Sjalom

  • 2

Kan ons moraliteit en betekenis in die mensdom verander deur gewoon bedag te wees waaroor ons onsself wil kwel? 

Verseker ... gewis ... en dis presies hoe dit is ...
Voor ek finaal die afgrond in wil ek nog ’n berg klim, in die see swem, ’n reënboogvissie in die waters van rus gaan vang ... als saam met my vrou en my dogtertjie beleef ...

“He who fights with monsters might take care lest he thereby become a monster. And if you gaze for too long into an abyss, the abyss gazes also into you.” – Friedrich Nietzsche

Ja, dis waar; iemand wat gedurig teen monsters baklei moet sorg dra om nie self een te word nie. En as jy te lank in ’n afgrond staar, val die afgrond weg in jou.
 Sodra ’n mens iets wat wesenlik anders as jyself is te goed leer ken, word dit onvermydelik ’n deel van jou - ten goede of ten slegte - dit maak nie saak nie. Selfs net ’n stukkie daarvan is genoeg om ander betekenis in jou lewe te bring.
So strook Friedrich Nietzsche se spreuk hierbo eintlik met die tweesnydende swaard van vrye wil in ons lewe.
Ons is almal vry om besorg te wees waarvoor ons wil. Die drang in hierdie keuse bring ’n persoonlike en morele betekenis in elkeen se eie lewe mee.
Maar meer gereeld as andersyds kom daar gedurig onverwagte en onvoorsiene wendinge as gevolg van ons keuses. Dit op sigself beperk ons veronderstelde vryheid.
’n Aanmekaar gebaklei teen blinde wangestaltes skep die gevaar dat ’n mens self uiteindelik in een verander (’n totaal onbedoelde en natuurlike gevolg van dit wat ons wou).

Die mensdom is vol verhale van helde se optrede teen die een of ander openbare euwel of misstand of ter bevordering van ’n verdienstelike saak waar die genesing toe veel erger was as die siekte self.

Daarteen; dit baat nie om te omsigtig of behoedsaam te wees in ons keuse waaroor ons besorgd wil wees nie. Die vraag waaroor ons oor besorgd behoort te wees, ken ieder geval geen antwoord nie.
Als is sonder betekenis totdat jy self kies om jou daarmee te bemoei. Te veel gedagte aan enigiets is gewoon ’n keuse om ’n verslaaf te raak aan betekenisloosheid.
Watse sin het dit?

Ja, en so roof elkeen hulself inderdaad van die doel in hul kosbare bestaan.
Mag Jesus Christus ons Almagtige Lewende God, self ons van die bose verlos en ons harte vertroos.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius

 

  • 2

Kommentaar

  • Mooi boodskap Cornelius, maak sin.  Een ongedierte waarteen mens wel moet veg is onregverdigheid; mens kan mos nie gaan lê as hierdie Ungeheuer rondloop en vernietiging saai nie.  Dit sou nou oulik gewees het as jy Nietzsche in sy oorspronklike Duits aangehaal het.  Een monster waarteen ons rerig weerstand moet bied is die opmars van Engels onder ons mense.  Let wel, die OPMARS van Engels; ek het niks teen Engels self nie.

  • Cornelius,

    Na aanleiding van jou opmerkings hierbo (en vorige skrywes), lyk dit vir my al hoe meer of jy moet ligloop dat die "monster van wereldsheid" jou nie klaar oorneem nie. 'n Soort van "blomme monster" (buite blink - onder stink) - 'n sogenaamde wolf in skaapsklere - 'n "live and let live" gekamofleerde monster - 'n "alles is reg en aanvaarbaar" monster - jy moet net "liefde" daaroor sprinkel dan is alles mos OK monster?!

    Nee wat, ou Cornelius - daar is net Een Waarheid - net Een Ware Evangelie van God - en dit is die Evangelie van Jesus Christus ons Here - soos in die Lewende Woord van God saamgevat! Jy is duidelik soekend en daarmee saam (dalk onwetend?) - deur jou "new age" multi godsdiens "all roads lead to Rome" soekende ideologie - bring jy die Waarheid van die Woord van God en daarmee saam, Sy Genade in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, in oneer - en so jouself in die (selfgeskepte) afgrond af.

    Maar ek het vir jou goeie nuus - jou soeke na sin kan vandag eindig - vat die Hand wat Jesus Christus (die Enigste Weg, Waarheid en Lewe) na jou toe uithou en vind ware liefde, betekenis en sin in jou lewe in God ons Almagtige Vader deur die versoening wat Hy bewerkstellig het in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here!

    Mag jy dit vandag werklik aanvaar!

    Vrede vir jou (en jou gesin).

    Dolf

     

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top