Jaco, baie het al probeer
Dis nie die moeite werd nie, hierdie mense het nie die nodige begripsvermoë nie. ’n Sekere persoon is al jare lank hier bedrywig en heelwat briljante ouens het al verskeie geklikhede in die bybel aan hom uitgewys. Dan trek hy los met ’n storvloed verbale diarree om dit te "weerlê", in lang briewe besoedel met bybelversies. Aan die einde daarvan is hy doodtevrede dat hy sy saak "bewys" het en drink hy dan seker ’n dop daarop.
Hy en sy trawante is soos bose geeste wat die duiwel dien om die waarheid te verbloem. Dis nou as daar wel soiets soos ’n duiwel is. Of miskien is hulle net te dom om te begryp dat die bybel meesal ’n klomp snert is en uit vrees vir ’n hel wil hul naarstiglik wys hoe "gelowig" hulle is. Die Hoofnar het al ontken dat hy die "hel" vrees, maar vat vrees vir die sogenaamde "hel" weg, dan was hy waarskynlik ’n bordeelbestuurder of daggahandelaar, of altwee.
Die bybel bevat meesal ’n klomp onsin, geskryf deur en vir primitiewe siele van duisende jare gelede wat maar min geweet het. Nogtans wil ek self graag glo in ’n almagtige mensliewende God, maar hierdie skepsels neig om mens weg te dryf.
Groete,
Heiden


Kommentaar
Beste Heiden
Jy skryf: “’n Sekere persoon is al jare lank hier bedrywig en heelwat briljante ouens het al verskeie geklikhede in die bybel aan hom uitgewys. Dan trek hy los met ’n storvloed verbale diarree om dit te "weerlê", in lang briewe besoedel met bybelversies. Aan die einde daarvan is hy doodtevrede dat hy sy saak "bewys" het en drink hy dan seker ’n dop daarop”.
Die raad wat jy my gee ek mors my tyd, is dieselfde raad wat ek ook aan ander hier op hierdie forum in die verlede gegee het. Almal, myself inkluis, sal uiteindelik rakende die godsdiensonderwerp kywn, maar Kobus sal daar nog wees. Al kwaliteit wat hy het is vasberadenheid, maak nie saak geskied dit deur middel van leuens nie. Wat jy wel vergeet het om te sê, is dat wanneer hy in ‘n hoek gedryf word, soos onlangs, word sodanige person as twisgierig beskryf, of dat sodanige persoon ‘n beheptheid met hom het, hopend dat die persoon sal van die onderwerp verdwyn. HeHe, hoe snaaks né.
Die enigste rede dat ek die godsdiensonderwerp aangevat het, is dat ek gatvol geraak het vir die oneindige gesanik oor gaywees (let wel Jan Rap ek gebruik die woord alweer), met die Bybel teen hulle koppe geslinger.
Wel ek het besluit. Indien hy die onsinnige Bybeltekse die gays sonder ophoud wil probeer looi, gaan ek hom en die fundamentaliste oordonder met die Bybelverse waaroor selfs hulle, hulle doodskaam en probeer goedpraat. Daardeur wys ek uit dat die Bybel eintlik met ‘n knippie sout in vandag se tyd geneem moet word, die Sodomietiese tekse ingesluit.
Maar om terug te kom na die tydmors. Dit is tog nie so nie. Ander lees hierdie briewe ook en maak hulle eie gevolgtrekkings dienooreenkomstig. Kobus natuurlik flous homself dat almal wat sy briewe lees, is eens met hom, veral die Christene. Ek kom agter dat dit wel nie die geval is nie. Ek het agtergekom dat hy eintlik ‘n helse verleentheid vir ander Christene hier op SêNet is.
Jaco
Heiden,
Ek moet met jou saamstem oor jou opmerking - "baie het al probeer" - in die sin dat baie (net soos jy, Jaco en vele ander) oor die eeue heen hul bes probeer het (en naarstigtelik so) om die Woord van God verkeerd of weersprekend of as onsin of as wat ookal, te bewys - maar net soos vele voor julle en (dit kan jy maar weet) vele na julle - kon hulle (en nou ook julle) dit nog Nooit regkry nie en Sal hulle (en nou ook julle) Nooit kan nie! Wanneer gaan julle besef dat julle mensgemaakte en selfregverdigende sogenaamde "wysheid" eenvoudig net totale dwaasheid voor God en ware gelowige christene is! Dit verbaas my net keer op keer hoe julle (en ander) erkende ongelowiges, net nie julself kan keer om die Woord van God heeltyd en onverpoosd te probeer aanval en verkeerd - en dies meer (soos hierbo genoem) - te probeer bewys nie en dan net elke keer jammerlik daarmee te faal! Julle wil tog so graag julle sogenaamde verwaande "waarhede" (wat elke keer as valshede bewys word) - wat julle dan ook herhaaldelik verkeerdelik en verdraaierig op die Bybel basseer - aan julle eie wereldtjie verkondig en julle (en ander soos julle) oortuig van hoe "slim" en "wys" julle nou eitlik is.
