Pieter,
Ek dink ek weet wie jy is en indien ek reg is, het ek waardering vir baie van jou werk en jou ’voetsool-dominee’ benadering, soos daar soms na jou verwys, word.
Jy maak in jou artikel, onder meer, die volgende stelling:
“Kyk ons na Jesus se drie verklarings van eunug in Mat 19:12 is sommige so gebore, ander is deur menslike (mis)handeling so gemaak, nog ander verkies om so te wees ter wille van hul toewyding aan God. Die verklarings kan ruimte vir kontroversie skep. Daar is goeie argumente dat Jesus se eerste verklaring van eunug “as so gebore” die naaste beskrywing in die Bybel is van wat ons vandag as homoseksueel verstaan.”
Nee, wat, die HERE Jesus het glad nie na homoseksuele mense verwys, nie. Wat ek nie verstaan nie, is hoe mense die Woord selektief gebruik en steun daarop, maar dan lukraak sommige dele verander of uitlaat net omdat dit kwansuis nie by die hedendaagse idioom sou inpas, nie. Uit die staanspoor is dit vir enige ware gelowige ’n groot probleem as daar van die ewige Woord van God, dus van God, verwag word om aan te pas by die wispelturige tendense van die mensdom in sy verskillende skakerings en monderings oraloor die aardbol met al hul uiteenlopende diversiteit. Dit deug mos glad nie en is die Woord juis die standvastige, verhewe onveranderlike Norm waarby die mensdom hom moet berus en hou. Dit is immers ook logies. Mense misbruik egter die humanisme om regverdiging te soek vir hulle optrede wat van oudsher af al, as sonde voor God aangemerk, is en verdraai die Goddelike Liefde as iets wat maar gedurig Gods water oor Gods akker laat loop. Hoe ver van die werklikheid omtrent alles waarvoor God teenoor SY skepsel, die mens, staan.
Die ander kwessie is dat homoseksualiteit glad nie ’n onbekende verskynsel in die tyd toe die HERE Jesus op aarde was, nie, en sommige heidene het selfs homoseksualiteit beoefen. Die HERE was dus heeltemal vertroud met daardie gebruike en is dit reeds deur Hom as sonde bevestig - sien gerus weer Levitikus 18:22 en 20:13 (daar is meer) in die konteks van die ernstige waarskuwing van die HERE in Mattheus 5:17-19 (veral 19). Dit is noodwendig ook in hierdie konteks wat Romeine 1:18 en verder (handelende met die oorsake en voorkoms van homoseksualiteit) handel en verstaan moet word. Die bewering wat mense maak dat die HERE Jesus Christus Hom nooit oor die kwessie van homoseksualiteit uitgelaat het nie, is van alle waarheid ontbloot. Die HERE het dit wel nie uitgesonder nie maar inklusief saam met al die ander sondes en reëlings behandel soos hierbo uitgewys. Dit was waarskynlik ook glad nie nodig nie, want dit is ondenkbaar dat gelowiges hulle destyds sou wou regverdig in die praktyke van homoseksualisme. Daar is nie ’n enkele voorbeeld dat hulle dit wou doen, nie, en die Romeine wat allerlei seksuele wanpraktyke beoefen het ter uitlewing van hulle sosiale credo van ludi, vinum et feminae, is direk en sonder om doekies om te draai in Romeine 1 en elders (die Grieke in Korintiërs) in die Woord, tereggewys (daar is mos ander duidelike voorbeelde ook - behalwe die paar wat ek reeds genoem het wat direk met homoseksualisme handel, is daar ook nog boonop Esegiël16:26, 27, 34; 1 Korintiërs 6:13, 15-20, 7:9, 10:8; 2 Korintiërs 12:21; Galasiërs 5:19; Efesiërs 4:17, 9, 5:3; 2 Timoteus 2:22, 3:6-7; 1 Petrus 2:11, 4:1-3; Judas 4, 18-19; Kolossense 3:5; 1 Tessalonisense 4:3-7; Jakobus 2:11, ens).
Die HERE se Liefde beteken juis dat HY nie’n blinde oog vir sonde sou draai, nie, maar juis dat HY gekom het om mense van die sondes te verlos, dit wil sê, in SY leiding en SY Krag uit te voer soos HY aan die owerspelige vrou in Johannes 8:11 sê: “...Ek veroordeel jou ook nie [MAAR] gaan heen en sondig nie meer nie”...
Die Griekse woord, eunouchos, wat in jou verwysing gebruik word, vertaal jy tereg met ’eunug’ en is die betekenisse wat jy daaraan heg, min of meer in ooreenstemming met hoe dit destyds gebruik, is, behalwe natuurlik jou sekulêr humanistiese uitbreiding om homoseksuele in te sluit - Vandag verwys ’eunug’ juis in Afrikaans na ’n ontmande persoon. (Sien die HAT) maar geeneen van daardie betekenisse verwys na, of het betrekking op, homoseksuele mense, nie. Homoseksuele mense is nóg impotent nóg ontman en het niks met die oppas van harem vroue te make, nie. Die HERE Jesus se verwysing na eunug is dus in die konteks van die destydse Griekse gebruik van die woord wat ook met homoseksualiteit niks te make het, nie.
Dit het in jou aangehaalde gedeeltes gegaan oor die huwelik - homoseksuele verhoudings het dus hoegenaamd nie ter sprake gekom, nie. Daar is geen enkele voorbeeld van ’n ’huwelik’ tussen homoseksuele persone destyds, nie - en homoseksualiteit was geen onbekende nie! Aangesien homoseksualiteit destyds nie ’n onbekende was, nie, sou die HERE spesifiek daarna verwys as HY wou, want HY verduidelik juis deur na verskillende instansies van onbekwaamheid vir huwelik tussen man en vrou (huwelike tussen mense van dieselfde geslag het nie eens ter sprake gekom, nie omdat sulke verhoudings uitdruklik verbied, was),
Die HERE het verwys na mense wat nie die inklinasie het om te trou (soos byvoorbeeld Paulus), nie en van geboorte af so is. Vandag noem ons sulke mense oujongkêrels of oujongnooiens. Dit is nie omdat hulle homoseksueel is, nie. Dit het met homoseksualiteit niks te make, nie. Nie alle mense is bestem vir die huwelik, nie - na alles, is die huwelik ’n Goddelike instelling.
