Coetzee,
Dit verbaas my dat jy vir my vertel oor die sogenaamde kritiek teen die opgetekende Woord, so asof dit nuus is dat daar sulke kritiek bestaan.
Maar kom en help jou - vir eeue al, is daar talle mense wat boeke gepubliseer het in ’n poging om die Woord se integriteit te probeer afbreek en slegmaak. Daar is letterlik sekerlik duisende sulke pogings. En daardie mense het algar een baie belangrike faktor in gemeen - hulle is agnostici en is juis agnostici omdat hulle nie die Woord verstaan, nie (vir verskeie redes). Dus, is hulle kritiek van enige nut of waarde? Nee, want hulle is mense wat hulle uitlaat oor dinge waarvan hulle op eie erkenning, niks weet nie - God en die Goddelike realiteit van inspirasie.
Hulle kon nog nooit hond haaraf maak, nie. Vir die reeds vermelde redes. Tog, is die Bybel die enigste boek wat ál die volgende faktore in gemeen het - die oudste en deurgaans mees gewilde, mees veelbesproke, mees inspirerende, mees ontlede, en mees gesogte (vir uiteenlopende redes) en mees relevante boek (anders sou die Bybel eenvoudig nie soveel aftrek kry, nie) en mees vertaalde (in meer as 2,700 tale om aan steeds groeiende behoeftes te voorsien) van alle tye. Daar word gereken dat daar steeds jaarliks méér as 100 miljoen Bybels per jaar verkoop word en dan is daar ook die miljoene wat weggee word. Selfs vandag nog, is die Bybel die mees gewilde besverkoper (en mees relevante) van alle boeke – en dít nadat daar al vir hoeveel eeue probeer is om die Woord te diskrediteer deur stomme, desperate agnostici. Daar is ook geen ander boek, wat vir so lank al deurgaans deur so baie mense bespreek en bestudeer is, nie. Dit is ook die enigste boek waarvoor daar wêreldwyd vir eeue al konsekwent eksklusiewe leerskole en leerstoele by akademiese inrigtings is, om die inhoud sorgvuldig te bestudeer en ook die enigste boek waarvoor daar vir eeue al grade toegeken word vir die bestudering daarvan! Dit is nie ’n vak, soos evolusie of biologie, nie, die Bybelboek se inhoud is ’n studieveld vir akademiese gradering op sigself!
En waaroor dié Bybelboek in besonder gaan… is juis God!
Waarom so? Nie omdat dit oor ’n sogenaamde onbestaande ‘niks’ handel, soos agnostici in hul dwaasheid dit wil hê, nie, maar omdat die Bybel rekord is, die opgetekende essensie van die Woord van God, is - die enigste ware Lewende God. Die Woord is dus Lewend geïnspireer en lewe steeds en vir altyd én is dus die Spirituele handleiding vir alle mense en daarin vind mens inspirasie en tersaaklike inligting oor ’n ontsettend wye spektrum van dissiplines - alles vervat in die Spirituele relevansie, daarvan. Daarin vind mense uit omtrent God, omtrent die Skepping, omtrent hulself as mense, omtrent diere, omtrent die spirituele realm, en talle, talle, meer dinge.
Die inhoud van die Bybelboek, die geïnspireerde Woord van God, boei eenvoudig álle mense wat met die Woord in verbinding kom, sónder uitsondering. Verál die agnostikus, ook… Omdat die Woord LEWE, man!
Die inhoud van die Bybelboek word lewe gegee deur die Inspireerder daarvan - die HERE in die Heilige Gees. Daarom dat biljoene mense dit toenemend na sóveel eeue steeds feitlik daagliks bestudeer, bespreek, ontleed... en selfs nog nodeloos probeer afskiet.
Iemand het eenkeer gesê dat agnostici veel meer tyd spandeer met die Bybel, as die deursnee gelowige – as dit wel só is, is dit ook maklik te verklaar. Daar is mos die óú waarheid wat lui dat ’n goeie begrip (Godgegewe insig) slegs ’n halwe woord (Woord) nodig het… vandaar die gelowige se relatief gemaklike omgaan met die Woord teenoor die agnostikus se eindelose geswoeg en gespartel, sonder resultaat.
Trouens, agnostici is só obsessief met die Woord, spandeer sóveel tyd daarmee dat hulle in hulle dwase arrogansie beweer dat hulle meer weet daarvan meer kennis het, daarvan, as die gelowige. Kyk byvoorbeeld vir die stomme Jaco – lees sy kommentaar – hoe jammerlik lagwekkend sónder dat hy besef waarmee hy besig, is... maar hy verteenwoordig maar net die domme, dwase arrogansie van die ander agnostici. Die beterweterige niksweters.
Agnostici het ’n absolute obsessie oor die Woord (jy ook, Coetzee, ek sien jy sê jy kan boeke vol vir my daaroor skrywe)... en die ironie? Die agnostici het ’n obsessiewe hunkering na omgang met die Woord om dit te probeer teenwerk, te probeer weerlê, afkraak en allerlei negatiewe dinge daarmee te probeer doen - en waaroor handel die Woord waarmee hulle so ’n obsessie het? Met God en die Godsdinge!
Die ironie van die obsessie van die agnostikus met die Woord is juis dat die agnostikus wyd en syd verkondig dat die God van die Woord, nie bestaan, nie! Dus, hulle het, aan hulle eie standaard gemeet, ’n obsessie met... NIKS! (volgens hulle – die nie-bestaande ís mos niks, of hoe?!) Simpel, nè? Simpel van hulle om ’n obsessie oor kwansuis die ‘nie-bestaande’, die niks, te ontwikkel? Kyk vir Darwin, Dawkins, Denning en só kan ons aangaan. Hulle is uitermate obsessief en spandeer ’n massiewe, indien nie die oorgrote meerderheid, van hul professionele én vrye tyd om dié sogenaamde ‘niks’ te probeer diskrediteer en af te kraak – is hulle dan waansinnig om só oor ‘niks’, oor die ‘nie bestaande’ aan te gaan?!
Maar die God van die Woord, die HERE van die Woord soos in die Bybel vervat, is juis nié ‘niks’ nie, maar juis álles, die Alfa en die Omega. HY is nie ‘nie-bestaande’ nie, maar juis is die Enigste realiteit, werklikheid! HY het alles en almal en álles in ’n asemrowende kragtige greep van bewondering vir Hom en vir Wie HY is sedert HY Sy geïnkarneerde menslike voete op die aarde kom sit, het – verál die agnostikus is in dié greep (die agnostikus se bewondering het natuurlik ’n negatiewe dimensie, want hulle hele verwysingsraamwerk ís negatief)!
Dus, Coetzee, wat probeer jy in jou waas van dwase agnostisisme vir my sê? Dat jy ’n obsessie met my God (ook jóúne…) het? Daardie agnostiese psigose om die Goddelike werklikheid te probeer omskep in onwerklikheid in sy eie verbeeldingswêreld? Daardie delusie van Goddeloosheid?
Moenie probeer nie. Ek aanvaar dat jou kritiek insigloos en ongegrond sal wees – weens onkunde en onbegrip en daarom sal jy die wetenskaplike duiders wat in die Woord voorkom, nie kan snap nie – nie omdat hulle nie daar is, of verkeerd is, nie, maar omdat jy hulle nie wíl insien nie én boonop nie Spiritueel magtig is om dit te kán insien, nie.
Kobus de Klerk

