Heil’ge Waarheid

  • 0

eisj, al spel bai’ abaNtu (Mens) “eisj” as “eish”,
soveel eeue, millennia, al verby, post-Paradys,
staat Mens, Eerste, Tweede, in vele opsig Laaste,
sonner tederheid, begrip, respek, vir Mens Naaste

sonner Bewussyn, van U Syn, Vader, van Uwe Waarheid,
Heilig, kanti, Homo’s Spiritueel hapstieks g’pla, m’t Theorie,
gaat aaire veel verre, voort, m’t Self-destruktief -destruksie,
onkund’-ontkenningsaad wyd, syd, t’strooi, sonner klaarheid

spend Millennium Drie Sapiens bitterbai’ tyd, op opstook, van haat,
dink noggie nugter, besinnend, oor struktuurgeweld’naarsmandaat,
g’n raad, vir Gewete-loos eliminering van Eie, so ’n koelbloed-daad

ná twee millennia, noggie vir Gewete-herwinning gereed,
rugdraaiend, ’p hartseer, tshwempu, armoed, drama, leed,
nie eintlik rêrig, vir oulaas, “Duiwelspiek” agterweë wil laat

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top