Mans wat kos maak

  • 0

Ek sien Enjee loop op dun ys. Hy krap waar dit nie jeuk nie. Ek het ook altyd gedink al wat ’n vrou in die huis moet sien is die "zink" en die "ceiling". In dieselfde asem kan ek noem dat dit ook die rede is dat die bruid wit moet dra, want alle "appliances" kom in wit.

Dit het lank gevat voor vrou my gevat het. Ek het myself maar leer kos maak. Ek moes, anders het ek gevrek van die honger. Om te braai is werklik die man se werk. My vrou het eendag die foutjie gemaak om lopende kommentaar te lewer terwyl ek braai. Pasop daar's vlamme, pasop die kole is te warm, pasop om die vleis te brand. Ek roep haar toe nader en gee vir haar die braaitang, en sê vir my pel ons gaan sit in die huis en lewer kommentaar. Dit was die laaste.

Die bykosse kan man ook maak. As ek braai, eet ek vleis en pap. Partykeer vergeet ek ook om te eet, is te besig om die glase vol te hou. Ek was al by braaie waar die manne wragtag nie eers omgee of hul vrouens of metgeselle ’n dop het nie. Ek het al voorheen op die forum gesê dat ek ’n lesbiër is, maar die ander lesbiërs hou nie van my nie. Ek het hulle niks gedoen nie, maar hulle is altyd half nors en knorrig met my.

Ek maak gereeld kos. Ek hou daarvan en niemand het nog gesê dat ek liewers net dop moet ingooi nie. Ek ruil nie resepte uit nie want ek verklap nie my geheime nie. Ek kan my eie pasta maak en eet nie sommer in ’n Italiaanse restaurant nie want ek eet genoeg Italiaanse kos. Ek eet as ’n reël nie baie uit nie want dit is lekkerder om te onthaal.

As jy lekker resepte of goeie wenke soek, kan jy my gerus kontak. O, om vir iemand te kook werk baie beter as ’n duur restaurant. Ek stem saam met wat Braam Kruger wat gesê het. Hoekom gaan uiteet en dan met ’n vol pens die "girl" te probeer omdop. Bly by die huis. Dop haar eers om en dan is julle lekker honger na die tyd. Daar is niks groter aptytwekker as ’n stoeitjie nie. LW stoei.

Groete,
Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top