Die kruks van die hele bespreking het gegaan oor die standvastigheid wat God van huweliksgenote verwag in tye, nes vandag, waar egskeiding vir elke bakatel toegestaan, is. Dit is bekend dat daardie situasie die HERE aanstoot gee. Die aanmerking wat die HERE dus maak wanneer HY in vers 12 sê “Wie dit kan vat, laat hom dit vat” beteken dat mense wat dit in hulle het ooreenkomstig hul oortuiging om hulle huwelik in stand te hou (eerder as om sommer te wil skei as dinge hul nie meer geval, nie), dan trou, maar dat diegene wat nie daardie vaste inklinasie tot die standvastigheid van die huwelik het, nie, vir die redes deur Hom genoem, dan eerder nie moet trou, nie en selibaat leef. Hierby sluit Paulus direk aan (hoe anders, hy was dan deur die Heilige Gees gelei soos die HERE in Johannes 14:26 beloof) waar hy in 1 Korintiërs 7:7-10 sê “Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek, maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand. En aan die getroudes beveel ek - nie ek nie, maar die Here -dat die vrou nie van die man moet skei nie”.
Om dus nou daardie gedeelte wat jy aanhaal uit die Woord te probeer skaai om ’n tipe lansie te breek vir homoseksualisme, is onaanvaarbare verdraaiing daarvan.
Ek dink darem nie die mense waarna jy verwys, is gedood bloot omdat hulle homoseksueel was, nie. Daar was seker een of ander vorm van aktivisme ook betrokke. Hoe dit ookal sy, vir enigiemand om die verskoning voor te hou dat hulle ’n medemens doodmaak oor homoseksualisme (die praktyk) is soos om enige mense dood te maak omdat hulle sondig. Dit is natuurlik geheel en al onaanvaarbaar en teen alle Christelike beginsels. Lewe behoort aan God en aan God alleen. Die HERE maak dit mos duidelik - HY het gekom om te laat lewe en nie om te veroordeel nie, want die Oordeel kom later vir diegene wat hulle nie aan Hom (SY Woord) steur, nie (sien gerus weer Johannes 12:46-50)
Die rede waarom die Ethiopiër se eunugskap opmerklik was, is omdat dit as sonde geag word as mens sy liggaam skend (1 Korintiërs 6:13-20), en dit nogal ter wille van ’n ander mens (ontmanning by die heidense volke het baie dikwels nie net die verwydering van die testikels behels nie, maar ook van die penis - sodat hy die vroue van die harem werklik ’veilig’ was in die eunug se sorg). Daarom is dit so opvallend en verblydend dat so ’n deur-sonde-geskende mens, homself sou wou bekeer tot die HERE en meer nog, dat hy by die HERE welkom is, ongeag die menslik-onuitwisbare letsels van sy sonde.
Dit is na alles, die sentrale tema van die verlossingsboodskap, die evangelie van Vrede, van die HERE Jesus Christus.
Dus, solank die mens by die grense en die oordele (diskresie, in teenstelling met veroordeling) van die Woord bly, sal hulle nooit beskuldig kan word daarvan dat hulle mensgemaakte grense en vooroordele bedrywe nie - tewens, dit is juis wanneer hulle die grense en oordele van die Woord ter wille van hul eie sekulêr humanistiese sieninge en gemaksones wil oorskry en afbreek, dat hulle hul skuldig maak aan mensgemaakte grense en vooroordele.
Onthou tog die mens se veronderstelde Eerste Liefde - God, die HERE Jesus Christus. Wanneer die mens sy Eerste Liefde nie verlaat nie, maar koester, ag en eer, sal daardie mens maklik kan onderskei tussen die werklike grense en oordele van die Woord en die sekulêr humanistiese mensgemaakte grense en vooroordele. Die HERE waarsku juis daarteen (Openbaring 2:4)... Die HERE sal dit teen die mens hou, want HY sê HY sal...
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus
Soos daar geskrywe staan;
Spreuke 6:16 -19 Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel: trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, 'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
Maleagi 2:16 Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek (verbaal - soos om ander met jou woorde te wil breek - en eweneens fisies), sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
1 Korinte 6:9 en 10 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of addertonge of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Kobus, meen jy werklik jy is onskuldig aan als hierbo?
Waarom homoseksuele gedurig in jou bose spirituele intelligensie uitsonder?
Het die raad vir eervolle prokureurs werklik met jou skraping ge-err Kobus?
Ja, daardie befaamde laaste woorde hier (http://beta.mnet.co.za/carteblanche/Article.aspx?Id=1921); In the meantime, if you're unlucky enough to get that one-in-a-million attorney who steals, there are a couple of things you can bank on: A run-around; a lot of time on the phone; and a paper-chase that could end, as ours did, with everyone suing everyone. 'One of the legal avenues is to sue him. So, I issued a summons against him,' says Wynand. 'I have issued a summons against them for defamation. I can assure you that I will now proceed with that case,' says De Klerk. 'If the Board of Control was wrong, they sue us,' says David. 'If these photographs are going to be used, I'm telling you I'm going to sue you like hell,' says Loretta. And hell is precisely what Adele says her trusted attorney put her through: 'I don't want anything to do with attorneys anymore. Really, I don't think I'll ever trust another one.'
Ek weet ek is ook skuldig.
Hier is ek weereens soos 'n posman met hande vier voete op die grond blaffende vir die keffer aan die anderkant ... dit, wyl ek 'n Groot Boodskap het om te leef ...
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en die hele wêreld in Sy liefde en genade seën.
Cornelius
Kobus,
Ek het ook Pieter se skrywe van gister gelees en ek stem 100% saam met jou skrywe hierbo - duideliker kon jy dit nie uitwys nie - en ek hoop werklik dat almal wat dit lees daarna sal oplet dat dit (jou skrywe) nie as 'n veroordeling teenoor (spesifiek dan) homoseksualiste gesien moet word nie - maar dat dit wel 'n uitwysing van die waarheid is - dat die Woord van God ( Die Waarheid), homoseksualiteit (of dan die beoefening daarvan) beslis as 'n sonde uitwys. Mens word nie so gebore nie! - en tereg dat jy Jesus Christus ons Here se woorde en bedoeling so duidelik hierbo uitwys in ooreenstemming met die Woord. God maak Nie foute Nie en sal Homself Nie weerspreek Nie!