Julle hou julself besig (met bose intensies) met allerhande dinge in die Woord van God (veral die Ou Testament) en dui (in julle wanhopige pogings) verse aan om julle dwase aannames te ondersteun - in die proses verander/verdraai julle dan ook selfs die woorde in die verse (alla Cornelius styl) - natuurlik om julle te pas. Julle MIS eenvoudig net waaroor die Lewende Woord van God gaan en wat die ware essensie van God se Genade en Liefde is. Dit is al telkemale aan julle uitgewys en bewys maar julle is siende blind en horende doof.
Jy skryf selfs "Nogtans wil ek self graag glo in ’n almagtige mensliewende God, maar hierdie skepsels neig om mens weg te dryf." - Hierdeur onderstreep jy Juis jou (en sommige van jou tawante se) totale onkunde en dwaasheid. Aan die een kant probeer julle naarstigtelik om die Woord van God verkeerd te bewys (en as onsin af te maak) - en aan die ander kant is julle eintlik soekend na die waarheid (snaaks genoeg julle soek dit in die Woord van God) - en, omdat julle Nie die Woord van God verstaan Nie (soos weereens hierbo deur jou skrywe bewys), - maak julle maar julle eie "waarhede" op om julself te regverdig en om julself vry te stel aan onderdanigheid aan God en Sy Woord (of so dink julle klaarblyklik). Julle verkeer onder die wanindruk dat, as julle iets ontken (gebaseer op julle eie "wysheid" en selfregverdiging) dan geld dit mos nou nie vir julle nie!. Dit terwyl God se Genade en Liefde in en deur Sy enigste Seun Jesus Christus ons Here, reg voor julle staan! God wat Sy enigste Seun gestuur het om ons te leer wat Liefde is en Hom ook nie gespaar het nie om Juis uit Liefde (Ware Liefde) en Genade (onverdiende Genade) ons te red - sodat ons nou met vrymoedigheid na God kan gaan deur die verdienste van Sy Seun aan die Kruis en Sy Oorwinnende Opstanding oor die sonde en die dood. Jy praat van 'n menseliewende God - maar jy verstaan nie ware liefde nie! Aldus dan ook jou wanopvatting oor "vrees" vir die hel! Ons het geen vrees nie - ware Liefde verdryf vrees - Jesus Christus Is Ware Liefde - en ons ware gelowiges christene is IN Christus! Jy (julle) verstaan dit nie! - julle kan nie! Is dit dalk omdat jy soek na 'n god wat daar vir jou is? - om tot jou diens te wees? - 'n wereldse god wat jou laat goed voel oor jouself? - 'n god wat jy kan manipuleer om jouself en jou dade (wandade) te regverdig, soos en wanneer dit jou pas? - 'n god en sy woord, wat by jou wereld moet aanpas? - omdat dit oor jou gaan? Wel - Dit Gaan Nie Oor Jou Nie!! Word Wakker!!
Daar is net Een ware evangelie - die Evangelie van Jesus Christus ons Here - en Geen Ander Nie! Julle probeer so hard om net dalk een ding in die Woord van God verkeerd te bewys - want dan kan julle dalk die hele Bybel as verkeerd bewys en dan "wen" julle! Maar julle kan Nie wen Nie! Die Lewende Woord van God Is die Waarheid en Sal Ewig Bly Staan! Dit Sal Nooit verkeerd of weersprekend of wat ook al, bewys word Nie! Baie het al probeer en mislik gefaal en baie gaan nog probeer en ook mislik faal! (neem maar net julself as voorbeeld hiervan!) Julle dien (onbewustelik?) die wereld - die vader van die leuen - die satan self! (al ontken julle dit ook driftig!).
Die hartseerste van alles is dat God se Genade versoening in en deur Jesus Christus ons Here, ook vir julle is! Dit is die essensie van die Waarheid en ons geloof en daarom dat ons, as ware gelowige christene, probeer om julle juis - in liefde en nederigheid en sagmoedigheid - die regte pad te wys - maar, helaas, julle mis dit totaal en al! Maar - nog steeds - julle staan elke dag voor 'n keuse - Jesus Christus ons Here hou Sy Hand van Liefde en Ware Redding uit na julle - julle kan, of dit vat in geloof en julle aan Sy gesag onderwerp (dit is regtig nie moeilik of swaar nie!) of julle kan dit aanhou wegklap - die keuse is julle s'n!
