Met die oorlye van prof Phillip Tobias het ek weer eens besef hoe belangrik ’n gebrek aan spirituele intelligensie is want as hy wel oor sulke kwaliteite beskik het, was ons as land en die ganse mensdom baie armer gewees.
Prof Tobias was ’n uitsonderlike intellektueel en akademikus en kon drie doktorsgrade (sjoe, drie verhandelings!) en drie benoemings vir die Nobelprys agter sy naam skryf. Sy bydrae tot die verstaan van die ontwikkeling van lewe hier op aarde en meer spesifiek die ontwikkeling van die spesie Homo Sapiens uit voorloperspesies is merkwaardig. Hy was dan ook een van die vername dryfvere agter die totstandkoming van die “Wieg van die mensdom” as wêreld-erfenis terrein en kan met reg as een van die voorste denkers in Suid-Afrika beskou word. Dit alles kon hy bereik omdat hy onwrikbaar in die beginsels van die wetenskaplike proses geglo het en dit nougeset in al sy navorsing nagestreef het. Dit het die respek van wetenskaplikes oor die wêreld heen afgedwing en van hom ’n gesaghebbende en wêrelderkende spesialis gemaak.
Indien prof Tobias egter oor spirituele intelligensie beskik het, sou hy die skeppingsverhaaltjie in die Bybel letterlik opgeneem het (ja, die Jode glo ook daaraan – dis net die liewe Jesus-stertjie wat hulle met lang tande aan kou). Dit sou meebring dat hy sou glo dat alle lewe, soos ons dit nou op aarde sien, eensklaps so tienduisend jaar gelede deur ’n misterieuse skepper geskep is. Geen groot gate by Sterkfontein hoef daarvoor gegrawe te word nie en niks hoef bewys te word nie – heelwat makliker. As hy dit sou glo sou hy beslis nie eers een keer vir die Nobelprys benoem gewees het nie en sou ek nie vandag my tyd gemors het en hierdie brief geskryf het nie.
Prof Tobias ek is diep dankbaar vir jou gebrek aan spirituele intelligensie.
Thomas


Kommentaar
Dankie Thomas? — Prof Tobias is één van dié mense wat 'n baie belangrike invloed op my gehad het. En ek is saam met jou dankbaar dat hy nie aan spirituele intelligensie gely het nie.
Groete
Panda
Ai ou Thonmas, als is okei - behalwe dat prof Tobias 'n absolute toegewyde Jood was ... dus, sy Joodse godsdienstigheid het nes myne, NIKS uit te waai met jul strooipop oppie werf, die ou grote Kobus de K nie!
Ongelowige Thomas,
Dankie vir jou oningeligte en onkundige wereldse onderdanige opmerkings hierbo. Arme professor Tobias weet nou uiteindelik (en heeltemaal te laat vir hom) die Waarheid van die Evangelie van Jesus Christus ons Here - en dit na al sy lewenslange sinlose soeke na die mensgemaakte sogenaamde selfregverdigende (en terloops onbewysde - soos tereg deur Kobus de Klerk keer-op-keer uitgewys) "(on)waarhede" van die evolusieleer.
Maar helaas, dit is maar net die "apie sindroom" in jou (en diesulkes) wat sy (prof. Tobias) - en andere - se twak glo (let wel dit is 'n geloof onder die evolusie manne) en dit as sulks aanhang - so regtig gebrekkig, met al die "aananmes" die evolusie twak al oor en oor bewys is.
Gelukkig weet jy (en andere soos jy) van die Waarheid van die Evangelie van Jesus Christus ons Here - julle wil dit nou wel nie erken as die Waarheid nie - maar of jy (en andere soos jy) dit nou wil weet of nie - Dit Sal die Waarheid tot in alle Ewigheid bly!
God Regeer! Al die eer en verheeliking aan Hom Alleen!
Dolf
Dolf
Thomas,
Dis jammer dat Prof Phillip Tobias sy hele lewe moes wy aan iets wat nie bestaan nie, sy werk het niks opgelewer nie en het hy die helfde van sy lewe spandeer om ou fossiele op te grawe en nogals drie Nobelprys benoeming ontvang het daarvoor.Wat het hy nou eindelik daardeur bewys?Niks nie Thomas. Het hy miskien eninge oorgangs fossiele ondek wat die evolusie teorie bewys?Nee Thomas, weer maar net n’ klomp aanames .
Kyk na hierdie berig: http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-1263488/Missing-link-evolutionary-chain-resolved-new-species-discovered-cradle-humanity.html
Scientists discover 'missing link between man and apes'(Hier sê hulle dat dit gevind is ,n’ LEUEN)
While most finds are little more than scattered fragments of bone or teeth, the latest discovery is an almost complete skeleton. The bones were found in the Malapa Cave in the Sterkfontein region of South Africa by Professor Lee Berger, of Witwatersrand University in Johannesburg. The caves were made a Unesco world heritage site in 1994 after an almost complete fossil of a 3.3million-year-old(weer n’ leuen) Australopithecus was found there.
Professor Phillip Tobias, an anthropologist at the university, said that the discovery was a 'wonderful and exciting' find. 'To find a skeleton as opposed to a couple of teeth or an arm bone is a rarity,' he said. 'It is one thing to find a lower jaw with a couple of teeth, but it is another thing to find the jaw joined on to the skull, and those in turn uniting further down with the spinal column, pelvis and the limb bones.' The discovery, along with a number of other partially complete fossils, could now help scientists understand (dit sal hulle slegs help om hulle aanames te verstaan) how our ancestors evolved from the apelike Australopithecus, which emerged in Africa around 3.9million years ago(Die tydperk wat julle koppel is n’ klomp bog), to Homo habilis, the first human-type species which appeared around 2.5million years ago. (Volgens julle het dit ape 1.4 miljoen jaar geneem om in mense te verander, en spartel julle maar om die sogenaamde oorgangs fossiele in die 1.4 miljoen jaar te vind. Uit die honderd duisende fossiele wat al gevind is kon julle sleg dierlike en menselike fossiele vind, maar die oorgang daarvan geen.)
The skeleton, which will be unveiled on Thursday and has already been visited by the country's president Jacob Zuma, is believed to be an evolutionary intermediate between these two species.(Hier glo hulle die moonlikheid daarvan) It includes a pelvis and whole limbs which could reveal whether the new species walked upright or on all fours. Hand bones could also say how dextrous the species was and give researchers the first clue as to when humans' ability to hold stone tools first emerged.
Dr Simon Underdown, an expert in evolution from Oxford Brookes University, said: 'A find like this could really increase our understanding of our early ancestors.' (Kyk wat die Die “expert” Dr Simon Underdown kwytraak)
Thomas soos jy kan sien het die ou oom hom besig gehou met n’ klomp snert.Al wat bewys is, is die feit dat daar lank gelede (ook nie miljoene jare nie) mens en dier was (soos vandag nog) en dan voeg julle n’ klomp stertjies by. Die moontlikheid is groot dat liewe prof Phillip vandag by die Liewe Here is, aangesien hy lank op sy siekbed was voordat hy gesterf het. Mag dit so wees.
Thomas, intussen glo julle dat ons voorouers ape was en verafsku en verwerp jy die feit dat ons na die Beeld van God geskape is.
Noem jy dit uitsonderlike intellektueel?
Henry