Is dit nie juis die feit dat ons (almal) sondaars is EN ons sondes erken (soos duidelik uitgewys in die Woord van God) - wat ons kwalifiseer vir God se genade versoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, nie? Is dit dan nie ook die feit dat - as ons dan God se versoening wat Hy bewerkstellig het aanvaar - dat ons ook afsien (of dan gedryf word om af te sien - ons sukkel maar dikwels hiermee - gelukkig help die Heilige Gees ons) van ons erkende en Woord's uitgewysde sondes (dit wat skeiding bring tussen ons en God), wat ons juis nader-en-nader aan ons Here Jesus Christus, bring nie? - om dan ook op ons heiligmakings pad meer-en-meer soos Hy te word?
Dit is dan die erkenning dat ons sondaars is (Die Woord dui sondes aan) - die aanvaarding van God se reddingsplan in en deur Sy Enigste Seun Jesus Christus ons Here - dus ware bekering en afsien van ons sondes en poging om nie weer te sondig nie - wat vir ons vrede, vryheid en liefde in Christus ons Here bring en ons begin om God se Genade al beter te verstaan. Dit is NIE die verdraaiing, byvoeging, wegneem, waninterpretering, en dies meer, van God se Woord - ten einde selfregverdiging te bewerkstellig en gewetes te sus - wat ons nader aan ons Here Jesus Christus bring NIE - inteendeel!
Ons - as ware gelowige christene - moet sondes (van watter aard ookal) aanspreek en OOK oop wees om aangespreek te word waar onsself sondig - alles dienooreenkomstig die Waarheid en Leiding wat ons kry in die Woord van God (Die Heilige Gees help ons hiermee) - nie anders nie. Daar moet teen gewaak word om "self te regverdig" en "gewete sussend" op te tree - en sodoende die Woord van God te verdraai (dit word dikwels op baie subtiele maniere gedoen en dalk in party gevalle onwetend?) om by ons eie "humanistiese" idees en sogenaamde moderne wereld aan te pas - en dit dan toe te verf met sogenaamde, alles aanvaarbare en insluitende "liefde". Nee-nee, die wereld (skepsels) moet by God (Skepper) en Sy Woord (Die Waarheid) aanpas - nie andersom nie!
Dankie vir jou skrywe - so neem ek (en ek is seker - ander ware gelowige christene) toe in kennis van die Waarheid van die Woord van God.
Vrede vir jou.
Dolf.
Cornelius,
Ek kan nog die dwaasheid en onkundige laster van “ongelowige” Thomas hierbo verstaan. Ons almal weet dat hy nie glo nie (hy roem nou wel daarop dat hy voorheen God geken het – maar ons, ware gelowiges, weet hy het nog nooit ‘n ware verhouding met Jesus Christus gehad nie!) en dus sulke onosele snert hierbo kwytraak – hy weet eenvoudig nie van beter nie.
Maar dít komende van jou is ironies. Jy wat gedurig Kobus (en alle ander wat hierdie forum gebruik) tog net wil laat weet en met (lekkerkry?) net weer-en-weer wil verwys na sy skraping – so asof jy vir almal tog net wil laat weet dat Kobus ook sondes het? Dit lyk regtig deur die feit dat al jou argumente en skrywes (wat jou waninterpretasies van wat ware geloof is, uitspel) al soveel keer die nek ingeslaan is, juis deur die einste Kobus – gestaaf uit die Waarheid in die Woord van God - dat jy eenvoudig nie anders kan om hom as persoon aan te val nie. Ek het al voorheen jou daarop gewys (as jy ‘n ware gelowige christen was, sou jy dit al verstaan het) dat hy al lankal vergiffenis ontvang het vir die spesifieke skrapings geval en die Here dit lankal al vergeet het. Dit is net jy wat dit weer-en-weer ophaal ter verdediging van jou standpunte (hoe verdraaid dit ook al is) en daardeur wys jy eintlik net jou dwaalwee wat jy beoefen. Dink jy nie dit is tyd dat jy hom dalk moet vergewe vir die – tot vervelens toe - genoemde skraping nie? Nêrens in Kobus se skrywe hierbo kry ek die indruk dat hy enigsins adverteer dat hy (of dan ander ware gelowige christene) sonder sondes is nie – glad nie! Daar word geensins deur hom geskryf of verwys daarna dat ware gelowige christene sonder sondes is nie! Ons erken juis dat ons sondaars is MAAR sien af van ons sondes (soos uitgewys deur God se Woord) omdat ons Sy (God) se versoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here aanvaar het! Ons struikel dikwels maar die Heilige Gees help ons telkemale op, juis deur ons belydenis van en ons geloof in Christus! Kobus spreek Pieter se skrywe direk aan – en tereg so – want dít is die besprekings punt. Ek weet nie waar jy uitval nie!
Maar wat vir my by baie gevaarlik is en eintlik uitgewys moet word (en aanhoudend só) as valsheid en dwaalleer - is dit juis wat jy adverteer en jy wat gedurigdeur - Jesus Christus ons Here se Naam – rondgooi oor alles (alle godsdienste, sektes, okkulte, en dies meer) ten einde ‘n selfgemaakte, aanmekaar geflansde, alles insluitende, alles aanvaarbare, “free for all”, godsdienstige ideologie te verbaliseer en as sulks te regverdig – deur jou waniterpretasies van God se genade versoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here - die ware evangelie. Dit doen jy met Boedistiese liefde?, of is dit nou Hindoe liefde?, of nee dit is Moslem liefde?, nee-nee dit is eintlik Joodse liefde?, of is dalk Katolieke liefde?, of is dit nou Christen liefde?, of eenvoudig maar wêreldse liefde? Nee wat ou Cornelius – daar is net Een Ware Evangelie – die Evangelie van Jesus Christus ons Here en Geen Ander Nie! Hy is die Weg en die Waarheid en die Lewe en niemand kom na die Vader (God) behalwe deur Hom nie – Niemand nie! Hy is in die Vader en die Vader is in Hom. Daar is nie ‘n “all roads lead to Rome” oplossing en/of godsdiens nie. Nee-nee, slegs deur die versoening wat God met Homself bewerkstellig het in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, kan ons tot God nader – Met ander woorde deur Jesus Christus se verdienste aan die kruis en Sy opstanding uit die dood is ons nou gered. Daar Is Geen Ander Weg nie! Dít – en Alleen Dít – is die Goeie Nuus/Boodskap wat ons behoort uit te leef!