Maar ek wil julle aanmoedig - maak die regte keuse - aanvaar God se genade versoening, wat Hy bewerkstellig het, in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons Here - dit sal werklik ware bevryding en vrede (wat alle verstand te bowe gaan) vir julle bring! Dan sal daar ook Lig kom wat julle in staat sal stel om dan ook insig in die Lewende Woord van God te verkry.
Sterkte hiermee.
Dolf
Jaco,
Net gou 'n korreksie op jou skrywe hierbo - jy gaan nie kwyn ten opsigte van die godsdiensonderwerp nie - jy het reeds gekwyn - en dit nogal deur jou eie toedoen. Jy babbel wel volstoom voort - maar jy is (self bewys) siende blind en horende doof.
Jy raak valshede en wanopvattings kwyt en regverdig dit deur jou eie selfsugtige redes hoekom jy dit doen. Een rede is duidelik dat die Woord van God pas nie aan by jou gekose lewensstyl nie - ag hoe jammer - wanneer gaan jy agterkom - dit gaan toe nou nie oor jou nie! Jy het ook al in een van jou vorige skrywes beweer hoe baie christen vriende jy het en hoe jy hul liefde vir God en hul medemens respekteer en waardeer. Jy is 'n leuenaar en 'n valse vriend - aan die een kant belaster en vervloek jy God se Woord En dus God Self - dit waarop jou christen "vriende" se geloof gebaseer is (behoort te wees) - en aan die ander kant smeer jy hulle "heuning om die mond" om sodanig hul liefde vir God en hul medemens te respekteer en te waardeer! Jy bewys daardeur net jou werelds georieenteerde agterbaksheid en selfsug. Maar ons verwag niks minder van jou nie!
En dan praat jy van gesplete persoonlikhede en leuenaars! Jy besef nie dat jy (en ander soos jy) Juis die verleentheid op hierdie forum is nie!
Los die Woord van God uit vir jou selfsugtige verdraaide en selfregverdigende valse redes - Weereens - jy Verstaan Nie God se Woord Nie - en met jou benadering en redes sal jy ook nooit nie!
Dolf.
Jaco,
Net gou 'n korreksie op jou skrywe hierbo - jy gaan nie kwyn ten opsigte van die godsdiensonderwerp nie - jy het reeds gekwyn - en dit nogal deur jou eie toedoen. Jy babbel wel volstoom voort - maar jy is (self bewys) siende blind en horende doof.
Jy raak valshede en wanopvattings kwyt en regverdig dit deur jou eie selfsugtige redes hoekom jy dit doen. Een rede is duidelik dat die Woord van God pas nie aan by jou gekose lewensstyl nie - ag hoe jammer - wanneer gaan jy agterkom - dit gaan toe nou nie oor jou nie! Jy het ook al in een van jou vorige skrywes beweer hoe baie christen vriende jy het en hoe jy hul liefde vir God en hul medemens respekteer en waardeer. Jy is 'n leuenaar en 'n valse vriend - aan die een kant belaster en vervloek jy God se Woord En dus God Self - dit waarop jou christen "vriende" se geloof gebaseer is (behoort te wees) - en aan die ander kant smeer jy hulle "heuning om die mond" om sodanig hul liefde vir God en hul medemens te respekteer en te waardeer! Jy bewys daardeur net jou werelds georieenteerde agterbaksheid en selfsug. Maar ons verwag niks minder van jou nie!
En dan praat jy van gesplete persoonlikhede en leuenaars! Jy besef nie dat jy (en ander soos jy) Juis die verleentheid op hierdie forum is nie!
Los die Woord van God uit vir jou selfsugtige verdraaide en selfregverdigende valse redes - Weereens - jy Verstaan Nie God se Woord Nie - en met jou benadering en redes sal jy ook nooit nie!
Dolf.
Heiden.
Ek dink jy is reg. Dit blyk vir my ook dat Dolf en Kobus een en dieselfde persoon is, met dieselfde skryfstyl
Jaco Fourie
Jaco,
Net soos in Heiden se geval is jy ook verkeerd. Ek en Kobus is nie dieselfde persoon nie - lees my vorige skrywe aan Heiden (jou vriend?). Ek en Kobus, net soos Henry en Alie, en ander mede ware gelowige christene, is saamgesnoer in Jesus Christus ons Here en ons deel net ons liefde vir God ons Vader en die Waarheid van Sy Woord - met mekaar en ook na buite.
Dolf.