Leon, kry vir jou medikasie

  • 9

Medikasie bly steeds die beste manier om ’n psigose gou onder beheer te kry. Later kan dan aandag gegee word aan die verlaging van die dosis en om vir jou bykomende ondersteuning te kry. Moet jou nie steur aan de Klerk se gebrabbel nie, hy weet niks en wil nou weer die hele saak ’n religieuse aanslag gee.

Ek skryf hierdie onder die veronderstelling dat jy en jou probleem eg is en nie ’n verbeeldingsvlug van de Klerk self of iemand anders nie.

Joanna Montcrieff het wel ’n punt beet, maar alle medikasie het newe effekte as dit nie reg gebruik word nie. Selfs aspirien en hoesstroop het slegte bywerkings, veral in hoë dosisse. Van die bywerkings wat De Klerk noem is seldsaam, ander is gering en baie is dosisverwant. Die dokters doen ook nie die ding altyd reg nie, hulle behoort na ’n tyd die dosis stadig af te bring na die minimum wat nodig is om die toestand te beheer. Dan moet hulle ook van tyd tot tyd bloedtoetse doen. Die terugvalle wat plaasvind wanneer medikasie onttrek word is nie die medikasie se skuld nie, maar omdat die persoon ’n ernstige toestand het, of die ontrekking word nie geleidelik gedoen nie, maar skielik. In party gevalle is die pasiënt se toestand so ernstig dat volgehoue hoë dossise nodig is.

Die medikasie werk, en dit is ’n aanduiding dat die siektes wel deur chemiese probleme in die brein veroorsaak word. Navorsing het dit ook al aangetoon. Daardie nar moet asseblief vir ons verduidelik waarom die middels werk as die oorsaak dan spiritueel is!

Ek het twintig jaar by die destydse Department van Gesondheid gewerk en was nou betrokke by die streeksaptekers (hulle doen inspeksies by apteke en klinieke). Ek het gereeld insae gehad in hul farmakopee, navorsingstukke en die MIMS. Ek besit nog altyd ’n MIMS, my dokter het onlangs weer vir my ’n nuwe uitgawe gegee. De Klerk sal dit nie kan lees nie, dit is bokant sy vuurmaakplek.

Groete,

Varkspek

  • 9

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Dit is toe na alles nie ‘de Klerk’ se ‘gebrabbel’ nie, maar deskundiges se opinies wat deur ‘de Klerk’ aangehaal is, sommer heelpaar daarvan, wat jou weerspreek. Waarin lê jou 20 jaar ondervinding? ’n Stoorman, dalk? ’n Rakpakker, dalk? Of die hoof navorser of apteker, dalk? Waarom daardie inligting verswyg? Jy is nou soos die ou wat vir ’n ander ernstige siek man sê “trust me, I know someone who knows a doctor – do this, do that…”

    Maar dit is duidelik dat jý jou MIMS (’n gids van farmakologiese preparate vir voorskrif deur geneeshere) nie kan begryp nie, maar mense soos Montcrieff wél die vermoë het om te doen – met jou MIMS in die hand laat jy my verál dink aan die ou wat iemand ken wat iemand ken wat ek hierbo vir jou aanhaal. Ons sien mos hoe julle sukkel met Spiritualiteit, al het julle die Bybel in die hand – die Bybel doen vir jou niks, dit is die Goddelike insig in wat in die Bybel geskrywe is, wat julle kortkom – so ook maar met jou MIMS.

    Nee, wat, Varkspek. Jy sê “…Montcrieff het wel ’n punt beet, maar…” Maar wat? ‘Maar’ jy wil bietjie ignoreer wat sy sê? Óf jy het nie Montcrieff se artikel gelees en haar kwalifikasies nagegaan, nie, óf jy verstaan nie wat jy lees, nie (waarskynlik, weens jou ingewortelde vooroordeel) óf jy steur jou net eenvoudig nie aan deskundige waarskuwings nie (net so waarskynlik, want julle agnostici hier is berug daarvoor dat julle praat waarvan julle nie weet nie ten spyte van kundiges wat kundigheid tot jul beskikking stel en glo julle boonop dit wat onmoontlik is en fataal bevooroordeeld is teen enigiets wat waar is wat julle selfdesepsie sal ontbloot), dus so ’n kombinasie van bogenoemde.