Vrede vir jou – ek hoop werklik jy vind dit in Christus Jesus.
Dolf
Kobus,
Ek wil jou graag dank in die Here Jesus Christus vir jou skrywe hierbo en sien ek dit as geensins ter veroordeling teen enige persoon nie, ons weet egter dat die oordeel slegs God toekom. Ons weet egter ook dat ons almal sondaars is wat onder die Groot Genade van ons Here Jesus is.Dit gee ons egter nie die reg om te sondig juis sodat Sy Genade groter moet word nie, nee ons doen dan juis afstand van die sonde omdat Sy Genade so groot is en strewe ons daagliks daarna om gelykvormig met Hom te kom,al maak ons geweldig baie foute, maar God dank vir die Liewe Heilige Gees wat ons daarvan oortuig en dan ook Jesus wat vir ons by die God intree.
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees , vir elke goeie werk volkome toegerus.(2 Tim3:16) Jou skrywe asook ander briewe is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, want hier is soveel mense wat verlore siele is of wat reeds op sy geloofspad is, maar nog onderwys moet ontvang. As jy dit nie doen nie, wie dan?
Ek dank ook vir Dolf en ander gelowiges hier in die Here Jesus Christus vir elke goeie werk .Met tereg sê Paulus “ Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. “ en “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” Die wat dan nie gehoor wil gee nie het dan later geen verontskuldiging nie en sal ook ander tot nuwe insigte lei. Ten goede.Die Skrif sê ook “Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.” , “n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.”, “Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.”,” Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.”,” n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.” En “Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.”
Ongelukkig is hier ook dwaalgeeste wat hulle voordoen as die engel van die Lig en daarop uit is om die werk in diskrediet te bring en tree hulle uit moedwilligheid op en is hulle in werklikheid verharde gesante van die duisternis, die vyand van Jesus Christus. Moet egter nie hierdeur afgeskik word nie.
Volhard in die goeie werk en mag die Here Jesus Christus met ons almal wees.
Groete
Henry
Thomas,
Dit verstom my dat jy so roekeloos en dwaas optree, ek het dit nie van jou,n’ man wat geseënd is met soveel kennis en intellektualiteit met jou woorde “Ek is werklik dankbaar dat ek van dié despoot ontslae geraak het.”verwag nie. Dit beteken net een ding en dit is dat die Koningkryk van God tog tot jou gekom het, maar om een of ander rede het jy daarvan ontslae geraak.Daarom ook jou nuwe soeke na die evolusie leuen en verordineer jy nou jou hele bestaan sonder God. Hoekom?Is dit miskien omdat jy n’ slegte ervaring gehad het en Hom nou daarvoor blameer of gesondig het en nie die vrymoedigheid het om voor Hom te kniel en om vergifnis te vra nie of pas God net eenvoudig nie in by jou eie egoistiese selfgesentreerde troonsittende lewe en self losgekoopte verlossing in nie.Dink jy miskien jy is so groot.Net jyself sal weet!Nie een van ons kan God blameer vir slegte dinge nie en weet ons dat Satan rondloop soos n’ brullende leeu wat kyk wie hy kan verslind.Het hierdie brullende leeu jou nie miskien verander in jou eie depoot nie. Wat my verder verstom is dat n’ intellegente wese soos jy nie enige insig toon ten opsige van God se woord nie en dat jy jou rug op die Lewende Christus wie waarheid is gaan staan en draai en nou wend jy jou GodGegewe intellektualiteit aan vir die koningkryk van Satan.Waar het dinge skeef geloop? Vergewe my hiervoor.My bedoeling is geensins sarkasties nie.Thomas, Jesus het nog nooit Sy rug op jóu gedraai nie!
Henry
Dolf,
Die werklike ironie is jou pyn omtrent die FEIT op openbare rekord rakende die oneervolle allure van jul anderhaat-hoëpriester op die werf, die ou grote Kobus.
Dit, wyl jy jou behaag in Kobus de Klerk se - "tot vervelens toe" - VERONDERSTELLINGS waarmee julle KdK-meelopers saam ander belaster en neerhaal.
Derhalwe het die ou grote Kobus nog nooit met ootmoed en in die Gees van die HERE (soos daar duidelik in die Bybel gemaan word), eens vergifnis gaan vra aan sy slagoffers nie.
Nee, Kobus de Klerk volhard in sy waan en maak eerder die hele regstelsel en ander wat hom nie eer nie met sy VERONDERSTELLINGS verdag.
Julle fokus op ander se sonde en verlustig julleself in Satan se aanklag van ander se harte voor die Troon van God.
Dan moet jy ook maar verlief neem met die FEIT dat jou veronderstelde "ware gelowiges", geensins verskil van oorle Bin Laden se baardpatrolies waarin (Gideon)bendes soos julle, hulself as "ware gelowiges" seën nie.
Diesulkes gaan uiteindelik en moor in hul fundamentele waan net omdat hulle nie hul sin in die onderdrukking van ander andersyds sal kry nie.
Wat 'n klug alles onder 'n dekmantel van Godsdiens!
Dolf, jy is duidelik moedswillig omtrent ander se aanbidding van ons almal se Almagtige Lewende Skepper.
