Dit werk nie vir my nie. Mens moet telkemale na ’n brief teruggaan om te sien of daar nuwe reaksie/kommentaar is, want dit hou vir ’n paar dae lank aan. Party mense reageer dadelik op ’n brief, ander eers oor ’n dag of twee, dan is daar boonop weer reaksie op die reaksie. Dan neem dit ook ’n volle dag voor die kommentaar onderaan verskyn. As jou brief vandag geplaas word, sal enige kommentaar daarop eers die volgende aand verskyn.
Maar ons sukkel maar so voort, die wyse LitNet-meesters het so besluit en ons het blykbaar geen së in die saak nie. Ons moet seker dankbaar wees ons het darem nog ’n forum om ons menings te lug.
Askies ...
Varkspek

