Reënboognasie

  • 3

Ek het die afgelope naweek die groot partytjie in Engeland op TV gevolg en ek het finaal tot die slotsom gekom dat die gedagte aan ’n reënboognasie in die RSA ’n pypdroom is.

Ons Nasionale Simbole, naamlik die vlag en volkslied word deur ’n aansienlike deel van die inwoners van die RSA nie respekteer nie. Wat anders kan ons in die RSA doen om die verskillende kulture en bevolkingsgroepe in eendragtige vreugde [soos ons die afgelope naweek op TV gesien is] bymekaar te bring?

Myns insiens, het ons nie eers ’n simbool of enige ander onderwerp waarmee ons die Afrikaans sprekendes in groot groepe bymekaar kan kry nie. Ons taal, jammer om te sê, word deur ’n menigte taalgenote vertrap omdat hulle geen moeite doen om dit ordentlik te praat of te skryf nie.
Die moontlikheid van ’n taalfees is dus ook buite die kwessie.

Dit het my hartseer gelaat om te sien hoe ’n volk saam fees kan vier en in ons land kan Afrikaners nie eers in relatief klein groepe bymekaar kom nie. Dit lyk vir my of ons beperk is tot byeenkomste van gesinne en familie.

Enjee

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Erger nog Enjee; hoeveel van ons Sportmal-Coca-Cola-Anglo-en-Amerika-Protestante-Kapitalis-Afrikaners in hul dom gekondisioneerde aanbidding van bo blink en onder stink, gee 'n hel om of die Ingesle kwien ooit eens in die volgende sestigjaar verskoning sal vra vir die volksmoord op ons Boere vroue en kinders? - bliksems ...

  • Nee sy sal nooit om verskoning vra nie, vir haar soort is die Afrikaner en alle, alle, ander nasies 'n "untermensch"

    En na alles wat die Afrikaner se voorouers deurgemaak het om 'n land te hê gee die Afrikaner sy land weg, hy het gekies om 'n gehate, onbeskermde "squatter" te word en 'n slaaf om reg te maak wat die nuwe base afbreek, soort van 'n "maintenance" slaaf.

    Iesh, ek verstaan nie die wanbegrippe van die blommekinders/reënboogkinders nie.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top