    Montcrieff se punt is juis dat die atipiese antipsigotiese medikasie meer skade doen as goed en uiteindelik NIE WERK NIE en dat die dosisse boonopalgaande VERHOOG moet word teenstrydig met wat jy kwytraak – en sy is mos nie alleen nie – het jy die skakels nagevolg? Het jy prof. Nash, ’n beroemde eerstehandse getuie in daardie verband, se getuienis oor die neerdrukkende effek en oneffektiwiteit van die antipsigotiese medikasie nageslaan? Is jy blind en doof daarvoor dat jy oraloor weerspreek word (tipiese agnostiese kwaal), behalwe deur diegene wat ’n persoonlike belang en gemaksone het om te beskerm – nes jý?

    Montcrieff beskuldig ook nie, soos jy (julle agnostici beskuldig moes altyd iemand anders want julle kan juis nie verantwoordelikheid aanvaar, nie), dokters daarvan dat hulle nie weet hoe om voor te skrywe nie –
    Montcrieff se kritiek teen die medikasie staan op eie bene en gaan oor die inherente oneffektiwiteit van die medikasie gepaard met die potensiële ernstige nadelige newe-effekte daarvan. Ek het nie nodig om hierdie middels by name te noem, nie.

    As jy werklik iets geweet het van die newe-effekte van die medikasie, sou jy ook geweet het dat die psigiaters ondersteunende middels moet voorskryf juis om die newe-effekte van die atipiese antipsigotiese medikasie te probeer verminder maar dat dié teenmiddels óók ten minste ongemaklike newe-effekte kan hê. Dit is ’n bose kringloop sonder optimistiese langtermyn prognose.

    As jy insig gehad het, sou jy ook besef het dat, juis oor die pessimistiese langtermyn prognose, die psigose nié chemies van oorsaak is, nie (dit is darem mos voor die hand liggend want anders sou die chemiese medikasie kuur bewerkstellig het vir die chemiese oorsaak, wat mos juis nié gebeur, nie) maar wel spirituele oorsaak het wat chemies manifesteer – jy self is die prooi daarvan, maar jy is insigloos oor die oorsaak en gevolge daarvan vir jouself en ander soos jy. Daarom onderdruk die chemiese medikasie net die chemiese simptoom, maar ondertussen vererger die spirituele oorsaak wat spirituele medikasie behoef, maar nie kry, nie (Mattheus 9:11-12 - julle weet nie hoe nie, weens deabiliterende vooroordeel en gepaardgaande onkunde en gebrekkige insig).

    Dus, die skelname en gekruide byvoeglike naamwoorde wat jy my probeer toevoeg, is eintlik vir die gekompromitteerde mens voor jou in die spieël.

    Plaas dat jy die spirituele kuur ondersoek, behóórlik ondersoek, voor jy dit uit onkunde probeer afskiet…

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Hahaha, .. . soos daar toe voorspel is spring die werf se parakundige en kitsnaslaanmeester se spirituele intelligensie aan't werk en siedaar; die ou grote 'de Klerk' is nes die ou wat vir ’n ander ernstige siek man sê “trust me, I know how to Google – do this, do that…” 

    'de Klerk' gee eenvoudig nie 'n duit toe aan die feit dat hy Leon verkeerdelik as skisofrenies diagnoseer nie (lees meer omtrent die ou grote Kobus se verwaande kwasi-drogma hier -https://www.litnet.co.za/Article/werklikhede-omtrent-psigoses-en-skisofrenie-en-die-behandeling).  