Cornelius
Cornelius,
Ek dien die Here Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en dit doen ek Juis omdat ek God, ons Vader en Skepper, se genade vesoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, aanvaar het en bely as die Enigste evangelie en waarheid - dienooreenkomstig die Woord van God. Hy (Christus) is die Weg, Waarheid en Lewe en niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie! Jy sien, deur Jesus Christus, wat sonder sonde was (as God se enigste Seun in wie Hy (God) ‘n behae het), se verdienste aan die Kruis op Golgota en Sy opstanding uit die dood is ons (almal wat erken dat hul sondaars is en God se genade versoening aanvaar) gered. Jesus Christus, as God se Enigste Seun (Hy is in die Vader en die Vader is in Hom), se offer aan die Kruis is deur God aanvaar as volle betaling (vereffening) vir ons sondes en ons kan ons nou met vrymoedigheid en verootmoediging tot God nader deur díe Geloof wat ook ‘n gawe van God is – in die Heilige Naam van Jesus Christus – want ons is nou ín Christus. Ek herken ook die Drie-enigheid van God – Vader, Seun en Gees. Dit is deur Geloof (Geloof as gawe van God) dat ek ‘n christen is (d.i. Jesus Christus bely as my Verlosser en Saligmaker) – en Dít is die kruks van die Christelike geloof. Díe wat Jesus Christus erken as die Enigste Seun van God staan nie meer onder die oordeel (oordeel van sondes) nie – díe wat nie Jesus Christus erken nie, is reeds veroodeel – Juis omdat hulle Hom nie erken nie en dus nie God se versoening deur Hom (Jesus) aanvaar nie (of dan kies om dit nie te aanvaar nie).
Ek hoop dit is vir jou duidelik wat die woord “Christen” beteken. Daarom is Christenskap as die enigste ware geloof Nie versoenbaar met enige ander godsdienste (van watter aard ookal) Nie! Dit is wel só dat sommige mense hulself “christene” noem, maar geen ware verhouding met Christus het nie en dus díe punt heeltemaal mis! Indien jy dan Christenskap (of dan Jesus Christus) probeer versoen (of maak pas) met ander godsdienste (om hulle sodoende te akkommodeer) is jy eenvoudig besig met dwaalleer en is die Waarheid nie in jou nie – want jy verdraai en vertrap die Woord van God om by jou eie wan ideologie aan te pas! In só geval beteken God se versoening in en deur Jesus Christus, vir jou dan niks nie! Weereens - Daar is Net Een Ware en Enigste Evangelie – soos hiebo verduidelik en Geen Ander Nie – absoluut dienooreenkomstig die Waarheid in die Woord van God! Daarom die opdrag van Jesus Christus – gaan en maak dissipels van al die nasies (m.a.w. vertel hulle van My (Jesus), die Goeie Nuus van Versoening met God) en doop hulle in die Naam van Die Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is Nie ons opdrag om mense te bekeer nie – Nee-nee, dit is ons opdrag om mense van God se redding en versoening in en deur Jesus Christus ons Here te vertel – dit is die Heilige Gees wat bekering en ook ware geloof bring - ons kies om onsself oop te stel vir Sy heilige werk, al dan nie. Ons durf nie stilbly nie! Of mense ons nou spot, verkleineer, aanval, of wat ookal – dit maak nie saak nie – ons is ín Christus. Ons poog gedurig ook om goeie werke te doen – nie omdat ons enigiets daaruit kan verdien nie – maar omdat die Heilige Gees ons daartoe dring en uit Liefde vir God en ons naaste.
Ek hoop jy weet nou wat Christenskap en die opdrag daarvan beteken. Jy kan eenvoudig nie iemand sien struikel en ‘n blinde oog draai met die verskoning – “maar ek is self sondig en daarom durf ek nie ander wat sondig aanspreek nie” – Jy kan nie – mag nie – jou broer sien struikel en niks daaromtrent doen behalwe om “Jesus liedjies” vir hom of haar te sing nie! Nee- nee, spreek sonde aan (sonde soos duidelik in God se Woord aangedui) - nie in ontkenning van jou eie swakheid nie maar juis in erkenning daarvan en Jesus se opdrag aan jou – want jy Weet God se Genade is vir jou genoeg. Ek sê nog steeds – om iemand reg te help in liefde en sagmoedigheid en nederigheid – is Nie oordeel Nie! – wanneer mense jou, in so geval, uitkryt as ‘n veroordeelaar – het dit ‘n “gewete sussende” en “selfregverdigende” motief.
Sonde is sonde! En dit is nie Kobus, Henry of ek of enige ander ware gelowige christen wat gedurigdeur homoseksualiteit as sonde uitlig nie! Dit is juis hulself en ander wat homoseksualitiet gedurigdeur uitlig en probeer voorhou as “so gebore” of “nie ‘n sonde nie” of wat ookal, om hul wandade te regverdig. Dit doen hulle deur dwaalleer te verkondig en om hul eie waniterpretasies van die Waarheid van God se Woord te verbaliseer – dit tot hul eie ondergang. En wanneer ons , ware gelowige christene, hul in liefde reghelp en teregwys – sonder om te oordeel – gestaaf deur God se Woord en Waarheid – dan word ons uitgekryt as veroordelend, satanskinders, en ek weet nie wat alles nie. Maar natuurlik sonder enige effek – ons weet dit is maar net hul teen reaksie – want hulle kan hulself nie met die Waarheid vereenselwig nie en weier om af te sien van hul eie wandade.
Soos ek al ook voorheen aan jou gesê het – dit lyk vir my baie beslis of jy ‘n persoonlike agenda teen Kobus de Klerk het en elke skrywe van hom (of dan meeste daarvan) aan te val en te wil verskeur om hom in ‘n swak lig te stel – om , onder andere, gedurig sy skraping van die rol uit te wys. Dit tewyl Kobus, net soos ons ander ware gelowige christene, sondes aanspreek waar ons dit teëkom dienooreenkomstig ons ware christelike Geloof en die Waarheid van die Woord van God. Onthou, hy wat sien wat die regte ding is om te doen en dit nie doen nie - vir hom is dit sonde.
Nee wat Cornelius, jy kan nie 'n "people pleaser" godsdiens beoefen nie - alle paaie lei toe nou nie na Rome nie!
Hoop jy vind vrede
Dolf
Vir inligting, Henry - Thomas het as predikantseun grootgeword in 'n gelowige huis en, tragies genoeg, nie net sy erfenis by die HERE verwerp, nie, maar ook die erfenis en nagedagtenis van sy oorlede vader. Wat smartlike pyn in die vaderhart, én die Vaderhart, is so 'n ''seun', nie...
Min of meer dieselfde met Cornelius. Sy vader was nou wel nie predikant nie, maar ook 'n gelowige wie probeer het om sy seun in die weë van die HERE groot te maak. En vandag? Vandag verloën Cornelius ook daardie erfenis van sy vader en sy Hemelse Vader. Tragies genoeg, leef Cornelius se gelowige moeder nog om hierdie smartlike verval en verloëning van hul seun te moet aanskou...
