Een en ander oor dr Willie McCloud se rede

  • 8

Nou die dag op Praat Saam is dr Willie McCloud die gas en hy voer aan dat, "Tot onlangs was die Afrikaner nog vasgevang in ‘n godsdienstige paradigma waarin dit wat die kerk gesê het sondermeer aanvaar is. Maar daardie tyd is verby. Wat geloof betref, wil al meer Afrikaners op hul eie voete staan."

Lyk nie vir mý so nie:  Eers het die Kaapse koerante die Transvaal ingeneem om die nuwe bedeling te propageer en die storie het eers werklik aan die gang gekom toe die kerke hulle gewig daarby ingooi.  Die kerke, veral die drie susterskerke, was ook baie vinnig om na De Klerk verskoning te vra vir apartheid en die gevolge daarvan is rampspoedig soos ons vandag ondervind.

Baie inbellers het was ook vol lof vir die feit dat die teenswoordige Afrikaner "vir homself dink."  Die insinuasie was duidelik; die "nuwe paradigma" het grootliks gelei tot hierdie nuwe bedeling.  Hoe bring mens die kloutjie by die oor; hoe verklaar mens dat logiese en vrye denke gelei het tot moord, misdaad, slaggate, protesoptogte, korrupsie, geweld, verval van infrastruktuur ens., in kort, ’n mislukte staat, veral gegee die feit dat einste ten noorde van ons dekades al aan’t gebeur was?

Alles dui daarop dat die Afrikaner juis nie meer vir homself dink nie, dat hy in ’n groot mate deesdae gezombifiseer is.

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Beste Jan

    Jy skryf neerhalend oor jou volksgenote:  "Alles dui daarop dat die Afrikaner juis nie meer vir homself dink nie, dat hy in ’n groot mate deesdae gezombifiseer is".  Is dit suurdruiwe omrede die Afrikaner nie jou sieninge deel nie, of is dit eerder dat jy uit voeling met jou eie mense geraak het?

    Jaco Fourie

  • Beste Jan

    Wat stel jy dan voor? Moes SA aangegaan het op die pad van verdrukking ten gunste van een volksgroep?Jy is heeltemal reg dat die skoen nou aan die ander voet is en die verdrukking omgeswaai is.Om nou daaruit af te lei dat die Afrikaner gezombifiseer is,is pleinweg onregverdig van jou.

    Dis nie asof ons polities veel kan vermag nie,maar rondom my sien ek Afrikaners wat aangaan met hulle lewens en op hul eie manier uitreik na ander.Waar ons vroeër gezombifiseer is deur die magtige heersers met hulle eng Calvinistiese uitkyke,is ons nou vry om self te besluit wat ons wil glo,wat reg is,met wie ons wil omgaan,waar ons betrokke wil wees.

    As jy nog nie daar is nie,het jy jouself vasgezombifiseer in die verlede.

    Perdebytjie

  • Beste Jaco
    Ek sien nou eers jou kommentaar nav die advies deur SêNet oor Elize se skrywe van 17 deser.
    Jy sê ek skryf neerhalend oor my volksgenote. Is dit nie net so neerhalend t.o.v. die einste volksgenote as Willie McCloud by implikasie sê dat die Afrikaners NIE vir hulself gedink het nie? Trouens, as jy nou mooi gaan sit en dink, dit is uiters neerhalend teenoor ons volksgenote om nou verskoning te vra vir wat ons ouers en voorouers gedoen het; ons vra om verskoning vir hulle onnoselheid, hulle was te dom om te besef hulle doen die verkeerde ding maar omdat ons so slim is vra ons verskoning vir hulle wandade.
    Jy moet bietjie dink voor jy praat.
    Jan Rap

  • Beste Perdebytjie
    Jy praat van “voortgaan met die verdrukking”. Watter verdrukking? Daar was onafhanklike state met hulle eie weermag, volkslied, amptelike tale en alles wat vryheid behels. Nou is hier by die twintig verskillende volke saamgegooi in ’n arbitrêr begrensde grondgebied – bepaal deur koloniale magte – en die gevolg is absolte chaos, ’n land met rommelstatus en oorgegee aan plundering. Die lewensgehalte van almal is poer in sy peetjie, veral wat die swartes betref.
    Hoe anders as gebreinspoel kan die mense wees wat dink dat ons NOU vry is? Dit is duidelik dat die Afrikaner nie vir homself dink nie.
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top