    Nee, 'de Klerk' het besluit dis skisofrenie, en met skisofrenie as gedwonge onderwerp kan die werf se staande sensasie dalk nog 'n hele paar harte verskeur - wie weet? ... en dalk 'n boek oor homself op die rak laat land!  

    Maar alvorens ek sy voortgesette gewetenloosheid ('n erge psigose) in die lig gee, wil ek net noem dat John Forbes Nash glad en hoegenaamd nie eens 'n sielkundige of medikus is nie.  Hy is 'n pasiënt wat as voorbeeld dien in "evolusionêre sielkunde". Sy keuse vir die behandeling van sy eie skisofrenie is ligjare geskei van Kobus se fundamentele geloofsgenesing. Derhalwe, wie gaan nou by 'n pasiënt vir finale en gesaghebbende mediese hulp aanklop? (Nes Kobus de Klerk ook seker meen dat die beste regskundiges in die tronk sit of van die rol geskraap is).  

    Had Kobus maar die biografie van L Ron Hubbard en/of die beskouing van die Curch of Scientology geGoogle, dan sou sy getik verseker met meer gesag oor sy afgedwonge onderwerp gelees het. Wie weet, dalk doen die ou grote dit nog en verras ons met 'n 'volledige bydrae' oor die euwels van moderne medikasie en wetenskap aan die hand van Dianetics en Scientology (met selfs 'n bietjie van my steun daarby).  

    Maar nou ja, daar's min hoop ...  

    Nog 'n enkele versie uit Kobus se oorweldigende onsin hierbo: "Montcrieff (sic) se punt is juis dat die atipiese antipsigotiese (sic) medikasie meer skade doen as goed en uiteindelik NIE WERK NIE en dat die dosisse boonopalgaande (sic) VERHOOG moet word teenstrydig met wat jy kwytraak ..."

    Daarteen in Dr Joanna Moncrieff se eie woorde (... hel, ek kan ook mos Google ...): "Views about psychiatric drugs changed over the course of the 1950s and 1960s. They gradually came to be seen as being specific treatments for specific diseases, or "magic bullets", ... However, this transformation was not based on any compelling evidence. In my view it remains more plausible that they "work" by producing drug-induced states which suppress or mask emotional problems. This doesn't mean psychiatric drugs can't be useful, sometimes. But, people need to be aware of what they do and the sorts of effects they produce. If, on the other hand, we gave people a clearer picture, drug treatment might not always be so appealing. If you told people that we have no idea what is going on in their brain, but that they could take a drug that would make them feel different and might help to suppress their thoughts and feelings, then many people might choose to avoid taking drugs if they could. On the other hand, people who are severely disturbed or distressed might welcome these effects, at least for a time. People need to make up their own minds about whether taking psychoactive drugs is a useful way to manage emotional problems." (lees gerus meer hier - http://news.bbc.co.uk/2/hi/health/8138893.stm)

    Ja, Dr Joanna Moncrieff is toe glad nie so radikaal en fundamenteel soos onse Kobus de Klerk met sy selfgemaakte soort onderdrukkende en saamgeflanste Goolge-geloofsgenesing hipostateer nie.

    Ten einde meer omtrent die kersie op die koek, Kobus de Klerk se afgedwonge diagnose op Leon te lees - dis so; danksy Google meer daaromtrent hier in onse Moedertaal - http://myfundi.co.za/a/Skisofrenie_–_Oorsig.

    In direkte en feitelike teenstelling tot Kobus de K se verwaande veronderstellinge, enkele aanhalings daaruit: Skisofrenie is 'n ernstige siektetoestand wat tot uiting kom in simptome soos hallusinasies en delusies, wat normale aanpassing in die samelewing in baie gevalle onmoontlik maak. Die siekte kan nie genees word nie, maar met behulp van medikasie en terapie kan die simptome meestal onderdruk of beheer word ... Skisofrenie is nie dieselfde as "gesplete persoonlikheid" nie. Die media en onkundiges [soos onse eie KdK] gebruik dikwels die term "gesplete persoonlikheid" - 'n tipe "dr Jekyll/mnr Hyde"-omruiling van persoonlikhede as sinoniem vir skisofrenie. Die term "gesplete persoonlikheid" is verouderd en in onbruik, en kom min of meer ooreen met dissosiatiewe identiteitsversteuring. Dit is nie dieselfde siektetoestand as skisofrenie nie."