En dit is nie nodig vir Cornelius om so te wees weens sy 'andersheid' nie - daar is die kragtige voorbeeld van ten minste Kobus1 wie soms ook hier kommentaar lewer, van hoe sulke probleme in geloof en in en gemeenskap met, die HERE opgelos kan word.
Ek wou reageer op Thomas en Cornelius se gebruiklike inhoudlose en insiglose snert, maar toe lees ek Dolf en Henry se kommentaar. Dit is met groot dankbaarheid dat ek kan sê, dat ek niks by te voeg het by hierdie twee ware gelowige mense se kommentaar, nie.
Ek dank en eer die HERE vir die ywer van hierdie gelowiges en ek dank hulle vir hulle gehoorsaamheid aan en ywer vir, ons HERE.
Ons dien 'n wonderlike GOD - wat praat ek - dié wonderlike GOD, ons HERE.
Kobus de Klerk
Dolf,
Ek het vrede met wat jy glo, of nie glo nie.
Ek het ook vrede met dit wat jul gewetenlose anderhaat- hoëpriester, die ou grote Kobus de Klerk glo of nie glo nie.
Net God ken ons harte - geen mens ken eens sy eie ...
Net God bewerk geloof in ons harte - geen mens kan 'n ander geloof in God gee nie ...
Terwille van enige ander belangstellende; my sinkretiese uitdra van die Evangelie is in geheel geseënd en deel van onder meer die Anglikane en Katolieke.
Derhalwe het Paulus 'n voorbeeld daarvan in Handelinge 17:22-31 vir ons gelaat in sy verkondiging aan die Grieke van Agnostos Theos (die Onbekende God) se menswording in Jesus Christus (lees gerus hier meer http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=78323&cause_id=1270).
Dus Dolf, jou gedweep hierbo is nes jul gewetenlose anderhaat- hoëpriester die ou grote Kobus de Klerk - erg vyandig (sektaries) teen die katolieke uitdra van die Goeie Nuus.
Iets is nie waar net omdat julle dit sê nie.
Inteendeel!
Gegewe jul gewetenlose anderhaat- hoëpriester, die ou grote Kobus de Klerk se dwalinge in die regte lewe; gaan soek eers die balk in jul eie oog voor julle so hard krap vir splinters in ander se oë.
Wie is julle om so graag ander te wil vermaan, maar julle veroordeel ander ter helle as daar gewaag word om op jul dwalinge gewys word?
Hoekom moet ek my laat beweeg deur jul gekondisioneerde godsdienstige drogma met afpersing en onderdrukking soos; "as jy 'n ware gelowige of Christen is ... dit of dat ..."?
Wat 'n vieslike klug is julle spul "Kobus de Klerk en meelopers" onder 'n dekmantel van Christelikheid!
Cornelius
Cornelius,
Jy is reg met "God ken ons harte" en Hy ken verseker myne (en elke ander ware gelowige s'n) want ek (ons) is in Sy Seun Christus. God vergewe ook ons sondes - Juis deur die bloed van Sy Seun Jesus Christus (die perfekte offer aan die kruis) - dus deur aanvaarding van God se versoening in Sy Seun Jesus Christsus, staan ons vry. Ek maak niks hiervan op om my eie ideologie te skep nie - dit staan so in die Waarheid - die Woord van God. Jy kan nie daaby aanlas of daarvan wegvat nie! Die Heilige Gees wat geloof in ons harte wek lei elke ware gelowige hierin. Dit is nie ek of Kobus of Henry of enige ander ware gelowige wat so se nie - Dit Is God - Lees Sy Woord! - jy haal mos baie daaruit aan. Wys asb. vir my waar ek "dweep" en doen asb. so uit die Woord van God uit. Neem asb ook my srywe hierbo in ag wanneer (of as jy sou) my na my "dwepery" verwys.
Verder, wat is dit wat jy uitdra - is dit nou Anglikaanse oortuigings of Katolieke oortuigings (is hulle nie al lankal uitgehaal deur Martin Luther en Johannes Calvyn in die 1500's nie? - vra maar net) of Hindoe oortuigings of Moslem oortuigings of Boedistiese oortuigings of Wereldse oortuigings of dan wel 'n saamgeflansde "all people pleaser" en "all roads lead to Rome" oortuigende godsdiens? Wat verkondig jy - verkondig jy Jesus is God en alle godsdienste bid tot eintlik tot dieselfde God - hulle gebruik net ander gode, tekens en of maniere om dit te doen en noem Hom net ander name!? Nee-nee - 'n duisend maal Nee! Dan beteken God se versoening en Jesus Christus se Kruisdood en opstanding mos niks vir jou nie!
Jy is duidelik verdwaal - jy weet nie eens wat jou oortuigings is nie! Jy is die dwaler hier en jy weet dit nie eens nie!
Nee man Cornelius!
Dolf
Ag tog ou Dolf,
'n Spirituele intelligente hippie het op 'n dag geseg; gedagtes (harte) is soos 'n valskerm - dit werk veel beter as dit oop is.
Jy't duidelik hard op die grond neergekom.
Jy's erg bevooroordeeld en baie onkundig oor ander se aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper - jy is so toe soos 'n ...
Jy daag my in jou waan om jou dwepery in die Bybel te wys.
Dolf, die eerste gedagte wat in my hart opkom is uit Mattheüs 11.
Soos daar geskrywe staan; Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele (ons harte) bestorm, en bestormers (fanatiese, fundamentele en militante dwepers) gryp dit met geweld (soos Kobus de K se "breek van braakland" en jul ander meelopers se haat en hoon op die werf teenoor andersgelowiges). Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Maar waarmee sal Ek (Jesus Christus onse HERE) hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.
Daar mag nog baie sulke voorbeelde in die Bybel wees, maar ek het nie 'n gerigtheid om my daarmee te vermoei nie.
Fanatiese, fundamentele en militante dwepers is daar in elke Godsdiens op aarde. Hulle is Satan se agente om oral in die mensdom die eer en diens aan ons almal se Almagtige Lewende Skepper met bloed, geweld en haat te bevlek.
