Beesstert vir Duitswester

  • 4

Hoor nou mooi, vergeet van almal wat vir jou gaan sê gooi hom in 'n stoompot, of kook hom met rooiwyn. Die wyn sskink jy vir jouself in 'n glas soos jy kook. Maak soos ek sê, en ek waarborg resultate.

Koop twee pakke beesstert
Braai 3 groot uie in bietjie olie
Gooi beesstert in pot, en roer en braai 'n rukkie. Sodra dit begin vasbraai (dis mos lymerig), dan gooi jy by:
Platterige teelepeltjie kerriepoeier (dit moet glad nie na kerrie smaak nie, maar glo my, dit moet in)
Mengsel vloeistof, wat jy so aanmaak.
Skep een groot lepel heuning in maatkoppie van 250 ml (mediumrige koffiebeker)
Gooi tot half met buin druiwe-asyn (Nee, nie balsemic nie!)
Maak koppie vol met een lepel chutney en 'n squirt tamatiesous
Lourierblare
2 gekapte piesangs (Ja, dit moet in)
Lekker lepel sout
Verder niks. Niks water, niks anders.
Kook vir 2 - 3 twee ure, roer kort-kort aan die begin, en aan die einde.

Lekkerste op stampmielies, maar jy kan lekker stickyrige rys ook maak.

Dan laat weet jy my hoe dit gesmaak het!

MaanKind

 

  • 4

Kommentaar

  • Ek wag geduldig! Dis regtig heerlik! As daar sous oor is, eet die volgende dag vir brekfis oor mieliepap!

  • Maankind, die koppie is nou halfvol met druiwe-asyn en die lepel heuning.  Maak een lepel blatjang en 'n skeut tamatiesous die koppie vol?  Kom die lourierblare en die piesangs ook in die sous of gooi jy dit in na jy die sous ingegooi het?

  • Jan Rap, ek hoop jy het intussen die koppie volgemaak met chutney en tamatiesous, en die piesangs agterna ingesit. Jammer oor die onduidelikheid. En kook dit nou!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top