    Die werklike kompromittant op die end; die ou grote Kobus de Klerk (soos 'de Klerk' soms heel vermaaklik in sy eentonige en vervelige egotistiese waan na homself verwys). 

    Kobus se amigo in Adam,

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Jou behandeling van Nash se hantering van sy gevorderde paranoïese skisofrenie en ook Montcrieff se aanhalings wat jy plaas, is weereens maar aanduiding van waarom mense hulle (lánkal) hoegenaamd nie meer steur aan enigiets wat jy kwytraak, nie… jy is verstommend insigloos. Jy het wel leer lees, maar dit is waar dit bly. Begrip? Nie vir Kerneels, nie.

    Die res van jou ‘kommentaar’ is só deurspek met basislose kwaadwillige en onsamehangende snert dat dit geen kommentaar behoef om dit as sulks uit te wys, nie.

    Nash se getuienis is eenvoudig en op die punt – medikasie help nie en die skisofrenie  het nié ’n chemiese oorsaak nie – die chemiese middels het dinge vir hom spreekwoordelik ‘nag’ gemaak en hy het reggekom (in die sin dat hy dit kan beheer) deur die chemiese medikasie te vermy en die kwessie rasioneel aan te spreek op spirituele vlak (om spiritueel vaardig te wees, beteken nie noodwendig dat iemand in God glo, nie) – hy het nie gebid nie, maar dit op ’n ander manier onder beheer gekry – deur aanwending vans spirituele perspektief.

    Dan is daar Montcrieff se aanhalings deur jou – niks wat jy aanhaal van haar help vir jou stortvloed snert óf vir aanbeveling van die medikasie nie, verál nie die vetgedrukte gedeeltes, nie. Byvoorbeeld “… useful, sometimes …” ‘Useful’, in stede van ‘good’? ‘Sometimes’, in stede van ‘regularly’ of ‘always’ waar dit gaan oor behandeling vir ’n ernstige deabiliterende psigose? En dan natuurlik in die gedeelte wat jy nié in vetdruk aanhaal nie, daardie siedende kritiek van die kenner Montcrieff waar sy sê:

    “If, on the other hand, we gave people a clearer picture, drug treatment might not always be so appealing. If you told people that we have no idea what is going on in their brain, but that they could take a drug that would make them feel different and might help to suppress their thoughts and feelings, then many people might choose to avoid taking drugs if they could”.

    Wat sy dus sê, is, as die medici eerlik en openlik is oor die medikasie deur vir hulle pasiënte te vertel dat die medikasie niks vir hul toestand kan doen nie, dit nié kan kuur nie, maar hulle net laat ‘anders’ voel omdat dit hulle denk- en gevoelsprosesse onderdruk, dan sal hulle dit waarskynlik weier en dat dit waarskynlik net die erg versteurdes is wat desperaat genoeg sal wees om die middels te neem om net die simptome daarvan te onderdruk 'for a time' - dit wil sê, geen hoop op heling of langtermyn sukses, nie.

    Dit is wat Montcrieff eintlik sê uit jou eie aanhaling en dit ondersteun geheel en al die punt wat ek maak… Eerlikheid is mos m nie iets wat jy sal herken, nie…  maar hoe sou jy in jou eie toestand, dit nou kon insien?