Die verwoesting en geweld onder jul gewetenlose anderhaat- hoëpriester met jul fanatiese, fundamentele en militante gedweep is reeds vir jare welberug op die werf.
Jul spirituele intelligensie is niks anders as 'n spuit in die endelderm nie.
Julle "sekerheid" is 'n enema vir geloof.
En so spuit jul spirituele intelligensie by jul alies uit ...
Alhoewel die meerderheid Moslems, Judees- Christelike gelowiges nie in die varkhok van eksklusiwiteit rondrol nie, leer Oosterse godsdienste ook dat elke hart hul eie pad met God aan't hand in vreugde en dankbaarheid mag bewandel.
Ek weet nie hoe ver heen jy op jou eksklusiewe godsdiensboewe weg is nie, maar probeer gerus werklik insiggewende boeke lees soos Camden Benares se "Zen without Zen Masters", en skrywers soos Robert Anton Wilson, Joseph Campbell, Mal-2 (ook bekend as Gregory Hill - of as jy regtig wil weet "Malaclypse the Younger"), en baie ander ...
Ja, ek begin regtig voel dat ek my tyd met jul KdK-brakblaf mors ...
Cornelius
Dolf,
Cornelius is nie Godsgerig nie, maar mensgerig - mits dit hom self bevoordeel, bygesê. Dit is waarom hy dink ons volg mekaar. As hy die HERE geken het, soos ons die wonderlike voorreg het om te doen, sou hy nie sulke snert kwytraak nie, maar besef het dat daar Een Lewende Heilige Gees is Wie ons (wie mekaar glad nie eens ken nie) in eensgesindheid lei (Johannes 14:26).
Cornelius se God-verloënende mensgerigtheid verklaar ook waarom hy die futiele benadering volg dat, as hy my (en die ander ware gelowiges) sou kon ‘diskrediteer’, hy die Waarheid sal stilmaak. Net soos hy die Woord gedurig verdraai en met sy eie leuens peper, so maak hy ook met my skrapping storie (ek het nie iemand se trustgeld gesteel nie en alhoewel die bewering gemaak is, blyk dit baie duidelik selfs uit die eensydige sensasionele program waarop hy steun, dat ek nie trustgeld gesteel het, nie. Daar was ‘n ander rede vir my skrapping wat te make het met die verontagsaming van ‘n hofbevel - en daarvoor is ek gestraf en is dit afgehandel). Maar Cornelius verdraai alles om by sy hatige en nydige disposisie in te pas - die waarheid en feite is net vir hom middels om te misbruik vir sy eie doeleindes - vir jare al, kom ons so aan saam met Cornelius.
Van die liefde van die HERE is daar by Cornelius niks te siene, nie. Daarom hoon hy jou oor jou waardevolle raad dat dit liefdeloos is om iemand, jou naaste, te sien struikel, en te maak asof niks gebeur, nie. Die HERE het, genadig, hoeka al die balke uit ons, die ware gelowiges, se oë uitgehaal, omdat ons, ons voor Hom verootmoedig het, sodat HY ons kan gebruik om die splinters by ander te kan uitwys, want so sien ons eers die splinter in ons eie oog om dit te verwyder, en dan ons medemens te help met syne, want as splinters nie verwyder word nie, word hul balke en dit vernietig die oog (Lukas 11:34-36; 2 Petrus 1:3-9).
Die ironie is dat Cornelius self baie ernstige geraamtes in die kas het. Maar ek pak nie Cornelius se geraamtes hier uit, nie (ek het hom vroeër daaraan herinner om te sien of hy hoegenaamd ‘n gewete het, maar ek het gou besef daar is niks), want dit gaan nie oor hom of oor my nie, maar oor die Here - die integriteit van die Woord... Hoe meer hy my (en ander) dus probeer diskrediteer ter wille daarvan dat ek die Woord bring, hoe meer motiveer hy my om dit wel te doen, want sy optrede is kompleet in pas met wat die HERE lankal gesê het, met diesulkes soos Cornelius die geval sou wees (Lukas 6:22-23). Maar daardie insig het Cornelius mos nou nie...
Die feit is dat die HERE ons gebruik ten spyte van ons menslike swakhede. Omdat ons die HERE volkome aangeneem het, streef ons daarna om heilig te wees, om soos die HERE te wees en dit is tewens, ook ons plig om heilig te wees (Levitikus 11:54-55; 1 Petrus 1:14-21), en soos ons vorder, kom ons al nader aan daardie doelwit - dit is egter net te bereik in en deur die Krag van die HERE Wie ons op daardie Weg lei (Johannes 14:6; Filippense 4:13). Maar Cornelius wil daar niks van weet, nie.
Hy het, weens sy egosentriese sekulêre humanistiese benadering, nie die insig of begrip om te verstaan dat dit nie ek of jy of Henry of enige ander gelowige is, wat die Waarheid is, nie, maar die HERE - die HERE is die Waarheid (soos jy al telkemale vir hom ook aan die verstand probeer bring, het) en dit is ons wie die Waarheid dien, sodat ons die Waarheid deelagtig kan wees. Vir Cornelius maak dit geen sin, nie , ook soos die Woord mos al lankal uitwys (1 Korintiërs 1:18-21). Dit is die verskil tussen ons en mense wat soos Cornelius wil wees (1 Korintiërs 2:14-16). Dit is ook waarom hy geen agting vir die Woord het, nie en waarom hy ons probeer hoon juis omdat ons die Woord, die HERE, dien en bedien. Daarom probeer hy soos ‘n dwaas om my stil te kry of te diskrediteer op watter manier ookal (hy is duidelik desperaat).
As hy kon verstaan wat aangaan, sou hy besef dat die Waarheid ver bo ons as mense, selfs as gelowiges, verhewe is, en die Krag van die Waarheid dié van God is, en nie van enige mens, nie. Daarom kry hy my en jou en Henry en ander ware gelowiges ook nie stil, nie, want God inspireer en motiveer en lei ons (soos Henry ook al vroeër uitgewys, het) en is hy dit eintlik die HERE, die Woord, vir Wie hy probeer stilmaak.
