ek het die storie nie mooi oorgedra nie. Wat ek sê is dat, soos SêNet nog tot onlangs toe bedryf was, dit as 'n superblog beskou kon word. Terwyl die Sê besig was om te kwyn het van redaksionele kant (ek kan nie onthou wie nie) blogs propageer; vir ons vertel dat dit klopdisselboom gaan wat betref die blogs, menings word uitgeruil, daar is warm besprekings, die soort van ding. Ek het die idee gekry dat iemand wil hê blogs moet die briewekolom (SêNet) vervang (minder werk?).
Na my mening kan blogs nooit op dieselfde manier werk nie. Daar is byvoorbeeld nie 'n manier wat ek, sê Francois Williams, se blog sal besoek nie. Waar hy egter op SêNet, 'n meer openbare vorm, sy menings uitspreek sal ek daarop kommentaar lewer vir ingeval iemand nie besef hy't die kat aan die stert beet nie.
Ek sê dus SêNet wás 'n superblog. Hulle het egter die vorige formaat laat vaar vir die oneffektiewe kommentaarblokkies onderaan 'n brief, iets wat jy net per ongeluk, of met moeite, raaksien. Dis nogal jammer.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Ek stem saam, Jan