    Terloops, waar in my artikel het ek na ’n ‘gesplete persoonlikheid’ verwys? Waarom insinueer jy dit? Maar jy kom vertel mos vir ons ’n sogenaamde ‘gesplete’ persoonlikheid en ’n skisofreniese persoonlikheid is nie dieselfde nie? Jy sal mos weet van sulke ‘persoonlikhede’, of hoe, hmmm? Ons het mos al oor hierdie dinge van jou gepraat in die verlede…

    Kobus de Klerk

  • Dag Leon,

    ek weet nie hoe jy oor geloofsgenesing ens voel nie. Ek stel voor jy vat die pille wat dokters voorskryf. Jy sien, G_d gebruik dokters ook.

    Beste

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Hel ou Kobus, hoe vervelig ... kom ons gee jou gedwonge onderwerp woema ... vertel jy dan self (as jy kan) hoe jy by Leon as "skisofrnies" uitgekom het ... as jy hoegenaamd die moed moed van jou oortuiging het!

  • Kobus de Klerk

    Ek het reeds gedoen, Cornelius! Maar niemand van ons verwag enige begrip op insig van jou nie.

    Lees Leon se laaste brief - daar bevestig hy dit alles - die simptome is almal daar beskrywe. Sy medikasie ten spyt (wat op sy eie weergawe bloot net die simptome onderdruk het ) sit hy steeds met die probleem.

    Wat vir my die ergste is, is dat jy en Duitswester - wat julle self as gelowiges uithou - beweer dat julle in 'n god glo wat nie kan genees nie? Wat hulpeloos staan in die teenwoordigheid van feilbare menslike dokters? Wat nie weet wat om te doen as mense bid vir genesing, nie?

    Skande! En so openbaar julle jul vir die ketters wat julle is. Julle dien 'n selfgeskepte god met die lippe, welke god net so magteloos en feilbaar soos julle self is (julle eie getuienis stel julle god nie hoër as julself, nie) en daarom kan julle self nie glo dat God tot genesing instaat is, nie - maar te oordeel aan julle reaksie op ware gelowiges se getuienis van die ware, almagtige God, is die god van julle jul eie versinsel.

    Beide van julle misbruik die Woord van God vir julle skandelike doeleindes!

    Die ware God, die HERE is almagtig en niks is by Hom onmoontlik nie - en juis waar die medici faal, daar gee Hy uitkoms, verlossing en genesing aan die wie werklik in Hom glo (Jakobus 1:6-7; 5:14-16; Lukas 10:8-9.)

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, dis maar soos altyd jou eie demoniese veronderstelling omtrent die werklikheid in ander se harte. Jy weet nie wat ek glo of nie glo nie. Jou duiwelsgeestigheid om ander met jou veronderstelde beterweterigheid te onderdruk, maak jou skoon waansinnig. Ek's eens met jou dat GEEN dokter of medisyne vir jou besetenheid gaan help nie. Mag Jesus Christus onse HERE, self genesing in ons harte bring en ons teen jou vervloeking beskerm. Jou amigo in Adam - Ekke.

  • Kobus de Klerk

    Jy is eens met my, Cornelius? Absoluut nie. Ek het met jou snert niks in gemeen, nie. Beterweterigheid? Jy is amper ongeneeslik jaloers en kleinlik, boonop. Kennis bemagtig, kan ek jou wel sê - maar kennis is mos ook jou vyand. Demonies? Besetenheid? Jy is natuurlik weer besig om jouself in die spieël te sit en bewonder.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Almal weet wat jy 'glo', Cornelius. Jy stort gedurig daardie snert hier uit. Het jy dalk vergeet of weereens tred met jou eie werklikheid verloor? Of is dit dalk een van jou ander 'persone' waarvan jy nou nie kennis dra nie? Pasop - daardie 'persoon' gebruik een van jou baie aliasse en skuilname.

    En ek sien jy sit weer met jou 'komplekse' persoonlikhede in die spieël en praat - so met die 'besetenheid' en al.

    Die 'werklikheid' van jou hart is vir algar om te sien, Cornelius, omdat jy dit gedurig hier uitblaker, onsamehangend en deurmekaar en aanstootlik soos dit is - en dit is beslis nie 'n mooi gesig, nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top