Kyk mooi na Cornelius se reaksie - hy raak woedend wanneer hy met die Waarheid te doen kry, want die Waarheid staan hom nie aan, nie. Kyk na sy briewe en kommentaar (as mens dit so kan noem...) - dit is vol liefdeloosheid, leuens, nydigheid, teenstrydigheid, hatigheid, beledigings goedpraat van onreinheid en sonde, woede oor teregwysing en wat nog meer - die tipiese werke en vrug van die ongeredde vlees (Galasiërs 5:19-21).
Terloops, ook sy bewering dat sy gruwels wat hy verkondig in ooreenstemming met die Katolieke en Anglikane en al die ander waaraan hy lippediens doen, is ook van alle waarheid ontbloot. Wanneer mens die verskillende religieë ondersoek, dan sien mens dat hulle nie mekaar kan of wil akkomodeer, nie weens die teenstrydighede in hul credos. Boonop ontken meeste van hulle, die HERE Jesus Christus in SY Wese. Cornelius gee nie om nie, want hy gee nie om vir die HERE, nie. Vir hom is die HERE se heilige Naam iets om te misbruik om mense om die bod mee te probeer lei - moontlik klink dit kras, maar ek ken Cornelius al vir jare wat hy hier op hierdie forum sy gif probeer versprei. HY is nie mislei nie - hy wil nie die Waarheid dien nie ne hy is openlik daarop uit om ander te probeer mislei met die kragtige Naam van die HERE. Sommige mense is wel aanvanklik deur hom mislei, maar het uiteindelik tog agtergekom hoe hy heul en bedrieg met die Naam van die HERE. Dus, Cornelius lieg net weer om mense te mislei. Feit is, hy is geïsoleer in sy gruwelike poespas wat hy opdis. Dit is sommer sy eie maaksel en hy het geen steun by enige van die ander religieë nie ten spyte van die feit dat die nie-Christelike religieë wat hy so dweep mee, ook dwaalleringe verkondig. Hy lieg oor bykans alles.
As hy tog maar net tot besinning wou kom!
Groete, en sterkte,
Kobus de Klerk
'n Beter voorbeeld van Kobus de Klerk se ongegronde en verwaande demoniese veronderstellings in 'n poging om ander verdag te laat, en om so daarmee sy misdadigehid in die samelewing te probeer toesmeer, sal daar nie op die werf te lees wees nie.
Die gewetenlose Kobus de Klerk is nie om dowe neute van die rol vir eerbare prokureurs geskraap nie - DIS 'n FEIT!
Kobus de Klerk gebruik sy "kundigheid" om geslepe te lieg en te bedrieg.
Met sy gladde (gesplete) tong hier en langs hospitaalbeddens, dien Kobus de Klerk Satan met oorgawe.
Want sien, in sy besete meewaardigheid (spirituele intelligensie) het Kobus de Klerk se beursie "wonderbaarlik " dik geword (soos hyself ook al daarmee gespog het).
Die Duiwel sorg vir sy kinders ...
Ja, en so is die ou grote Kobus de Klerk inderdaad niks anders as 'n geldwolf en skynheilige godsdiensboef onder 'n dekmantel van Christelikheid nie.
Uiteraard sal daar sulke gekondisioneerde slawe soos Henry en Dolf wees wat hul anderhaat hoëpriester se duiwelsgeestigheid as die goddelike waarheid dien.
Hartseer ... dis al ...
Vervelig ... dis al ...
En tyd mors ... dis al ...
Vuil in hul varkhok gerol ... FEIT!
Ek het 'n Boodskap om te leef!
Mag Jesus Christus onse HERE, self elkeen se hart ondersoek en die Lig daarin wees.
Cornelius
Jy demonstreer maar net weer jou desperate wanhopigheid, Cornelius. As jy regtig geweet het wat aangaan in die gesprekke waar jy jouself inforseer, sou jy besef het dat ek nie die duiwel se kind is nie, en dat hy toe na alles nie na my 'gekyk' het, nie... maar insig is nie vir jou, nie.
Plaas dat jy iets probeer verduidelik oor jou sinnelose pogings om my met verdigsels en verdraaiings te probeer diskrediteer, in 'n poging om die Waarheid wat ek uit genade die voorreg het om van te getuig, stil te kry, en dat jy, vir jare al, probeer maar net meer en meer agteruitgaan en faal, en jouself al so in die proses geïsoleer het... maar wat kan jy eintlik doen teen die Waarheid? Manifesteer! Soos ons jou telkens sien doen. En dan maar weer jou herhaaldelike patetiese maar futiele pogings om die boodskapper van die Waarheid spreekwoordelik om die lewe te probeer bring - en al waarin jy slaag, is om die strop van leuens wat jy lewe, al stywer om jou eie nek getrek te kry.
Ons sien die 'boodskap' wat jy het om te lewe, wat jy bykans elke dag hier uitbraak en dis vieslik, nes daardie collage van waansin van jou gedurende 2010. Dit is mos die boodskap, nè? Ek meen, jy sal tog nie jou 'boodskap' wat jy kwansuis moet lewe, jou 'roeping', op ys sit net ter wille daarvan om my te probeer bykom, nie, sal jy? Hmmm? So, dit is jou 'missie', jou 'boodskap'? Daardie obsessie van jou? Om my te probeer bykom? Hoe jammerlik pateties!
En dit is klaarblyklik alweer daardie eg skisofreniese 'mantel van profeet'-persoonlikheid wat jou deesdae bloots ry en teister? Dit is immers die enigste redelike verklaring vir jou irrasionele en waansinnige optrede, wat sporadies kenmerkend opvlam sedert 2010.
Jy het groter probleme met jou 'komplekse psige' (soos jy mos self daarna verwys) as wat mense aldag besef... as jy maar net op 'n punt sou kon kom waar jy besef dat jy hulp uiters nodig het. Maar nou belaster jy gedurig die Naam van die Een sonder Wie se verlossende hulp jy nie kan klaarkom nie, jou enigste Geneesheer, die HERE Jesus Christus en jy val Sy dienaars aan, omdat die gees wat in jou is en jou so spiritueel verrinneweer, bots met die Gees Wie in hulle, is... hoe tragies!
Mag jy verlossing ervaar. Mag jy die ware Geneesheer, die HERE, ophou belaster.
Kobus de Klerk